Nuwe spesie vir my maat...
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Nuwe spesie vir my maat...
Goeie dag...
Ons het lank gesoek na 'n eerste Swartwildebees vir Myburgh en was gelukkig genoeg om een in die Kalahari te kry. Toe hy die middag van die skool af kom het ek hom die goeie nuus gegee en sy voorstel was dat hy eerder Vrydag nie skool toe gaan nie sodat hy my kan help pak vir die naweek. So was dit dan ook en Vrydagmiddag het ons Kalahari toe vertrek, een aand by 'n maat oorgeslaap halfpad en die Kameelstompe het tot laatnag gebrand in die Kalahari, lekker vleis is gebraai en ek kon sien Myburgh was baie opgewonde oor sy nuwe spesie. Saterdagoggend vroeg was ons by die jagplek en Myburgh het gekyk of die .308 nog op kol is. Eerste keer wat ek en hy met Swartwildebeeste te doen kry en binne vyf minute kon ek sien dis 'n bok wat lief is vir rondloop en bokspronge maak. Die naaste wat ons kon kom was so 190m maar dan bly hulle draai en rondbeweeg. Ek het vir Myburgh gesê ons sal maar die verder skoot moet vat vandag omdat ons nie die gewoonlke 150m skoot kon kry nie. Die wind het redelik gestoot en die voorman het die bokke baie mooi benader van onder die wind teen die skuinste van 'n waaiduintjie. Hulle was onbewus van ons en die bok is aan ons uitgewys op 247m. Toe ek vir Myburgh sê hy kan maar so maak as hy reg is, het hy vir my gesê daars 'n dun Bessiebostakkie halfpad tussen ons en die bok. Ek was diep binne my baie trots dat hy nie sommer net skiet nie, na seker vyf minute se wag het die bok daai presiese half tree vorentoe gegee en die skoot het geklap. Die paar bokke het so effe begin rondstaan en die een wat opgeskiet is het dadelik simptome begin wys van pyn maar ewe gemaklik saam die trop begin hardloop vir so 200m en toe begin uitsak. Na so paar minute het die bok nog gestaan , skuins na ons toe en Myburgh het self besluit om weer te skiet omdat ons nie die eerste skoot mooi kon sien nie...toe was als oor. By die bok aangekom kon ons sien die eerste skoot was presies deur beide longe en Myburgh sê toe : " Pa ek moes dalk nie die tweede skoot geskiet het nie."
Ek het hom aan die skouer gevat en gesê hy het presies die regte ding gedoen, ek kon voel ek kry 'n knop in my keel agv sy nederigheid ....
Paar fotos...
Groetnis

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Nuwe spesie vir my maat...
......

....

.....

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Nuwe spesie vir my maat...
Pragtig mooi gemaak swb is baie taai vir sy groote hy dink natuurlik net soos 'n terrier hy is so groot soos 'n buffel.
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 988
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Nuwe spesie vir my maat...
Baie geluk jong man. Ben dis sowaar n voorreg om sulke tye saam met jou seun te kan deurbring.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nuwe spesie vir my maat...
Baie geluk jongman. 'n Paar weglê horings daardie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nuwe spesie vir my maat...
Mooi bees daai, geluk Ben
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Smiley
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm
Re: Nuwe spesie vir my maat...
Baie geluk Myburgh en Ben, mooi gedoen, pragtige bok.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Nuwe spesie vir my maat...
Baie geluk man Ben!
- wynis
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am
Re: Nuwe spesie vir my maat...
Baie geluk! Lekker storie en Mooi jag wêreld daai.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Nuwe spesie vir my maat...
Baie geluk jongman. Baie mooi fotos weereens.