Manne, ek wil net my ondervinding deel met my nuwe Foxpo Wildfire. Ek het hom nou al 2 aande gebruik, en as ek my naby kyk bril saamvat, werk hy baie mooi, en is ek baie tevrede met hom.
Hy vang maklik die roeper op oor n 100m as die roeper nie op die grond l?. gelukkig is hier baie drade hier by ons om hom op te hang.
Sy "Foxbang" funksie, werk nie so lekker met die Terminator knaldemper op, maar ek het agtergekom dat as ek hom net so liggies op die skietbank tik, dan slaan hy oor na die klank wat ek op "foxbang" ge programeer het. Ek het tans "Jakkals distress - 2"op hom, no 4 op die gevorderde kusus CD van Heinrich. As daar n paar inkom en ek klop die eerste een, dan tik ek net die remote liggies op die skiettafel dan speel hy dadelik die jak distress en dan briek die 2de jakkals gewoonlik sodat ek gewoonlik ook op hom n skoot inkry.
Nog n funksie van hom wat ek baie handig vind, is die 2 klanke wat mens kan programeer om vinnig te kry met net n druk van n knopie. Dan het hy ook nog n "Recall" funksie wat ook baie handig is om die vorige klank dadelik te speel.
Nog n oulikke funksie is dat jy sy tyd kan zero by elke staanplek sodat jy weet hoe lank jy al daar staan.
Die feit dat jy 200 klanke by jou het is lekker, alhoewel jy maar min op een aand speel. Dit is net lekker om te weet jy het jou hele arsenaal by jou en tot jou beskikking.
Die enigste tekortkomendhede van die roeper is dat sy geskrif baie klein is vir my ou oge, maar met die naby lees bril by my werk hy baie mooi. Sy remote verlig nie al die funksies en jy moet hom eers gewoond raak om te weet watter knoppie werk vir wat in die donker.
En dan die grootste nadeel. Hy is vrek duur. Myne het R 6000.00 gekos, maar dit is my eie stupid geit.
Ek het nou die aand op my eerste roepsessie my roeper teen n draad by n pad opgehang, en toe ek oppak vergeet ek hom daar en nou is hy weg. Dit kos my n 2de een koop ten duurste. Die pille wat ek drink werk nie vir stupid geit.
Die mense wat by die hoenderhokke werk op die spesifieke plaas, en daardie pad loop werk toe, het hom gesien, en iemand het hom gevat. Nie eers n beloning het hom oortuig om hom terug te bring. Nou sit ek met 2 x remotes
FOXPRO WILDFIRE - Toets
-
Speek
- Newbie

- Posts: 9
- Joined: Sun Sep 04, 2011 8:37 pm
Re: FOXPRO WILDFIRE - Toets
Ek het ook n Foxpro Wildfire. Het al baie gejag met hom. Hy werk baie lekker. Ek sukel net om sy FOXBANG te kry werk. As iemand my kan help sal dit kan waardeur. Hy werk baie lekker. Groete Speek
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: FOXPRO WILDFIRE - Toets
Oom Piet en speek
Ek skiet ook met die Wildfire. Is BAIE tevrede!
En verdere pluspunt wat hy vir my het bo die Fx3 waarmee ek altyd gejag het, is dat hy baie lig op batterye is. Ek het nou al 2 aande van 10 tot 4 gejag en sy batterye hou nog goed.
Weet julle dat mens die foxbang se sensitiwiteit kan stel? Hulle verduidelik in die manuel mooi hoe. Ek skiet met 'n 22-250 en Terminator en is die stilste wat ek nog ooit 'n geweer gehoor het, maar my foxbang is op ''medium" en so aktiveer hy as 'n skoot afgaan.
Voorwaar 'n goeie skuif wat ek hier gemaak het.
Groetnis
Ponkie
Ek skiet ook met die Wildfire. Is BAIE tevrede!
En verdere pluspunt wat hy vir my het bo die Fx3 waarmee ek altyd gejag het, is dat hy baie lig op batterye is. Ek het nou al 2 aande van 10 tot 4 gejag en sy batterye hou nog goed.
Weet julle dat mens die foxbang se sensitiwiteit kan stel? Hulle verduidelik in die manuel mooi hoe. Ek skiet met 'n 22-250 en Terminator en is die stilste wat ek nog ooit 'n geweer gehoor het, maar my foxbang is op ''medium" en so aktiveer hy as 'n skoot afgaan.
Voorwaar 'n goeie skuif wat ek hier gemaak het.
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: FOXPRO WILDFIRE - Toets
Ponkie, myne is op sy feinste gestel en tel nie my .22 250 met Terminator op nie. Waar sit jy jou remote neer ten opsigte van die loop?
-
Speek
- Newbie

- Posts: 9
- Joined: Sun Sep 04, 2011 8:37 pm
Re: FOXPRO WILDFIRE - Toets
Naand. Ek sukel net om die FoxBang klank te save. Hy werk BAIE goed.
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: FOXPRO WILDFIRE - Toets
Oom Piet
Myne le seker so 20cm regs en onder van my kamer af. Daar was al kere wat hy hom nie aktiveer nie, (weet nie hoekom nie) en dan kap ek hom ook net vinnig teen die stoel, soos Oom ook maak.
Groetnis
Ponkie
Myne le seker so 20cm regs en onder van my kamer af. Daar was al kere wat hy hom nie aktiveer nie, (weet nie hoekom nie) en dan kap ek hom ook net vinnig teen die stoel, soos Oom ook maak.
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: FOXPRO WILDFIRE - Toets
PietPiet Breedt wrote: Nou sit ek met 2 x remotes
Is daai tweede remote in die mark?
My remote het gegroet.
Dan kan jou R6000.00 se roeper darem bietjie goedkoper word?
Skolla