Trijicon SRO
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Trijicon SRO
Manne,
Noudat ek rustig sit en wag vir my 458 lott se lisensie is ek besig om al die ander gereedskap vir die lott bymekaar te kry saam met dit wou ek nog altyd Trjicon RMR gebruik op die roer. Maar met die wat alles so lank gevat het met die SAP350 en ek uiteindelik my aansoek kon indien het Trijicon met die SRO (Specialiozed Reflex Optic) uitgekom wat vir my eintlik nog beter gaan werk as die RMR reflex sight.
Youtube link na goeie review.
UzjgOq60vFE
Ek is ook met die hulp van CMTECH wat die agent is vir Trijicon gestuur na MRS Technologies in Constancia park om dan vir die CZ550 'n baseplate te masjien en ontwerp wat die RMR of SRO laag te kan sit op die voorste brug. Die idee is dat hulle dit kan bemark vir die CZ550 aksies asook die 602 aksies wat oorals in Afrika gebruik word en die res van die wereld.
Ek sien baie uit na die hele projek en ek moet se ek het al lekker met die SRO gespeel met donker en baie helder lig buite en binne het ek nog nie oor die 4de lig setting nodig gehad nie en daar is nog 4 helderder settings oor. Op no.1 sal jy baie fyn kan skiet met die 1 MOA as die lig by die baan dit toelaat maar jy sal definitief met opsie 2 kan skiet. Hoe helderder jy hom opstel hoe groter raak die kolletjie natuurlik.
Twee goed staan vir my uit teen die RMR die skerm is werklik baie groter en baie makliker om die rooi kolletjie op te tel en te volg.
Die batery kan van bo af vervang word en jy hoef nie die sight af te haal om die battery te vervang soos die RMR nie.
Verdere info is dat die battery 3 jaar lank aangesit permanent op 4de setting.
Trijicon beveel tog aan om die battery elke jaar te vervang gewone CR2032 battery
Ja die RMR is ongeveer onbreekbaar maar hoeveel keer gaan jy regitg die geweer laat val dat dit die boonste deel van die SRO eerste gaan vang. Ons jag al hoe lank met teleskope en ons weet as dit val kan dit breek.
Sodra ek my lisensie kry gaan ek lekker speel en verder kan terugvoer gee maar ek dink hier is 'n wenner vir die groot roere en jy kan met albei oe oop skiet wat nogal groot voordeel is. Gaan natuurlik dit lekker kan gebruik op BASA ek is van plan om ook oor Paasfees my eerste waterbok te gaan jag en dit gaan ek met die lott doen as die lisensie in tyd kom.
Die rooi kolletjie lyk baie groter as in regte lewe as ek dit afneem dit is regtig 'n lekker klein 1 MOA kolletjie.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
MyLani
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Sun Jun 25, 2017 10:51 am
Re: Trijicon SRO
Google American Hunting Rifles.
They make a QD RMR mount for the CZ550.
It was a pleasure dealing with them.
I decided to mount a Kahles Helia RD with it on my CZ 458 Lott, and so far no issues with keeping its zero under the recoil
They make a QD RMR mount for the CZ550.
It was a pleasure dealing with them.
I decided to mount a Kahles Helia RD with it on my CZ 458 Lott, and so far no issues with keeping its zero under the recoil
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Trijicon SRO
MyLani, thanks I know about those mounts but am looking for something even lower.

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Trijicon SRO
Lekker Frederik!
MyLani, please put a photo up for us of the mount on the gun?

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
MyLani
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Sun Jun 25, 2017 10:51 am
Re: Trijicon SRO
Will try take some photos a bit later
- Ralph Badenhorst
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Re: Trijicon SRO
Meeste QD basisblokke (dovetail) vir Reflex of red dot sights se beperking is die skroef/lever kombinasie. Dus sal die laagste basisblok nooit dunner wees as 6mm nie, indien n 4mm skroef gebruik word waarop die lever/“slotted nut” moet werkFrederik wrote: Fri Dec 06, 2019 11:37 am MyLani, thanks I know about those mounts but am looking for something even lower.
![]()
N #6-48 skroef kan ook gebruik word maar gaan nie die basisblok veel platter kry nie
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Trijicon SRO
Dankie Ralph, ek sal wag en sien wat die manne van MRS vorendag kom al julle op hoogte hou ulle het wel gese daar gaan nie veel die jaar gebeur nie.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Trijicon SRO
Daai Trijicon lyk na die besigheid, ek hou van daai 1 moa kol
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Trijicon SRO
Stem lyk na n baie nice produk. Freek ons wag angstig vir die eerste skoot.Capt. Oblivious wrote: Sun Dec 08, 2019 3:15 pm Daai Trijicon lyk na die besigheid, ek hou van daai 1 moa kol
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Trijicon SRO
Ja ek kan nie wag dat alles in plek val nie en hom gaan skiet ek het al paar manne se RMR gesien en skoot of twee gevat maar hier die ektrsa venster maak 'n groot verskil en wys ook die blou tint van die glas baie minder.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Trijicon SRO
So bietjie verder terugvoer.
Sover werk alles soos wat ek dit graag wil he en die geweer kombinasie saam die reflex sight werk soos 'n droom.
Darem twee diere omgedop die jaar sebra en rooi hartbees 80 meter en 120meter afstande.
Een Basa skietdag gedoen en alles het seepglad verloop behalwe dat ek nie gekyk het of my BASA ladings selfde POI het as my jag ladings skiet nie.
Sover werk alles soos wat ek dit graag wil he en die geweer kombinasie saam die reflex sight werk soos 'n droom.
Darem twee diere omgedop die jaar sebra en rooi hartbees 80 meter en 120meter afstande.
Een Basa skietdag gedoen en alles het seepglad verloop behalwe dat ek nie gekyk het of my BASA ladings selfde POI het as my jag ladings skiet nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Trijicon SRO
Baie beindruk met die 480gr Woodleigh soft ook maak mooi oop penetreer goed and maak goed skade.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Trijicon SRO
Die hart van die sebra en die streep donkie het nogsteds so 120-150 meter gemaak voor hy finaal gaan le het.
Met die skjoot het hy tot se kniee gesak en ons gedink hy gaan net daar val maar toe het die adrenalien ingeskop en hy is toe weg daar met nog 2 struikel valle voor hy finaal gaan le het.
Vleis skade is minimaal met die groot koeel maar die sagter organe soos long en hart kry maar groot skade spoed is 2170fps met die 480gr Woodleigh.
Met die skjoot het hy tot se kniee gesak en ons gedink hy gaan net daar val maar toe het die adrenalien ingeskop en hy is toe weg daar met nog 2 struikel valle voor hy finaal gaan le het.
Vleis skade is minimaal met die groot koeel maar die sagter organe soos long en hart kry maar groot skade spoed is 2170fps met die 480gr Woodleigh.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Trijicon SRO
Freek
Geluk man! Ek sien jy het hom toe monteer op jou visier basies instede van op jou tweede brug soos vroeer beplan, wat is toe die rede hiervoor?
Groetnis
Wout
Geluk man! Ek sien jy het hom toe monteer op jou visier basies instede van op jou tweede brug soos vroeer beplan, wat is toe die rede hiervoor?
Groetnis
Wout
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Trijicon SRO
Wouter, die grootse rede met die visier basis, die basis nerens heen nie so hy sit solied en tweedens die paar reflex sights wat ek al deur geloer het moet jy partkeer jou kop beweeg om die kol raak te sien die dat myne nog meer vorentoe is kom die kolletjie dadelik op jy kan hom nie mis nie.
Hy is ook laer en die kolletjie is tans 12-14mm rofweg gemeet bo die loop so ek hoef basies glad nie te kompenseer vir naby skote nie.
Laaste is dat ek geen obstruksie het naby die aksie en magasyn nie.
By BASA het ek glad nie probeer om die banne vinnig te skiet nie omdat dit my eerste keer was met die Lott maar tog het alles so vinnig gebeur omdat die teiken so vinnig opkom en ek ook so vinnig kon magasyn optop. Ek het van die vinnigste tyd oor die bane gedoen sonder om te probeer.
Sal net seker maak my geweer se POI is reg die keer en kyk wat gebeur die 17de Oktober.
Reflex basis wat ingly in die visier basis.
Hy is ook laer en die kolletjie is tans 12-14mm rofweg gemeet bo die loop so ek hoef basies glad nie te kompenseer vir naby skote nie.
Laaste is dat ek geen obstruksie het naby die aksie en magasyn nie.
By BASA het ek glad nie probeer om die banne vinnig te skiet nie omdat dit my eerste keer was met die Lott maar tog het alles so vinnig gebeur omdat die teiken so vinnig opkom en ek ook so vinnig kon magasyn optop. Ek het van die vinnigste tyd oor die bane gedoen sonder om te probeer.
Sal net seker maak my geweer se POI is reg die keer en kyk wat gebeur die 17de Oktober.
Reflex basis wat ingly in die visier basis.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Trijicon SRO
Thanx Frekie, maak baie sin. So naby aan oopvisier as wat jy kan kry.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Trijicon SRO
Ja en jy sal tot pikdonker kan skiet solank jy jou teiken kan sien.Wouter Roets wrote: Tue Oct 06, 2020 10:19 am Thanx Frekie, maak baie sin. So naby aan oopvisier as wat jy kan kry.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Trijicon SRO
Daai geweer is 'n yster. Na ek hom geskiet het wil ek net geld uitgee!
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Trijicon SRO
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Trijicon SRO
Opvolg,
My tweede BASA met my roer en dinge lyk baie belowend eerste skietdag was my zero nie 100% nie maar die keer het ek seker gemaak en het 2de plek gevat met meer as 90 skuts.
Almal wat die roer sien skiet en kyk is baie in hulle nopies oor die alles wat in plek val.
Die reflex sights werk dit is vinniger as gewone oop visier.
Iets wat ek wel opgetel het, mense moan sodra hulle die prys oor van so reflex sight maar met Trijicon se lewenslange waarborg het jy iets vir altyd.
Ja hy is kleiner as 'n teleskoop so hoekom duurder dit weet ek ook nie presies hoekom nie maar die goed is gehard en gemaak om te werk.
OP 'n AR of SD moet hy tog jou lewe red en op grootwild kaliber geweer ook hoekom dan goedkoop koop om jou lewe te spaar.
Tong in die kies die goedkoop Moose scopes van Geno is seker die eksepsie.