Toets van knaldempers en tromp remme

User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Toets van knaldempers en tromp remme

Post by jaracal »

Hi Heinrich,

Met jou toestemming sal ek graag die forum manne as toets platvorm wil gebruik vir 'n reeks produkte wat ek aan die ontwikkel is.

Vir nou wil ek graag 3 kneldempers asook 3 tromp remme laat toets. Die gedagte is om manne wat regtig baie skiet elk 'n KD/ tromprem te gee om te toets. Kriteria sal wees duursaamheid, akuraadheid en efektiwiteit/ fuksionaliteit. Die toetsers sal oor 'n akurate geweer moet beskik en self ook KAN skiet. Hy moet verkieslik darrem ook 1000+ rondtes in 'n jaar deur die KD/ rem om 'n goeie aanduiding van duursaamheid te kan gee.

Manne wat oes sal seker ideaal wees vir die KD's en die veldskieters sal waarskynlik beter wees vir die trompremme.

Die manne sal moet akurate terugvoer kan gee wat my sal help om moontlike voute op te tel en/ of verbeteringe aan te bring.

Ek dink iets soos die Nikon seleksie waar kanidate hulle voorlegging maak en lede of aangewese persone dan 'n keuse uitoeffen om te besluit wie dit moet toets.
Om die toets regverdig en deursigtig te hou wil ek nie self by die keuse van kandidate betrokke wees nie.

Die toetsers kry die KD's of trompremme en ek wil dit nie terug h? na afloop van die toets nie.
As iets breek of veranderinge nodig het, sal ek dit kosteloos vervang/ verbeter gedurende die toetstydperk.

Dankie vir 'n bakgat forum en die goeie gees waarin dit bedryf word.

Groete
Pieter (AKA Baboonstalker)

Plaas asb julle CV,s hier.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Biltongjagter

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Biltongjagter »

Ek skiet glad nie 1000+ rondtes per jaar nie, so is nie in die toetslopies nie.

Maar, sou dit nie sinvol wees om meer oor elke produk te vertel, selfs fotos te plaas op die forum, sodat potensi?le aansoekers weet waarmee hulle te doen gaan kry en, te wagte kan wees nie?

Ander nie-toetsende forum lede, sal dan ook meer weet wat hulle later, of gedurende die toetstydperk, te wagte kan wees, en/of selfs ander voorstelle opper om die toetsproses baie meer waarde te gee.

Ek wonder maar net - hoe meer toeganklik/oop/insae daar in die toetsing is, hoe meer gewig kan die uiteindelike resultate dalk dra!

Groete,
Koos.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by James Wilson »

ek stel belang, maar is nie seker of ek die regte cv het nie.

ek jag defnitief nie 1000 reondtes per jaar nie. as ek egter my ammo wat ek aan skietkompetisies vir my jagtervereiniging asook all my lading toetse op die baan saam met my jagtogte inreken, kan ek seker so by 750 skote kom. Haelgeweer en handwapen uitgesluit.

ek is lid van sa jagters toegewyde status.  ek jag jakkalse en vlakvarke plaaslik ten minste 2 keer per week. ek doen gewoonlik nie minder as 5 jagtogte(koedoes, gemsbokke springbokke blesbokke ens  ens) per jaar elders in die land. ek is die tesourier van die Christiana Open Sport Shooting Club. die klub het n privaat skietbaan, en is dit een van die redes waarom ek so greeld die baan besoek en scopes en ladings toets. ek het gereeld aan oeste deelgeneem, maar dit sedert 2008 dit verminder tot waar ek hierdie jaar my ontrek het.

ek besit n paar gewere maar ek sal my 308 gebruik vir die toetse. die 308 het reeds n knaldemper op en kry ek n groep van 9,5mm op 100yards met 167grn Lapua met Lapua doppe. ek kry ook 13mm op 110grn v-max.  ek het met die ladings matige moeite gedoen en sal die geweer seker nog beter kan groepeer.

die geweer groeppeer marginaal beter met die kd as daarsonder. daar is geen spoed verskil met of sonder die kd nie.

nou ja verder drink ek minder en tog vloek ek nog maar dieselfde. verder is ek ook baie ryk en baie neederig ;) (of wat moet ek nog se-dit voel amper soos n werks onderhoud)  ek is heeltemal bewus dat daar baie manne op die forum is wat baie meer geskik is vir die toets. tog sal dit net my eie skuld wees as ek nie ten minste n aansoek probeer nie. dit klink baie intresant.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by tafjak »

Ou Tanker

In my boek het jy die job, sonder enige verdere CV's nodig! Die "ryk" gedeelte het die werk gedoen, nee, die beskikbaarheid van die skietbaan eerder.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by baboonstalker »

Ek sien die manne lees baie maar s? min, so kom ek vertel wat my idee is:

Ek wil graag my Kd's goed toets voor ek hulle die wye w?reld vol (ek is hoopvol) stuur. Akuraatheid is vir my baie belangrik, maar gelykstaande hieraan is betroubaarheid en om dit behoorlik te toets sal ek duisende koe?ls moet wegskiet. Moet julle egter nie blind staar in die 1000 rondtes nie, as jy baie skiet en voel jy kan 'n KD of tromprem behoorlik toets, laat weet asseblief van jou. As daar van julle pelle is wat dieselfde draad op julle gewere het kan julle ook as 'n span toets. Hoe meer lood en hoe meer manne deelneem hoe beter sal dit vir my wees. Die rudolph optics toets was vir my 'n goeie voorbeeld van hoe die manne van die forum en hulle terugvoer gebruik kan word om produkte te toets en die terugvoer gebruik kan word om die produkte te verbeter. Dit is 'n wen-wen situasie en die verskaffer, toetsers en toekomstige gebruikers trek almal voordeel daaruit.

Koos: Dankie vir jou voorstelle. Ek sal 'n oorsig skryf en 'n paar foto's opsit sodra ek die eerste modelle klaar het.

Groete
Pieter
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Wouter Roets »

Baboonstalker

Ek sal ook my hand opsteek vir beide die knaldemper en tromprem. Indien jou troprem sal pas op die groefdraad van my huidige knaldemper s'n sal dit werk. Indien dit sal werk sal ek hom toets op my 338 Win Mag en 300 Win Mag. Silencers het ek wye spektrum van kalibers wat kan werk. Ek het my eie skietbaan by die huis en doen ook so nou en dan stroopwerk. O-ja ek jag ook te veel volgens almal.

Dit is al die positiewes. Die negatiewes is dat ek  skiet! Al wat ek sal kan se is of hy beter of swakker as my huidige silensers groepeer. :(

Groetnis
Wouter

PS. Ek is aansienlik ryker as James as dit vir iets tel!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by baboonstalker »

Wouter, Stroop jy of oes jy?

Wild stropers kwalifiseer nie ;D
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Wouter Roets »

Pieter

Jy het my! Ek doen nou en dan oeswerk! Maar ek bly nog steeds ryker as James! ;D

Onthou jy moet sorg dat daai goed oordentlik werk en lyk, ek haat dit as mense vir my lag! ;D

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Jaco Swart »

baboonstalker wrote:

Wild stropers kwalifiseer nie ;D
]

Dan gaan ek nie eers my CV instuur nie ;)
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Nico Harris »

Ek wil ook probeer ;D Ek wil juis n knaldemper op my 30-06 sit. ek het drie redes daarvoor.1 Ek is besig om my nagsig op die geweer te sit vir bosvarke en dus moet die geweer minder skop vir die scope wat recoil sensitive is. 2 Die minder geraas na die skoot help dat die varke gouer terug kom!3 Die geweer skiet tans 25mm om en by. op al my ander geweere wat ek kd gesit het het groeprings verbeter.

As ek die kd moet toets onderneem  ek om dit vir bosvark jag te gebruik  met nagsig asook in die dag. Die geweer het n piccatinny rail op en het n normale scopeook vir dag gebruik! ek skiet weekliks tussen twee en 10 valkvarke vir vleis. Ek ry ook elke dag met die geweer en skiet ape en bobbejane! Ek gaan ook binnekort jakklse skiet vir wildsboere naby my wat se blesbokke en rooibokke lam! Ek skiet elke saterdag groeperings en gonge saam n paar manee in die omgewing. Ek het tot nou my 243wim gebruik vir die takies en het in 6maande 600skote geskiet! As ek die kd toets sal ek al die takies met hom doen!!

groete

Nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Jaco Swart »

Harris30-06 wrote: ek skiet weekliks tussen twee en 10 valkvarke vir vleis.
Nico
Nico waar is jy gelee en wat vra jy vir hulle. Kan jy asb vir ons  foto's van hulle opsit ;D ;D
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Jagtersdok »

Oom Bobejaan bekruiper.

Ek sal met graagte deelneem aan hierdie toetslopie van jou, verkieslik KD want ek nie groot Tromp rem liefhebber nie.
Ek skiet miskien nie 1000 koeels jaar in een geweer nie, maar ek skiet darem so 500.
Ek het al met verskeie kd's gewerk en soos vir jou staan twee goed vir my gelyk en ek glo met goeie KD moet mens nie met een in boet nie.
Akuraadheid en Effektiwiteit

My gewere skiet darem styf, en as ek nie te koud kry nie kan ek hulle darem druk tot in 5de rat ;D

Laar weet maar as ek jou kan uithelp
Last edited by Jagtersdok on Thu Nov 24, 2011 9:49 pm, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Nico Harris »

ek het fotos van die eerste paar geneem. die wat groot lywe het en groot tande het. maar moet eerlik waar vir jou se ek neem nie fotos van diere wat ek uit my bakkie se venster skiet en probeer dan vir mense vertel ek het hulle gejag nie! as die diere besonders groot is of groot tande het sal ek hulle afneem om my vriende en my pa te wys! baie van die varke is ook deur vriende of my broers geskiet! sal as ek weer ek in die dorp is vir jou van die fotos laai!

groete

Nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Arnold »

Kom ek gooi my kaartjie ook in die hoed.

Om jou vereistes aan te spreek glo ek dat my 260RemAI n goeie akurate geweer is (sien asb die groeperings wat op die papierbok draad geplaas is). Met hierdie geweer het ekself al baie mooi groepies geskiet, en van hierdie was ook gedoen met getuies teenwoordig  ;)

Die geweer het n lang loop en word gebruik vir kompetisie tipe skiete. Hiervoor sal ek dan graag n tromprem toets.

Ek glo twee van die aspekte wat getoets moet word is relatief eenvoudig en sal min skote in beslag neem. Die duursaamheid sal maar onthul word met tyd en ek dink hier sal n kd elkgeval meer pak vat as n tromprem.

Ek sien uit daarna om n stukkie van jou handewerk op my loop te skroef  ;D

groete
Arnold

PS. Ek het ook 'n baie netjiese en akurate 308 waarop ek, gratis, n tweede tromprem sal toets  :laugh: (Ek glo jou trompremme en knaldempers sal kaliber spesifiek wees)
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Christo »

CV van trigger happy lunitic ( aldus my vrou )

Ryk? volgens wie se standaarde. 
1. Geldelik kwalifiseer ek nie.
2. Kennis ook nie heeltemaal gemeet teen Wout/Dok&kie nie. Teen hulle gemeet eintelik glad nie.
3. Geduld, ook nie.( Almal weet dit is net 'n stadige manier van be-kwaad raak )
4. Wil, daaraan voldoen ek volkome. Solank ek kan doen wil ek doen.
5. Bevoorreg, daaraan voldoen ek ook. Nie baie van ons wat 1km weg kan ry en skiet op "skietbaan" nie. Bly waar ek bly en doen wat ek doen.

Voldoen ek aan die vereistes?
Daarvan ook nie seker nie. Maar ek kry more Lourens se ex 22-250. As ons op hom 'n KD sit wat se draad ook sal pas op die Mini rugers sal ek seker by 1000 skote uitkom. 500 van hulle kan deur die 22-250 gaan en behoort akkuraat getoets te wees, maar die ander 500 deur die mini's gaan maar met speel gepaart gaan. Sal wel kan meet teen GMS reflex tipe op een mini14 en 3 baffle S/S een op ander Mini14.

My pakket verwagting?
1. KD moet verkieslik S/Steel afwerking he.
2. Draad moet verkieslik 1x14 wees om ook op Mini14 te kan pas.
3. Net soos Wout hou ek ook nie daarvan as mense vir my lag, die KD moet darem iets vir die oog wees.
4. Permanente eienaarskap as hy mooi/goed werk, of indien nodig eienaarskap van 'n opgegradeerde weergawe.
5. Voor ek vergeet, nog 'n varkjag ;D

Wat bied ek?
1. Deeglike rekord hou. ( Skryf is 'n swak punt )
2. Om die KD meer te mishandel as die gemiddelde ander man.
3. Eerlike opinie te gee. Daarom moes ons eerder die goed gekoop het dan is daar nie bevoordeling betrokke nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Piet Breedt »

Pieter, kan ek ook maar probeer?

Ek is huidiglik n lid van die SA Jaggeweer skietspan en het ook al die span op 2 vorige geleenthede gehaal. Ek het nog nooit in die 6 jaar wat ek skiet laer as no 6 op die jaarlikse ranglys geindig. Dit gebeur nie sommer vanself nie, ek skiet baie. n Loop hou gemiddeld nie n volle 2 jaar op my geweer nie, en dan skiet ek ook nog met ander kalibers ook. Dit gee vir jou n idee van hoeveel ek skiet. Ek oes ook redelik gereeld wild hier in ons omgewing, veral Blesbokke en Swartwildebeeste op die vlaktes, en dan ook so klompie Gemsbokke in Namibi?. Die lang afstande vereis n akkurate geweer, en myne is baie akkuraat soos wat van die groeperings hier op die forum getuig. Jakkals skiet het ook in tussen oor my pad gekom, en ek is verslaaf daaraan en doen dit redelik gereeld en suksesvol.

Ek wil nie graag my skiet suksesse die laaste 6 jaar hier noem nie, ek is bang julle dink ek breg. Maar nadat ek destyds Francois se indrukwekkende CV gelees het vir die Nikon scope, gaan ek dit maar wel doen. Verskoon maar as dit windgat klink.

Ek begin weer kompetisie skiet na baie jare. Laaste keer kompeterend diensskiet gedoen in 1985 in Natal

2006 - Haal die SA Span Van SA Jaggeweer Skiet Vereniging in my eerste jaar van deelname met my .308 Krico en 4.5 -14 x 42 Burris FF II
2007 - Protea Spanlid en Kaptein van Luggeweer Veldteiken - 8ste plek by W?reld kampioenskap in Amerika
2007 - Laeveldjagters Top skut van die jaar
2007 - Champion of Champions wenner tussen al die luggeweer dissiplines (Benchrest, Silhouette, Veldteiken en groepering skiet)
2007 - SA Kampioen Benchrest Luggeweer afdeling met nuwe SA rekord (eerste keer ooit wat ek Bench Rest skiet)
2008 - Protea Spanlid en Kaptein na N/Ierland - Veldteiken
2009 - Protea Spanlid en Kaptein in SA - Veldteiken 12 de plek algeheel
2009 - SA Kampioen - Veldteiken
2010 - SA Jaggeweer Spanlid en skiet toets teen Czech Republiek
2010 - Protea Span Lid en Kaptein in Hongarye 10de plek algeheel in W?reld Kampioenskappe 17 lande teenwoordig - Veldteiken
2010 - Laeveldjagters Top skut van die jaar
2011 - Protea Spanlid en Kaptein in Itali? en 4de plek algeheel uit 275 skuts van 22 lande teenwoordig by W?reld Kampioenskappe.
2011 - SA Jaggeweer Spanlid
2011 - Wenner van Champion Of Champions Luggeweer.

Ek was ook bevoorreg om lid te wees van die Veldteiken span wat 5 agtereenvolgende Silwer medaljes kon wen by die W?reldkampioenskappe vanaf 2007.

Ek het ook Platinum Status verwerf by SA Jaggeweer Skietvereniging in 2006, 2007, 2008, 2009, 2010. Platumum Status vereis dat jy 3 skiete oor die 800/900 moet skiet in een jaar by die provinsiale skiete. Die wenne wat ek al behaal het by die SA Jaggeweer skiet kompetisies in ses jaar is as volg:
Gauteng = 3 keer
Limpopo = 3 keer
Mpumalanga - 1 keer
Natal - 1 keer

Ek skiet tans met n Terminator KD en ook n Arms KD, so ek kan joune goed evalueer teen van die bestes. Soos jy weet is ek in die proses om vir my .22 250 n nuwe loop op te sit met n 1/8 twist om die 70gr en 75gr VLD Bergers en 75gr Hornady A Max koe?ls te skiet juis om minder recoil te h? as met my getroue .25 06 sodat ek kan sien waar ek die gonge tref. Met jou tromp rem gaan dit heel waarskynlik nie nodig wees om my .25 06 te los, aangesien ek moontlik dan ook met hom en jou tromp rem in, sal kan sien waar ek die gonge tref.

Dit sal vir my n eer en n voorreg wees om jou produkte te toets. Soos ek nou al gesien het, is my ondervinding dat jou produkte van uiterste ho? gehalte sal wees. Ek sal ook n eerlikke ingeligde oppinie van jou produk aan jou terug rapporteer'

Hier is so paar van my herrineringe

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... jes003.jpg[/img]


[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... jes004.jpg[/img]


[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... jes005.jpg[/img]


[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011159.jpg[/img]


[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... Hoffma.jpg[/img]


[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... sie002.jpg[/img]


[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... s027-1.jpg[/img]
Last edited by Piet Breedt on Thu Nov 24, 2011 10:10 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Monrique (SJ) »

Pieter

Hier is my stukkie ook. Jy ken mos daai Ou Plank van my,ne?  Nou raait daai dame loop mooi met of sonder haar KD en het sommer beginte kwyl toe ek saggies gepraat het van n tromprem. Ek sal graag n tromprem op die .308 wil toets. My lading ontwikkeling is amper klaar, gaan more weer skiet, en dan wil ek die skietkompetisies sommer pak volgende jaar.

Ek skiet redelik met die geweer die laaste tyd en wanneer ek vlg. jaar met die skiete in volle vaart inklim, sal ek eerder die KD, wat bietjie aan die swaar kant is, wanneer uit die staan posisie geskiet word, by die huis los en n tromprem opskroef. Glo daai lykfie sal sommer bakgat ook lyk daarby!!

Ek het nie n m&%@se scope op die geweer maar daai 4.5-14x42 Burris loop mooi, met jou gefabriseerde Picatinny rail en die Warne ringe. Het sy darm al n 12.98mm groep op 100m, met PMP, ammo gegooi. Asook 1x 2 skoot en 1x 3 skoot wat ek nie nou eers die groepering van wil se nie, eers more kyk wat gebeur, en of dit nie n vloek was!

Moet jou weer se, daai Picatinny wat jy gemaak het geniet ek baie en werk sommer spoggerig en lyk ook sommer grend, weet van nog manne wat binnekort by jou gaan kom aanklop vir rails.

Ek glo die Ou Plank van my is akkuraat genoeg vir n toets.

Groetnis
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by baboonstalker »

Mooi lang CV piet, maar is jy seker jy kan skiet?  ;D ;D

Arnold, Ek stem saam dat die tromprem nie soveel skote vereis as die kd nie. Ek het immers seker naby aan 1000 deur myne en hy lyk nog soos die dag toe hy gebore is.

Die manne wat nie self wil toets nie kan gerus volunteer om die toetsers uit te wys.

Pieter
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Piet Breedt »

Ja, ek bewe maar erg !!

Adoons, kan jy vir my .22 250 Howa n staal Picatini rail maak met n moerse spoed? (Sorry vir die highjack)
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Gerrit Visser »

Piet Baboon ek het nou nie so 'n lang cv soos Piet nie, maar as jy dink hy skiet goed, ek het amper 200 punte meer as hy geskiet op die WP-ope. Jy kan as jy moet vir Piet 'n tromp rem vir sy "luggeweer" maak, dan sal ek die KD vir my 270 neem.

G Gert
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Jagtersdok »

Na Piet se CV sak my moed sommer in my skoene

Gelukkig weet ek hys gans te besig met ander dinge om nog KD te toets ;) ;D
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by James Wilson »

Jagtersdok wrote: Na Piet se CV sak my moed sommer in my skoene

ai dok praat jy. ek is sommer lus en delete my ou cv'tjie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by James Wilson »

Wouter Roets wrote: Pieter

Jy het my! Ek doen nou en dan oeswerk! Maar ek bly nog steeds ryker as James! ;D
nee, dis so, maar ek is darrem weer beeldskoon, my vrou is so lief vir my dis eindelik lastig ;D


hel manne kyk hoe laat is dit en julle is almal nog aanlyn. ek sit by die see en julle speel met die computer. wie skiet dan die jakkalse? :o
Last edited by James Wilson on Thu Nov 24, 2011 11:10 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Dawid »

Wie het n lekker laaaang cv met klomp foto`s wat ek kan hi-jack dan kan ons met Photosmart net my oulike gevreetjie inlas en my klomp diensskiet medaljes en Lugmag medaljes vir getroue diens ook bysit.... ;D ;D ;D

Sien niks daarmee verkeerd as beginners ook hierby ingelaat word, al is dit net as troospys.....daar is mos altyd goed soos "Lucky draws"  :laugh: :laugh:

Sterkte manne en lekker toets
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Toets van knaldempers en tromp remme

Post by Nuweseun »

Aaai jong!! Kon Piet nie maar gewag het tot almal se CV's eers in was voor hy daai een gepost het nie?!!: ;D

Sjoe, baie impressive!!!
Last edited by Nuweseun on Fri Nov 25, 2011 8:40 am, edited 1 time in total.
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Post Reply