Goeie middag!
Is daar iemand wat ondervinding het met Luxor se chassis black? Ek het dit op my Trooper se agterste as gespray en die plan was om vandag die parte te begin terug bou, maar als is nog taai!!!
Die blik sê dit moet hanteerbaar wees na 2ure so iets moes woes verkeerd geloop het. Ek het eers vermoed ek het verkeerde verdunner gebruik en toe n stuk geverf sonder om te verdun.... dit word ook nie droog nie.
Het ek dalk n slegte blik/batch gekry of het ek iets verkeerd gedoen?
Soos dit nou lyk gaan ek als weer moet laat sandblast en oor begin(met n ander produk)..
