Page 1 of 2

Europese bosvark resepte

Posted: Mon Mar 16, 2020 9:03 pm
by Pieter_Brink
Ek het 'n Europese bosvark persent gekry. Die hele vark is opgesny in chops. Wat kan mens alles met die vleis doen? Kan jy hom kerrie. Kan jy hom braai. Kan jy 'n stew maak. Kan ek sosaties maak. Moet hy gemarineer word. Help asb. Ek is onkundig.

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Mon Mar 16, 2020 9:25 pm
by jankraay
Braai hom. Jy sal verbaas wees...


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Tue Mar 17, 2020 9:45 am
by Pieter_Brink
Dankie vir die raad. Ek gaan hom braai. Sal maar met 'n paar choppies begin met 'n bietjie braaispeserye.
Pieter

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Tue Mar 17, 2020 12:51 pm
by Hansieslim
My mond water al...

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Tue Mar 17, 2020 8:08 pm
by tripodmvr
Ek sien jy is hier naby my. Ek sal dit met graagte toetsbestuur.

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Tue Mar 17, 2020 10:38 pm
by Lategan1
Europeërs - uiteraard onbekend met braai - maak heerlike bredies/stews/goulash. Google lande soos Duitsland/Frankryk/Poland en veral Hongaarse geregte/goulash met ‘Wild Boar’ en eet dit op die beproefde liplekker wyse met hul onderskeie geurmiddels(veral paprika). My ervaring met braai grens grotendeels aan langtand eet. Deur tjops in souse voor te berei, kan wel werk - pasop vir sous aanbrand en of droog(uitgedroog) braai! Smaaklike ete.

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Wed Mar 18, 2020 2:43 am
by tripodmvr
Soos met enige wildsvleis kan braai resepte te droë vleis lewer.

Waar is Methos? Sal graag sy opinie wil hoor met sy gaarmaak van die Obelix varkies.

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Wed Mar 18, 2020 6:22 am
by DWB
Vra vir Nico Harris, hy verstaan daai varkies

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Wed Mar 18, 2020 2:49 pm
by ruaanb
Kerrie chops!

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Wed Mar 18, 2020 4:41 pm
by Kaalvoetthysie
ruaanb wrote:Kerrie chops!
Daai klink na n plan, gooi daai tjops in n lekker kerrie sous soos wat hulle die sosaties maak


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Wed Mar 18, 2020 5:40 pm
by Methos
Hi

Sien nou eers die topic. Sorry - Werk van huis - werk actually meer van huis as by die werk.

Hang af van ouderdom en geslag van die vark wat jy persent gekry het. Ou bere is maar net goed vir worsmaak - moet hom lekker kruie gooi om sy smaak te verdoesel.

As klaar in tjops opgesny is dan probeer hom braai. As hy te droog is dan weet jy mos. As jy sien dis te droog dan maak jy lekker potjie met hom. Ek het erens 'n resep wat ek geskryf het het vir daube - 'n rooiwyn stew wat baie lekker loop.

Hang ook af van wanneer in die jaar die vark geskiet is - as hy in herfs geskiet is, is hy gewoonlik heelwat vetter as in einde winter.

Ek sal hom soek - jy kan die een aanpas - vervang die bees met vark obviously.

https://www.myrecipes.com/recipe/beef-daube-provenal

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Wed Mar 18, 2020 9:00 pm
by tripodmvr
Daar byt die vis. Dankie Methos.

Vroulief het 'n elektriese drukpot en hy maak baie lekker bredies - dit sorg dan ook dat taai vleis sag word.

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Sat Mar 21, 2020 9:04 am
by Pieter_Brink
Dankie vir al die terugvoer. Dit is 'n vark wat mak grootgemaak is. Die boer het die varke op hok en voer hulle veevoer. Hys geslag en nie geskied nie. Wille smaak grootliks afwesig. Die stew wat ek gemak het smaak lekker en die vleis is sag. Smaak soos skaap. Ek dink die kerrie tjops gaan 'n wenner wees. Dankie nogmaals.
Pieter Brink.

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Sat Mar 21, 2020 4:19 pm
by Cbird
marineer dit met Halls Mango stroop en as jy wil spit braai, moet jy dit met die stroop inspuit en die buitekant met elke inspeksie aan verf

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Mon Mar 23, 2020 12:13 pm
by ruaanb
Klink of jy 'n wenner beet het.

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Mon Mar 23, 2020 1:09 pm
by Methos
Hier is my resep - Sorry dis in Engels maar skryf dit vir ander audience.

viewtopic.php?f=121&t=76833

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Tue Mar 24, 2020 8:18 pm
by Trompie
Ek koop altyd die chops en rashers by ander boer wat ek ken. Dan gooi ons daai rashers jimmy sous en braai hom. Daai rashers sal manne laat vuis slaan vir die laaste een in die bak. Vrek lekker!

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: Europese bosvark resepte

Posted: Tue Mar 24, 2020 9:13 pm
by tripodmvr
Jimmy sous ???????

Methos, ek hou van jou resep met die baie alternatiewe. Stoompot, stadige koker of oondpan en hulle werk.

Europese bosvark resepte

Posted: Tue Mar 24, 2020 9:58 pm
by Kaalvoetthysie
Jimmy sous werk bitter lekker. My een vriend het n spit resep waarin hy dit gebruik en dit is n wenner.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Wed Mar 25, 2020 5:08 am
by tripodmvr
Google het my 'n idee gegee wat Jimmy sous is.

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Wed Mar 25, 2020 12:55 pm
by Johan Nel
Ek het so bietjie van onse eie land se bosvarkvleis wat ek nou gaan probeer tydens ons lockdown

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Wed Mar 25, 2020 2:00 pm
by tripodmvr
Johan, terugvoering asb., maar post net na etenstye sodat ons nie te honger word nie.

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Tue Mar 31, 2020 9:15 pm
by Lategan1
Aandete is verby, enige terugvoering?

Beste.

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Wed Apr 01, 2020 8:38 am
by Johan Nel
Nog nie gemaak nie. Sal laat weet sodra ek gemaak het.

Re: Europese bosvark resepte

Posted: Sun May 31, 2020 8:27 am
by Lategan1
Johan?

Beste.