Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post Reply
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Stefan764 »

Middag manne

Wil net vinnag kom verslag lewer oor die Lyman se sonic cleaner.

In kort, hierdie produk werk soos n bom. Hy maak die doppe baie mooi skoon, binne en buite. Primer pockets se vuilis kom baie mooi los. Hy maak hom wel nie silwerskoon nie, maar een vinnige draai van die primer pocket cleaner of uniformer en hys so skoon soos n nuwe een. Tot die geskryf op die agterkant van die doppies is silwerskoon.

Wat vir my belangrik is is die dop moet binne skoon wees, en dit doen die Sonic cleaner baie mooi, beter as n tumbler voel ek. Tumbler wen wel met mooier en blinker en gladder doppe, maar ek het nogi een bokkie ini veld gekry wat vir my kwaad geword het oor ek hom met n vuil dop geskiet het nie  ;)  Ons het 2x 458Wm doppe (lekker groot gat om mooi binne te kyk) wat n mooi verskil wys. Altwee geskiet, een skoongemaak een nie. Die verskil is soos dag en nag, aan die BINNEKANT van die doppe. Die beste van alles is dit het net 8minute gevat. Geheim is warm water. Die sonic cleaner het sy eie heatertjie in wat die water warm maak.

Sal vir Lourens n mooi foto try stuur van die 2x doppe se binnekante om hier te plaas sodat julle manne kan sien.

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Arnold »

Ai ek wil graag so speelding h?, maar maak dit 'n verskil?
Het iemand al die verskil gemeet?

'n Vriend was sy doppe en merk wel 'n spoed verskil tussen gewaste doppe en doppe wat getumble is. Die gewaste doppe gee met dieselfde lading 'n hoer trompsnelheid as die doppe wat getumble is. Dit is elkgeval wat opgemerk is met sy toets van 'n paar ladings.
Kan iemand anders hierdie verskynsel bevestig of dalk verklaar?
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Lourens »

More manne,

Jammer ek plaas nou eers Stefaans se fotos, maar ek moet se ek is self be-indruk met die sonic cleaner. Ek en Stefan het laasweek in die winkel gestaan en na die doppe geloer wat uit die masjien kom en hulle lyk rerig mooi. Veral ook die binnekant word mooi skoongemaak wat nie altyd met 'n tumbler gebeur nie plus daar is nie daai irriterende korreltjie media wat elke keer in die flash hole vassit nie!  ;D  Dit lyk rerig vir my soos 'n plesier om met die masjien te werk. Kyk net hoe mooi skoon is die doppie op die foto se binnekant versus die vuil doppie se binnekant! Ek dink hierdie masjien is 'n goeie belleging en iets wat elke herlaaier se lewe baie makliker kan maak!

[img width=560 height=420]http://i1188.photobucket.com/albums/z40 ... 6-1632.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1188.photobucket.com/albums/z40 ... 6-1631.jpg[/img]


Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by SV MAD (Henk) »

Baie inpressive, wat sal so 'n masjien voor gaan?
ek soek nog wapens...
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Lourens »

SV as ek dit nie mis het nie loop die Hornady weergawe so by R1200 en die Lyman een so by R1600 / R1700? Stefan sal vir ons 'n meer akkurate aanduiding kan gee.

Stefaans kom in, Stefaans kom in?
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Stefan764 »

Rooijakkals wrote: Stefaans kom in, Stefaans kom in?
STAAN BY!!

Die Lyman gaan vir R1600 en die cleaning solution gaan vir R150 per bottel, wat jy so 10x gaan gebruik, so dis R15 per skoonmaak. Dis nou vir baie vuil doppe. Doppe wat elke keer skoongemaak word gaan die helfte van die sous vat om sy job te doen.

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Vosman »

Stefan,
I.v.m. die eerste foto, is dit net op die doppe gemik of adverteer jy sommer die Nicons ook? ;D
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Beyers »

Ek ondersteun Stefan se bevindinge. Die binnekante van die doppe is mooi skoon. Die koolstof wat agterbly op die doppe vee mens net af. As jy blink doppe wil he sit die droee doppe in die tumbler vir 'n paar uur.
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Ponkie »

Manne

Ek like ook die sonic cleaner kwaai! Wees net wake-up! Buurman het die Hornady een by Safari gekoop en op die prys staan dat hy 220v is, maar hy is 110v! Jyt 'n transformer nodig. Klein foutjie...
Ongelukkig was hy die eerste konyn om dit agter te kom en syne geblaas. Oom Hendrik het egter @ no extra cost hom vervang. Ek gaan hom haal sodra nuwe voorraad ingekom het.

Safari het maar net PUIK diens! En is die beste plek om te skuil van die swottings! Daai bruin banke sit darem baie lekker! Haha!  ;D

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Nuweseun »

Dagse Manne

Se vir my, sal jy jou dies ook in die US cleaner kan skoon maak? En moet jy 'n spesiale solution gebruik?

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Stefan764 »

Ludwig wrote: Ek dink 'n tumbler en 'n ultrasonic kan baie mooi saamwerk. Daar is plek vir altwee. Beide op hulle eie kan meeste van die nodige werk doen, maar saam, kan jy elke keer met  "soos nuut" doppe laai  ;D  Ek hou daarvan om my doppe bietjie te polish voor hulle in my sizing DIE gaan. Ek glo dit vergemaklilk die sizing proses en verhoed dat daar vuiligheid in jou DIE kom wat hom dalk kan krap. Veral vuil nekke. Na die sizing proses kan hy ultrasonic toe gaan, en dan weer terug tumbler toe  sommer om te polish vir die mooi. Best of both worlds  ;D
Defnitief, defnitief. Hierdie twee stukke toerusting komplimenteer mekaar absoluut.

Maar ............  ;D

As n man net een moet kies/wil kies/kan bekostig, watter een sal dit dan nou wees??  :angel:

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Stefan764 »

Nuweseun wrote: Dagse Manne

Se vir my, sal jy jou dies ook in die US cleaner kan skoon maak? En moet jy 'n spesiale solution gebruik?

Groete
Hallo NS

Ja jy kan verseker jou die set ook met die masjientjie skoonmaak. Jy kry n ander bottel solutiun wat jy gebruik, ons het nogi in nie, maar hulle is bestel, behoort ook in die omgewing van r150 te wees.

groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Nuweseun »

Dankie Stef, ek sal julle site dophou vir die vooraad.

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Stefan764 »

Ludwig ek soek net skoor, haha!

Plesier nuweseun!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by blaser »

dis nie nodig om  die solutiun goed te gebruik nie daar is baie meer goedkoper opsies wat net so goed werk
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Lyman Turbo Sonic Case Cleaner

Post by Nuweseun »

remington wrote: dis nie nodig om  die solutiun goed te gebruik nie daar is baie meer goedkoper opsies wat net so goed werk
Wat gebruik jy wat nog goed werk? Ek hoor 2 lepels wynsteensuur saam 1 lepel sunlight liq werk ook goed?

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Post Reply