Tikka 30-06 met 168 Eld-M

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Tikka 30-06 met 168 Eld-M

Post by geelslang »

Goeie naand

Is daar dalk iemand wat 168 gr Eld-M skiet uit 'n Tikka T3 Varmint?
Ek het reeds my komponente soos volg bymekaar gemaak:
Norma Doppe
168gr Hornady Eld-M
CCI 200 Primers
S365 # 91

Wat is die spoed waarnatoe ek behoort te werk?

Groete
Geelslang
Dale SH
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Mon Dec 02, 2013 9:02 pm

Re: Tikka 30-06 met 168 Eld-M

Post by Dale SH »

600mm barrel ?

The node if S365 burns somewhere near deault is 2770 to 2790 fps
Your case is full and pressure is still mediucre at 48000 psi

I have used a COL of +- 83.00mm
C775 Pre B
Brno No 2 .22LR
Tikka LSA55 .243 Win
Voere 6.5x55
Brno ZKK600 Deluxe 7x57
Ruger 77MK2 30-06
Rossler Titan(6) 8X57JS
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: Tikka 30-06 met 168 Eld-M

Post by geelslang »

Hi Dale

600mm Barrel is correct? Is this the heighest safe node?
Dale SH
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Mon Dec 02, 2013 9:02 pm

Re: Tikka 30-06 met 168 Eld-M

Post by Dale SH »

Unfortunately yes.

At this speed and with the predicted powder charge you are already at 100% case fill.
Next node is predicted to be at +-2990 fps @ 64200 psi and 107% case fill.
Don"t go there !

I trust that you not going to use the Hornady ELD-M for hunting.
C775 Pre B
Brno No 2 .22LR
Tikka LSA55 .243 Win
Voere 6.5x55
Brno ZKK600 Deluxe 7x57
Ruger 77MK2 30-06
Rossler Titan(6) 8X57JS
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: Tikka 30-06 met 168 Eld-M

Post by geelslang »

Thank you Dale. I mostly use varmint / target type bullets for hunting as I only take headshots. The softer bullets perfom at their best in this scenario.
Dale SH
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Mon Dec 02, 2013 9:02 pm

Re: Tikka 30-06 met 168 Eld-M

Post by Dale SH »

Headshots make sense.
Bodyshot with an ELD-M not so much.
C775 Pre B
Brno No 2 .22LR
Tikka LSA55 .243 Win
Voere 6.5x55
Brno ZKK600 Deluxe 7x57
Ruger 77MK2 30-06
Rossler Titan(6) 8X57JS
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Tikka 30-06 met 168 Eld-M

Post by Hercules Louw »

Geelslang, ek het al 'n bietjie geëksperimenteer met die 168gr ELD-M in my Tikka 30-06 Super Varmint. Ek het aanvanklik S365 gebruik en toe later ook met S341 gewerk toe S365 nie meer beskikbaar was nie. My geweer het nou 'n GRS Bifrost kolf en ek het die spigot in die voorpunt van die kolf gesit en gebruik Versa-pod bipods. Beide groepe hieronder is vanaf 'n bank geskiet op 100m met die bipod voor en 'n sandsakkie agter. Ek het ook gevind dat ek kleiner groepe met die bipod skiet as oor 'n bankrus, kry effense horisontale verspreiding oor die bankrus.

Lading 1.
COL = 83.3mm
Dryfmiddel = 56gr S365 lot 88
Slagdop = CCI 200
Dop = Winchester
Gemiddelde trompsnelheid Labradar = 2820
Ek het 4 skote geskiet en toe die teleskoop 2 klieks afgestel voor 5de skoot.
30-06 met 168gr ELD-M S365 (2).jpg
Lading 2.
COL = 83.3mm
Dryfmiddel = 51.3gr S341
Slagdop = CCI 250 (slagdoppies maak 'n redelike verskil met CCI 250 die beste)
Dop = Winchester
Gemiddelde trompsnelheid Labradar = 2835
30-06 met 168gr ELD-M S341.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Tikka 30-06 met 168 Eld-M

Post by Jaco Bezuidenhout »

Daai is bitter goeie groepe.
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: Tikka 30-06 met 168 Eld-M

Post by geelslang »

Baie dankie Hercules, ek sal my resultate hier kom deel.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Tikka 30-06 met 168 Eld-M

Post by Hercules Louw »

Hallo Geelslang

Hoe vorder jy met jou 30-06?

Ek kan net sê dat hierdie 30-06 Tikka SV wat ek op een van daai vreeslike spesiale aanbiedings vir minder as R13k gekoop het, een van my beste geweer aankope ooit was. Die geweer skiet 'n bars hou.
Ek het die afgelope naweek vir die eerste keer kans gekry om die geweer ook op 300m te skiet. Dit was ons maandelikse SA Jagters takskiet op die Piet Joubert baan noord van Pta, en dit was vrek warm en vogtig, teen 8uur het die sweet al begin loop.

Die foto hieronder toon die resultaat van die 5 skote tydens die jakkals skietoefening, 300m. Ek het gelê en skiet vanaf 'n Versa-pod bi-pod voor en 'n sandsakkie agter en die warm son van bo. Die eerste skoot is die een regs hoog en ek het hom gesien en toe effens gekompenseer, en die res met dieselfde mikpunt geskiet. Die totale 5-skoot groep insluitende die regs-hoë skoot is 28mm.

Die lading is die S341 lading wat ek tevore vermeld het, nl:
COL = 83.3mm
Dryfmiddel = 51.3gr S341
Slagdop = CCI 250
Dop = Winchester
Gemiddelde trompsnelheid Labradar = 2835

Volgens die boek het ek alles verkeerd gedoen:
Ek skiet met 'n plaaslike bal-dryfmiddel, S341
Gebruik magnum slagdoppies.
Gebruik standaard Winschester doppe wat nie uitgeweeg is nie, en waarvan die nekke ook glad nie geskil is nie.
Slegs die nekke is gekrimp met 'n Lee-Collet die met 'n "undersize mandrel" sodat daar behoorlike greep op die koeëls is.
Die koeëls is geseat met 'n gewone RCBS seater die.
Die doppe is nog nooit uitgegloei nie, hierdie was die 3-de herlaai.

Wat ek hiermee wil sê is dat skuts wat nie oor gevorderde toerusting beskik nie, hulle nie daardeur moet laat ontmoedig nie, 'n mens kan uitstekende resultate kry met basiese toerusting. Doen die basiese goed reg, maak seker jou geweer is reg, bring jou kant op die skietbaan en die resultate kan baie bevredigend wees.
30-06, 168gr ELD-M 300m, 5 skote.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Hercules Louw on Mon Feb 11, 2019 12:10 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tikka 30-06 met 168 Eld-M

Post by Arnold »

Ek dink jy het die regte geweer gekoop. Dit kom vir my voor of Tikka van die rak af soos n droom skiet.

Natuurlik moet die drywer dit darem kan doen ;)

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: Tikka 30-06 met 168 Eld-M

Post by geelslang »

Ek kon darm gister so tydjie afknyp om my ladings te toets, ek het sommer begin deur Hercules se lading te dupliseer en daar geeindig.
Let daarop dat die Tikka Varmint net 'n silencer op het en ek self die sneller gestel het so lig soos ek kon. Die geweer is nie gebed, nie en die aksie nie getorque nie. Die kolf is sie oorspronklike plastiek een. ( Ek soek nog 'n los sporter kolf)
Ek twyfel of ek met die huidige pakkie beter sal doen sonder om die geweer te laat pak ens. Ek het al baie verskillende make gewere gehaad en behalwe vir my Custom 243, is hierdie beslis die beste koop ooit vir my. 5 x skote @100m. Let op die ander groepe lings en regs wat met virgin doppe geskiet is. Dis belangrik om jou doppe te fireform as jy ordentlik ladings ontwikkel.
Ek het die doppe met 'n standaard Redding Necksizer gesize.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply