Page 1 of 1

Foxpro Firestorm probleem

Posted: Fri Jul 05, 2019 2:34 pm
by Ivan Myburgh
Middag

Ek kort bietjie raad. My Foxpro Firestorm begin 'n roep speel wat jy kies maar sodra hy begin het kry jy hom nie weer gestop , gemute of na 'n ander roep verander nie. Het reeds die roepe almal af gevee en weer oor gelaai en maak nog ide selfde. Het iemand al dieselfde probleem gehad en indien wel hoe kan ek dit regmaak of moet hy weg gestuur word? En na wie kan ek hom stuur vir herstel?

dankie

Re: Foxpro Firestorm probeelm

Posted: Fri Jul 05, 2019 3:15 pm
by musgrave270
Miskien kan iemand bevestig of Jack Smit nog aan roepers werk.

My ou wildfire het destyds ook sulke nukke gekry en nadat ek sy antenna verleng het, het ek nie weer sulke probleme ervaar nie. Moet net nie jou frustrasie op die handstuk uithaal nie.

Re: Foxpro Firestorm probleem

Posted: Tue Jul 09, 2019 12:39 pm
by Ivan Myburgh
Sal bietjie probeer met 'n ander antenna en kyk of dit werk.

dankie

Re: Foxpro Firestorm probleem

Posted: Thu May 28, 2020 4:02 pm
by Francois Hugo
Hello Ivan,

Ek vermoed ek het die selfde probleem aan die kry, wat jy beskryf. Myne is net 'n wildfire.

My oplossing tot dusver is gereeld nuwe batterye in roeper en handstuk en ook nader aan die roepplek sit. Dit is so effens van die pad af, omrede die roeper juis met 'n bietjie afstand van man af uit gesit moet word. :(

Het jy toe enige oplossing gekry vir die probleem?

Goete uit die Namakwaland

Francois

Re: Foxpro Firestorm probleem

Posted: Sat May 30, 2020 6:43 pm
by B Five
Myne doen dieselfde?

Gaan target practice op die ding.

Re: Foxpro Firestorm probleem

Posted: Sun May 31, 2020 6:50 am
by tripodmvr
Cobus(Cobb) het ander antenna opgesit en kry baie beter reikafstand.

Re: Foxpro Firestorm probleem

Posted: Sun May 31, 2020 10:46 pm
by Cobus(Cobb)
Al hoe jy ‘n widfire se probleme met opvangs permanent uitsort, is om hom te verkoop en vir jou die Inferno te koop.
Antenna verleng en ander planne, is tydelik en nie rerig suksesvol nie.

Cheers

Re: Foxpro Firestorm probleem

Posted: Sun May 31, 2020 10:48 pm
by Cobus(Cobb)
Ivan Myburgh wrote: Fri Jul 05, 2019 2:34 pm Middag

Ek kort bietjie raad. My Foxpro Firestorm begin 'n roep speel wat jy kies maar sodra hy begin het kry jy hom nie weer gestop , gemute of na 'n ander roep verander nie. Het reeds die roepe almal af gevee en weer oor gelaai en maak nog ide selfde. Het iemand al dieselfde probleem gehad en indien wel hoe kan ek dit regmaak of moet hy weg gestuur word? En na wie kan ek hom stuur vir herstel?

dankie
Praat met JackSmit....hy is die Foxpro mechanic in SA.