Koel Somersdag....
Posted: Wed Oct 10, 2018 10:59 am
Goeie dag...
'n Paar dae gelede was 'n koel dag oppad volgens die weerberig en ek en Myburgh het mekaar met dieselfde gedagte aangekyk toe ons dit hoor. Die maak van padkos en die slyp van messe bly vir ons lekker asof ons dit vir die eerste keer doen. Toe die son opkom was ons reeds op die plaas en toe ons die duin afsak het Myburgh my gesê so op 300m staan 'n afhoring gemsbok, ons het heelwat nader gegaan...die vorige aand het hy vir my gesê ek moet eerste skiet. Die afhoring bul was baie rustig en die skoot se knal en sy val was een. Ek het sommer vinnig nog 'n tweede bok geskiet en ons is terug huis toe om te gaan slag...die bokke se kondisie was besonders...
Ek kon die opgewondenheid in Myburgh se gedrag sien want hyt geweet laatmiddag is dit sy beurt. Ons het paar jong bokke gekry en hyt 'n baie mooi skoot geskiet op die blad...Ons het nou nog een bok gekort en laat die middag het 'n baie mooi bul aan die voet van die berg gestaan...heeltemal rustig . Myburgh het my ingelig daar is fyn takke in die skootvak en ek het besluit om als aan hom oor te laat met die besluit neem van wanneer hy wil skiet. Na omtrent 8 minute se wag en kyk deur die teleskoop het ek sy kenmerkende woorde gehoor : " Sit stil pa , ek gaan skiet". Ek kon nie wag nie en die skoot het geklap en ek kon hoor dit was 'n ordentlike raak skoot. Onmiddelik na die skoot het hy weer oorgehaal, maar hyt my dadelik gesê die bloed spuit so dik soos 'n potlood agter die blad uit. Die ou bul het so paar meter vorentoe geloop , omgekyk en geval. Doodse stilte het geheers en ek het gehoor die slot maak oop. Ek het my beste pel se blad geskut en ons het na die mooi bok gaan kyk. Die berg het ons verdwerg en 'n jakkals in die verte het aangekondig nog 'n dag in die Kalahari is verby.
Groetnis