2 Kalahari varke......
Posted: Sun Jun 02, 2019 8:36 am
Goeie dag aan almal...
Ek het laas week vinnig so op my eie 'n Kalahari draai gemaak. Ek het met my stert tussen my bene trug gekom nadat ek 'n besonderse Kalahari-beer 'n baie swak skoot geskiet het...altyd sleg om nie 'n gewonde dier te kry nie.As die son sak wonder ek altyd waar daai dier nou in pyn lê. Geen bloed op die spoor nie en niks vir die hond om op te werk nie. Nietemin was dit nogsteeds baie lekker om so lekker in die veld te kon loop, net ongemaklik gevoel sonder Myburgh ...altyd lekker om hom aan my sy te hê. Hier was paar laat druppels en die veld het baie mooi herstel op sommige plekke. Die Jack Russell was ook in haar element om 'n slag in die veld te kom met die wat Ruger op verlof is. Min dinge so lekker soos 'n koppie soet swart moerkoffie vroeg in die oggend en 'n jakkals wat die dag groet as die son opkom. Kalahari bly besonderse wêreld....soos 'n maat van my sê: ''In die Kalahari is nie probleme nie, net oplossings.''
Ek het twee baie lekker Kalahari jagte saam familie wat voorlê, ou Myburgh moet net eers eksamen klaar maak...vir hom wag daar ook 'n groot verrassing tov 'n nuwe spesie...ek kan nie wag om daai dankbare gesig van 'n kind te sien nie.
Hier is paar fotos.
Groetnis