Is hier dalk boere wat al hulle speenkalwers teruggehou het om osse te maak op die veld? Met die slegte beesprys het ek beplan om hulle te hou as sogenaamde long weaners, maar ek het genoeg weiding om hulle te hou so lank as nodig. Op die oomblik is hulle so 250-350kg almal geknip en almal is Brahamane. Daar is 18 ossies op die oomblik en die verse hou ek as vervangings verse.
Watter byvoeding/lekke? Op die oomblik eet hulle proteinlek in die winter en fosfaat in die somer saam met die ander beeste. Sou iets soos SB100 'n beter roep wees? Ek het baie goeie soetveld weiding maar lek inname is swak.
Watter groeibevorderaars/hormone? Ek het net 'n Ralgro toediener maar weet nie of dit die ding is vir die groter diere nie want soos ek verstaan is seranol meer bedoel vir jong kalwers om beter te speen.
Wat behoort my teikengewig te wees of kan ek op enige gewig verkoop? My plan is om te verkoop sodra die prys weer goed is, ongeag van gewig. Dit kan oor 6 maande wees maar ook oor 2 jaar dit maak nie regtig saak nie, ek wil net optimaal geld maak uit hulle uit.
Enige insette sal waardeer word asb ek het nog nooit met osse geboer voorheen nie maar met die swak pryse moet ek maar aanpas.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Ossies uitgroei op veld
-
Dawie Laubscher
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Tue Aug 22, 2017 9:17 pm
Re: Ossies uitgroei op veld
Hi. Jy kan kyk na Zeramec vir die groei. Dit sal ook terselfde tyd die parasiete vrek maak.
Dawie
Pearsons Hunt
308 Ruger M77 3.5-10x50 Vortex Diamondback BDC
6.5 Howa Creedmoor Vector Taurus 5-30 x 56
.22 Remington Model 34
12 Boor Mossberg 500
38 Special Smith & Wesson
Pearsons Hunt
308 Ruger M77 3.5-10x50 Vortex Diamondback BDC
6.5 Howa Creedmoor Vector Taurus 5-30 x 56
.22 Remington Model 34
12 Boor Mossberg 500
38 Special Smith & Wesson
-
LDV
- Full Member

- Posts: 169
- Joined: Sun Jul 06, 2014 12:52 pm
Re: Ossies uitgroei op veld
Hou hul net op protein lek tot desember.
As on weer kan uitvoer gan pryse spring. En vraag na speenkalwers gan toeneem.
As on weer kan uitvoer gan pryse spring. En vraag na speenkalwers gan toeneem.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Ossies uitgroei op veld
Dankie dis wat ek ook vermoed. Ek hoop en bid net die reën kom bietjie vroeg die jaar dat hulle mooi vet kan wees daai tydLDV wrote:Hou hul net op protein lek tot desember.
As on weer kan uitvoer gan pryse spring. En vraag na speenkalwers gan toeneem.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Ossies uitgroei op veld
Jy kan ook oorweeg om n produksie lek te gebruik nader aan die tyd wat jy hulle wil verkoop/slag.
Ek en my broer het al n paar osse groot gemaak, die beste is maar om die ossse te laat uit groei teen so goedkoop as moontlik maar ook te sorg dat hulle raam goed uit groei sodat jy later baie vleis kan op sit.
Jy moet ook besluit of jy hulle wil laat slag ( aan Abattoir wil verkoop) of net op veiling wil sit.
Ons het maar elke keer hulle vet gemaak en aan die Abattoir verkoop vir slag, jy gaan hulle vir n lang tyd groot maak as jy hulle na c graad toe gaan vat kan jy net sowel die som maak en hulle slag gereed maak om bietjie meer geld te maak.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek en my broer het al n paar osse groot gemaak, die beste is maar om die ossse te laat uit groei teen so goedkoop as moontlik maar ook te sorg dat hulle raam goed uit groei sodat jy later baie vleis kan op sit.
Jy moet ook besluit of jy hulle wil laat slag ( aan Abattoir wil verkoop) of net op veiling wil sit.
Ons het maar elke keer hulle vet gemaak en aan die Abattoir verkoop vir slag, jy gaan hulle vir n lang tyd groot maak as jy hulle na c graad toe gaan vat kan jy net sowel die som maak en hulle slag gereed maak om bietjie meer geld te maak.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Ossies uitgroei op veld
Dankie Hein vir die advies. As ek hulle lank genoeg kan hou wil ek hulle slaggereed maak. Ek sal produksielek verseker oorweeg want die lek inname by my is in elk geval maar swak as mens nie baie mielies en melasse inmeng nie. Ek wil net nie al my profyt spandeer op mielies nie want ek het goeie gehalte weiding beskikbaar.
In jou ondervinding, op watter ouderdom is 'n goeie tyd om hulle te laat slag? By my gaan hulle spekvet wees in enige somermaand maar ek wil hulle ook nie langer aanhou as wat nodig is nie. Vir watter gradering moet mens mik om nie te veel gepenaliseer te word op slagpryse nie? Jammer vir al die vrae maar ek ken nie osse nie en my speenkalwers en uitskot diere verkoop ek maar altyd op veiling.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
In jou ondervinding, op watter ouderdom is 'n goeie tyd om hulle te laat slag? By my gaan hulle spekvet wees in enige somermaand maar ek wil hulle ook nie langer aanhou as wat nodig is nie. Vir watter gradering moet mens mik om nie te veel gepenaliseer te word op slagpryse nie? Jammer vir al die vrae maar ek ken nie osse nie en my speenkalwers en uitskot diere verkoop ek maar altyd op veiling.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Ossies uitgroei op veld
Eduard ons het hulle al op AB’s geslag en langer gehou en C grade laat slag.
Dit hang maar af hoe jou weiding en kontantvloei lyk om hulle langer aan te hou.
Die produksie lek werk baie lekker om hulle soos background sisteem groot te maak maar dan later net self af te rond.
Die mark is maar moeilik om te voorspel as daar nie baie C grade in die mark is nie kan dit dalk betaal om hulle c grade toe te vat, praat maar met die bemarkers by die Abattoir wat jy vertrou om te bepaal waar daar n behoefte is.
Daar is baie keer n tekort aan vet c grade wat die biltong ouens agter aan is.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit hang maar af hoe jou weiding en kontantvloei lyk om hulle langer aan te hou.
Die produksie lek werk baie lekker om hulle soos background sisteem groot te maak maar dan later net self af te rond.
Die mark is maar moeilik om te voorspel as daar nie baie C grade in die mark is nie kan dit dalk betaal om hulle c grade toe te vat, praat maar met die bemarkers by die Abattoir wat jy vertrou om te bepaal waar daar n behoefte is.
Daar is baie keer n tekort aan vet c grade wat die biltong ouens agter aan is.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Ossies uitgroei op veld
Baie dankie Hein ek sal bietjie uitvind
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Sent from my SM-A520F using Tapatalk