2 Kalahari varke......

Post Reply
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

2 Kalahari varke......

Post by Ben Remington »

Goeie dag aan almal...

Ek het laas week vinnig so op my eie 'n Kalahari draai gemaak. Ek het met my stert tussen my bene trug gekom nadat ek 'n besonderse Kalahari-beer 'n baie swak skoot geskiet het...altyd sleg om nie 'n gewonde dier te kry nie.As die son sak wonder ek altyd waar daai dier nou in pyn lê. Geen bloed op die spoor nie en niks vir die hond om op te werk nie. Nietemin was dit nogsteeds baie lekker om so lekker in die veld te kon loop, net ongemaklik gevoel sonder Myburgh ...altyd lekker om hom aan my sy te hê. Hier was paar laat druppels en die veld het baie mooi herstel op sommige plekke. Die Jack Russell was ook in haar element om 'n slag in die veld te kom met die wat Ruger op verlof is. Min dinge so lekker soos 'n koppie soet swart moerkoffie vroeg in die oggend en 'n jakkals wat die dag groet as die son opkom. Kalahari bly besonderse wêreld....soos 'n maat van my sê: ''In die Kalahari is nie probleme nie, net oplossings.''

Ek het twee baie lekker Kalahari jagte saam familie wat voorlê, ou Myburgh moet net eers eksamen klaar maak...vir hom wag daar ook 'n groot verrassing tov 'n nuwe spesie...ek kan nie wag om daai dankbare gesig van 'n kind te sien nie.

Hier is paar fotos.

Groetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ben Remington on Sun Jun 02, 2019 8:44 am, edited 2 times in total.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by Ben Remington »

......
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by Ben Remington »

...........
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by Ben Remington »

..........
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by Ben Remington »

..........
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by Ben Remington »

..........
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by Mellies »

Soos altyd baie mooi!

Ben wat sê Myburgh as jy sy roertjie gebruik sonder sy teenwoordigheid?

Jy moet tog eendag vir ons laat weet as jy dit gekry het... ek is seker die poorte van die hemel is daar naby waar jy jag.

Met n vleisie...
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by Ben Remington »

Mellies wrote:Soos altyd baie mooi!

Ben wat sê Myburgh as jy sy roertjie gebruik sonder sy teenwoordigheid?

Jy moet tog eendag vir ons laat weet as jy dit gekry het... ek is seker die poorte van die hemel is daar naby waar jy jag.

Met n vleisie...

Morning Mielies...

Lekker laat lag jy my nou....
Myburgh is baie besitlik op sy geweer...dit het mooi vra gekos.
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: 2 Kalahari varke......

Post by Joe13 »

Mooi fotos, ek geniet ook om modder bokke te jag.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by Johan Nel »

Vele pragtige foto's. Die ketel op die vuur praat egter hierdie keer die mooiste.
Dankie vir die deel.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: 2 Kalahari varke......

Post by Lourens Potgieter »

Met daai ketel op die vuur lyk dit of die woef wag vir 'n koppie koffie!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by joe rocket »

Mooi Ben. Jy weet mos ek het n ding vir n windpomp. Oor die beer wat weggekom het, dit gebeur maar een of ander tyd met n mens al is jy die wêreld se beste skut.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
KalahariLion
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Fri May 26, 2017 1:38 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by KalahariLion »

Olifantshoek omgewing? Ai ek is soooo bevoorreg om in die Kalahari te bly. Ben jou fotos wys hoe uniek ons streek is...
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2103
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: 2 Kalahari varke......

Post by win270 »

Lieflike ervaring, Ben! Dink jy Myburgh kon in die eksamen konsentreer terwyl jy in die jagveld sonder hom rondloop?!

;D
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by Apie »

Lekker!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by tau »

Lekker. My jaar in die Kalahari duine was seker my tyd van die meeste vryheid. Mens besef dit eers later.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: 2 Kalahari varke......

Post by dawiec »

daai rooisand laat my hart sommer vinniger klop!
User avatar
Omnia
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 303
Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am

Re: 2 Kalahari varke......

Post by Omnia »

Middag Ben , waars daai "wirehair terrier " van jou ?
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22


_________________

" Plans are of little importance , but planning is essential "
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by Plaashaas »

Dankie Ben.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 2 Kalahari varke......

Post by 243Songdaug »

Mooi man Ben en dankie vir die deel ou maat. Al woon ek derduisende kilometer ver sal die Kalahari maar altyd in my bloed bly.

Dis lekker om die bome en paaie op jou fotos te herken - plekke waar ek en my pa gereeld gery het om te gaan jag, toe hy nog saammet ons was.

Geniet hom en sterkte daar.
Post Reply