Page 1 of 2

Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 11:45 am
by Geno
Hallo manne.
Ek het donderdag en vrydag verlof gevat om 30 zebras te oes. Dis my eerste oes op groot diere gewees, voorheen nog net 'n paar blesbokke ge-oes.
Die oes het op 3 plase plaasgevind, plaas 1 - 15 diere, plaas 2 - 10 diere, en plaas 3 - 15diere, dus het ek 'n buffer van 10 gehad om steeds die lorrie vol te maak met 30 Zebras.
Die uitsluitlik breinskoot-voorwaarde het dit baie moeilik gemaak!
Die eerste plaas het maklik begin Donderdag middag. Ek het 6 Zebras geskiet, en ongelukkig een gekwes wat op die laaste oomblik sy kop geskud het. Die skoot is van voor af geskiet en is deur sy oor-basis, ek het hom vrydag oggend doodgeskiet.
Vrydag deur die dag het ek nog 4 geskiet, en een gekwes agv my eie domgeid, ek het nie die 0.5mil toegegee vir die afstand nie, en hom tussen sy neusgate en o? geskiet, SKOOLGELD!
Die weer het erg opgesteek, en ek het gedink die oes is daarmee heen, maar saterdag het dit bietjie beter gelyk.

Saterdag-oggend het my pel nog een te voet geskiet met sy .270win terwyl ons 'n draai gery het en die kwesdier gesoek het.

Ons het 2de plaas toe geskuif en Superdup het toe ingeval. Hy het een geskiet met sy .300Winmag, en Vince, my pel het ook 'n masiewe hings met die .300 geskiet.
Ons het niks anders daar geskiet nie, want dis erg ruig, en die zebras het aanhou hardloop.
Die risiko van 'n kwesdier wat wegraak in die ruie bos was baie groot gewees.
So lyk die veld:
Image

Dup se donkie:
Image


Vince se hings:
Image

Gister-oggend is ons na die derde plaas toe, selfde plaas waar ek vroe?r die jaar blouwildebeeste, blesbokke en vlakvarke geskiet het. Bitter mak diere.
Ons het 16 gister geskiet met my .25-06. My broer het toe saamgekom aangesien hy nog nie vantevore 'n zebra geskiet het nie.
Hier is een video van 'n hings wat hy geskiet het: Hoor hoe lekker sag is die Terminator knaldemper! http://youtu.be/L9nPNHoG-t0

Een van my broer se hingste:

Image

My broer het 5 geskiet, ekself het 3 geskiet, Superdup het 4 geskiet, en Vince het 4 geskiet.
Hier is ons skuts by een wat my broer geskiet het:
Image

'n Totaal van 27 diere is met my .25-06 geskiet, ek gebruik 75gr V-max koe?ls teen ongeveer 3700fps, hy's bitter effektief op die groot diere.
'n Groot voordeel van die V-max is die feit dat hy nie deur skiet op 'n zebra se kop nie, so skote in troppe kan gevat word met redelike gemak.

Hier is die slagters besig met 'n klompie zebras:
Image

En die hele span:
Agter vlnr: Vince, Superdup, ekself, en my broer JP. Voor is die slagmanne.
Image

Bitter harde werk gewees, maar BAIE interresant! Lesse is geleer, foute sal volgende keer hopelik uitgesel word....

Groete,
Eugene

n.s. Lekker eet aan die Polonies manne!

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 11:57 am
by Beretta
Geno
Mooi geskiet wat was die naam nou weer van die polonies ;D ;D ;D
Beretta

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 12:09 pm
by henried
Kan dink dis harde werk, baie geluk.

Ek laaik polononie... :)

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 1:36 pm
by SV MAD (Henk)
Baie goed gedoen Geno, welgedaan.

Dankie vir die mooi foto's en die stories

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 1:43 pm
by Ponkie
Geno

Netjies Mater! Daai Terminator klap wraggies BAIE sag en die skote is ook lekker naby op daai plaas lykmy gewees.

Groetnis
Ponkie

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 2:23 pm
by Dawie D
Ponkie
Daai goed lyk vir my ook maar redelik mak. (seker met die hand groot ge maak) ;D

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 2:44 pm
by Vantheman
Goed gedoen.
Daai KD klap darem maar baie sag...

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 3:05 pm
by Gerhard
Netjies Geno,

Is bitter harde werk die...

Het jy die Skoolgeld Zebra gekry....??

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 3:16 pm
by Geno
Dankie manne.
Gerhard wrote: Het jy die Skoolgeld Zebra gekry....??
Negatief Korporaal............

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 3:20 pm
by Gerhard
Geno wrote: Dankie manne.
Gerhard wrote: Het jy die Skoolgeld Zebra gekry....??
Negatief Korporaal............
Eish...

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 6:16 pm
by Dawie D
Eish...

Met ys JA
Dis nogal n jammerte (so blerie on nodig :(

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 8:06 pm
by PITSMIT
grand man geno

baie mooi beskryf en puik gedoen daar

ek is natuurlik erg jaloers hoor

lyk of jy en die manne n stunning tyd gehad het

ek like daai kd

het vandag my terminator gekry

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 8:12 pm
by Dawid
PUIK Absoluut mooi gedoen daar Geno. Baie geluk aan al die skuts (jagters).

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 8:24 pm
by Christo
Mooi Geno.

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Mon Nov 07, 2011 10:37 pm
by ELTIE
Mooi geskiet. Ek self oes ook gereeld en daai skoolgeld betaal steek maar elke nou en dan sy kop uit. Kry net nie klaar betaal nie!  ;D

Eltie.

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Wed Nov 09, 2011 9:10 am
by Vincehond
Leke Geno.sien jy n mooi storie vertel. Ek gaan more oggend weer Beestekraal toe om jou kwesbok te gaan soek. Hy behoort nou naby die water te le erens. Hou duim vas.

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Wed Nov 09, 2011 9:18 am
by Geno
Yes Vincehond!
Bly jy begin saamgesels! Thanks mater, gooi hom sommer oppi knoppe as jy hom sien.

Cheers.

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Wed Nov 09, 2011 9:21 am
by Dawie D
Geno
Dit wil vir my lyk of jy n vel vir jou sitkamer gaan kry  ;D

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Wed Nov 09, 2011 9:25 am
by Monrique (SJ)
Geno

Sien jy en neef Doep en die ander manne het sommer n lekker tydjie gehad, mooi man!!


Groetnis

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Wed Nov 09, 2011 9:41 am
by Vincehond
Ek soek mooi vel Geno my maat. sal kyk wat ek kan doen en dan gaan die klomp plaas bewoners zebra vreet vir n ruk. Sakkie gaan vandag al die waterpunte loop en kyk of hy die zebra kry

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Wed Nov 09, 2011 9:43 am
by Vincehond
Daai man op cumberland het my nounet weer gebel. hy gaan my n tyd laat weet om daai 80 wildebeeste te gaan skiet. hom kla gese dis n chopper se werk daai.

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Wed Nov 09, 2011 9:47 am
by Dawie D
Stadig met daai vleis oor die klippe Vincehond, Geno het n lekker "polonie" resep wat hy wil probeer. Dalk kan jy vir hom ook n stuk boud of iets saam bring ;D (more het hy dalk n "runnik" in sy stem met n galoppie in sy stap)

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Wed Nov 09, 2011 9:51 am
by langloop
Geluk manne!  Great post Geno!

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Wed Nov 09, 2011 9:57 am
by Superdup
Dags?

Ek wil darem ook net duisende dankies s? daar vir die manne wat my ook die geleentheid gegee het, dit was by tyd harre werk ini son, maar ek kan s? dit was 'n moewiese ervaring gewees! Geno, dankie dat ons my fan biki kon inlyf, net spyt dat die vark nogsteeds ruik van al die binnegoed rond ry op die plaas...........! Vincehond, ons maak weer so pella!

Lekker dag

Re: Zebra-oes is NIE vir sissies nie!

Posted: Wed Nov 09, 2011 10:31 am
by molopohunter
Mooi so,

Dis mos Vincent Cleck daai?
Ons was saam op ph kursus. Stuur vir hom groete.

Peet