Geure op: bol VS mielie/tigernut

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Geure op: bol VS mielie/tigernut

Post by TOKELOS »

Maklike vragie:

Sal ek meer sukses he deur bol dips op die bol te gebruik en met skoon mielies/tigers as aas te hengel, of,
Sal ek meer suksesvol wees met skoon bol en gegeurde mielies/tigers?

LW: ek hengel NIE tempo nie- ek soek size!
User avatar
Trompie
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am

Re: Geure op: bol VS mielie/tigernut

Post by Trompie »

Hang maar van dam tot dam af. Daar is nie foolproof metode nie.

Maar dis makliker om deesdae boldips/sprays te koop en gegeurde floaties of mielies of deegies te koop sal ek reken.
Jy kan altyd die boldip spray gebruik op jou aas ook...

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1702
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Geure op: bol VS mielie/tigernut

Post by Vlakvark Soldaat »

Ja nee kyk, vir size gaan jy na die groot damme en diep waters toe moet gaan, en bereid wees om ten minste 2 dae vir n byt te wag. Ek self is nie n kenner nie, maar het al gevind dat die 8kg+ karpe nie op floaties byt nie...

Maar soos Trompie se, dit hang ook af van dam tot dam. Ons was gister bevoorreg om by n gholfbaan se dam vis te vang, en daai visse het nie eers aan die floaties of mieliebom geraak nie, ongeag watse geur ek op daai bom gespuit het, hulle het slegs op die erdwurms gebyt, maar dinge het vinniger begin gebeur toe ek die wurms sommer met fluoro gespuit het... 18 visse in 2 ure, karpe en babers, grootste karpe was om en by 3kg.
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Geure op: bol VS mielie/tigernut

Post by Jake1 »

Trompie wrote: Sat Jan 11, 2020 1:55 pm Hang maar van dam tot dam af. Daar is nie foolproof metode nie.

Maar dis makliker om deesdae boldips/sprays te koop en gegeurde floaties of mielies of deegies te koop sal ek reken.
Jy kan altyd die boldip spray gebruik op jou aas ook...

Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Waar wil jy vang?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: Geure op: bol VS mielie/tigernut

Post by TOKELOS »

Hy Manne!

Julle antwoord nie eintlik my vraag nie - oor ek nie behoorlik verduidelik het wat ek regtig wil weet nie.

ek hengel net sosiaal saam een pel of my seuns.
ek hengel tans skoon - geen geurmiddels, net bom/bol op die sinker en mielie of tiger as aas (hair rig)
ek wil graag net n paar geure aanskaf en nie my vistrommeltjie oorlaai (of vergroot nie.)
ook om dinge eenvoudig te hou (te veel kombinasies van geure uit te skakel) wil ek OF boldips gebruik op die bom/bol, OF gegeurde mielies/tigers
Ek hengel in en om Bloemfontein en minder gereeld Vaalrivier.
Ek gooi in asook vat lyne met bootjie in
ek maak voerplek met particles (my eie resep)
target drop offs/struktuur met FF geidentifiseer

Nou, wat sou jy doen? 5 bol dips aanskaf of 5 gegeurde mielies/tigers?
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 920
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Geure op: bol VS mielie/tigernut

Post by musgrave270 »

Ek sou boldips kies. Kan altyd n paar boilies/pitte/neute dip of inlê in die boldip geur.

Sou die visse meer aktief wees glo ek deur net te dip sou werk. Sou hul minder aktief wees kan dit dalk beter wees om n paar ingelegde ase te gebruik wat die geur vir n langer tydperk sal vrylaat.

Beste is maar om kombinasies te toets en te kyk wat lewer resultate

Gaan vir die botteltjie met die sterkste konsentraat. Partykeer is die boldips vlouer is bv die dip weergawe. Gebruik dan die “dip botteltjie” as boldip. Deesdae verkoop die winkels die sproei nozzels los so dan werk dit lekker maklik om n tradisionele dip te gebruik as n bol dip.

User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Geure op: bol VS mielie/tigernut

Post by Lourens Potgieter »

Tokelos

Die spesie manne met hairrigs hengel meer gegeurde aas as dips.Dips stel geur vinniger en korter vry as die aas, dit lok kleiner vis(waarvan ek hou).Jy wil nie as jy groot vis soek die vis vinnig lok nie, enige dip is weg na 30 minute/uur, met mooi gegeurde tiger/pit/boilie haal jy die volgende dag jou aas uit en kan nog steeds geur ruik.
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1702
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Geure op: bol VS mielie/tigernut

Post by Vlakvark Soldaat »

En daar leer ek ook nog goed. Ek self hou van die boldips/sprays en floaties, ek begin altyd met n plein floatie en skoon mieliebom, maar skakel binne 10mins oor as niks byt nie...
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: Geure op: bol VS mielie/tigernut

Post by TOKELOS »

Verseker Vlakkie, verseker! Ek ook nou weer iets geleer!

Dankie manne!
Post Reply