Page 1 of 4

EASY ANNEAL MASJIEN

Posted: Thu Mar 19, 2020 7:50 pm
by LoopSoosStroop
Goeienaand Manne

BLOK ENG maak en bemark nou ons eie EASY ANNEAL uitgloei masjiene. Ons strategie is om 'n bekostigbare produk te verskaf en sodoende almal die geleentheid te gee om hulle eie kwaliteit uitgloei masjien te besit.

Volg asb die onderstaande YOUTUBE skakel om te sien hoe die majien lyk en werk:

https://www.youtube.com/watch?v=D2TghqEKuLM&t=18s

Ons nuutste weergawe van die masjien het 'n effens vergrote kapasiteit en die onderste wiel draai ook twee keer vinniger as die weergawe in die video. Die afwerking is ook aansienlik beter.

Die EASY ANNEAL masjien verkoop vir R3700 en koerier landswyd via Courier Guy is R100. Insgesluit saam met die masjien kom 'n gas brander en as die masjien kan afhaal in Randburg kry jy 'n gas "canister" ingeluit (kan ongelukkig nie gas "canisters" koerier nie).

Kontak ons gerus om jou masjien te bestel.

BE.JPG
Baie dankie en groete

Pieter

EASY ANNEAL - WARRANTY, SERVICE AND ADJUSTMENT.pdf

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Thu Mar 19, 2020 8:56 pm
by Jacques1988
PM gestuur. Sit asseblief my naam op een van die 13 in voor raad masjiene. Dankie!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Thu Mar 19, 2020 9:12 pm
by LoopSoosStroop
Jacques1988 wrote: Thu Mar 19, 2020 8:56 pm PM gestuur. Sit asseblief my naam op een van die 13 in voor raad masjiene. Dankie!
Baie dankie Jacques, ek het vir jou 'n epos gestuur soos gevra.

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Fri Mar 20, 2020 11:48 am
by WitWillem (Charl)
netjies... sal hy werk met 'n 375CT en 50 cal dop?

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Fri Mar 20, 2020 1:15 pm
by LoopSoosStroop
WitWillem (Charl) wrote: Fri Mar 20, 2020 11:48 am netjies... sal hy werk met 'n 375CT en 50 cal dop?
50 BMG is te groot, sy deursnee is 20 mm by die rim, die cutout op die masjien is 16 mm.

As jy 375 CT wil gloei kan ek die coutout bietjie oopmaak.

Hy is maar eintlik gesize vir 338 Lapua as grootste, 15.5 mm rim deursnee.

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Fri Mar 20, 2020 1:40 pm
by WitWillem (Charl)
dankie ek gee so deur vir 'n vriend wat anneal masjien soek

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Mon Mar 23, 2020 11:04 am
by Capt. Yoda
Netjies

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Thu Apr 23, 2020 3:12 pm
by WitWillem (Charl)
vir jou 'n email gestuur

LoopSoosStroop wrote: Fri Mar 20, 2020 1:15 pm
WitWillem (Charl) wrote: Fri Mar 20, 2020 11:48 am netjies... sal hy werk met 'n 375CT en 50 cal dop?
50 BMG is te groot, sy deursnee is 20 mm by die rim, die cutout op die masjien is 16 mm.

As jy 375 CT wil gloei kan ek die coutout bietjie oopmaak.

Hy is maar eintlik gesize vir 338 Lapua as grootste, 15.5 mm rim deursnee.

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Fri Apr 24, 2020 8:54 am
by LoopSoosStroop
WitWillem (Charl) wrote: Thu Apr 23, 2020 3:12 pm vir jou 'n email gestuur
Dankie Charl, ontvang.

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Fri Apr 24, 2020 10:42 am
by LoopSoosStroop
Goeiemore Vriende.

Ongelukkig lyk dit vir my asof al die masjiene in hierdie "batch" reeds eienaars het. Ek sal laat weet as daar masjiene beskikbaar word, en ons begin ook intussen bou aan 'n nuwe klompie.

Dankie vir almal wat wag vir hulle masjiene as gevolg van die lockdown, hopelik kan hulle binnekort uitgaan.

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Fri Apr 24, 2020 11:15 am
by Willeboer
Ek sal een vat van jul volgende batch.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Thu Jun 11, 2020 5:54 pm
by geelslang
Is daar al weer van die masjiene beskikbaar?

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Thu Jun 11, 2020 7:31 pm
by LoopSoosStroop
geelslang wrote: Thu Jun 11, 2020 5:54 pm Is daar al weer van die masjiene beskikbaar?
Ongelukkig nie...ons wag nog vir parte van oorsee en met hierdie Kung Flu wat die rondte doen is alles verskriklik stadig. Kan ongelukkig nie 'n datum op oomblik gee wanneer ons weer gaan vooraad he nie.

Kan ek jou naam op die waglys sit? Dan laat weet ek as hulle reg is.

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Fri Jun 12, 2020 7:57 pm
by Wouter Roets
Blikkies Pieter, hierdie lyk nou na n bitter nice stukkie gereedskap vir n derde van die prys wat ek betaal het vir myne by die groot winkel. Sterkte met die verkope en ek hoop julle verkoop sommer nog n horde van hulle.

Groetnis
Wouter

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Thu Jun 25, 2020 8:05 pm
by LoopSoosStroop
Wouter Roets wrote: Fri Jun 12, 2020 7:57 pm Blikkies Pieter, hierdie lyk nou na n bitter nice stukkie gereedskap vir n derde van die prys wat ek betaal het vir myne by die groot winkel. Sterkte met die verkope en ek hoop julle verkoop sommer nog n horde van hulle.

Groetnis
Wouter
Dankie Wouter, waardeer, ek sien nou eers hierdie plasing.

As ek net kan voorbly om die goed te maak!

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Sun Jul 05, 2020 7:50 pm
by LoopSoosStroop
Goeienaand manne.

Ek het een masjien wat reg is om uit te gaan, en nog een wat sal reg wees teen Woensdag oggend.

Sien aangeheg die nuutse advertensie blaadjie vir die Easy Anneal masjien.

Kontak my gerus indien jy vrae het of 'n bestelling wil plaas.

Baie dankie en groete

Pieter
068 541 0462

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Sun Jul 05, 2020 8:09 pm
by Carlc
Naand Pieter
Sal hierdie masjien n 6.5 grendel kan anneal.

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Sun Jul 05, 2020 8:12 pm
by Ranger
I bought a very early model from Pieter last year and I was impressed at the thought and workmanship that went into the product. I had an issue with the rotation of the case recently and contacted Pieter to find out what I could do to fix it. He said to ship it back to him (he even arranged the courier) and he has upgraded it to his latest design including the digital speed readout at no charge to me. Looking forward to getting the machine back this week. Thanks Pieter for the great service.

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Sun Jul 05, 2020 8:27 pm
by LoopSoosStroop
Carlc wrote: Sun Jul 05, 2020 8:09 pm Naand Pieter
Sal hierdie masjien n 6.5 grendel kan anneal.
Die nuwe masjiene gaan met 'n "short case adaptor" kom vir die kort outjies soos die Grendel, 6 BR, 7.62x39 ens. Ek moet net die finale toets doen Dinsdag dan sal hulle reg wees. Sal bietjie fotos laai van hoe dit lyk.

Die "adaptor" sal ook op die ou masjiene pas met net twee gaatjies wat mens moet boor en skroefdraad tap. Vir kliente met 'n ouer masjien wat 'n "adaptor" benodig sal ons gratis een verskaf as die klient net asb. die koerier dek.

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Sun Jul 05, 2020 8:34 pm
by Carlc
Dankie vir die terugvoer. As dit goed afloop met die toets en dit werk sal ek n masjien vat. PM as dit werk dan praat ons verder.

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Sun Jul 05, 2020 9:10 pm
by LoopSoosStroop
Carlc wrote: Sun Jul 05, 2020 8:34 pm Dankie vir die terugvoer. As dit goed afloop met die toets en dit werk sal ek n masjien vat. PM as dit werk dan praat ons verder.
Ek maak so, die tweede een is nog beskikbaar, ek hou hom vir eers uit vir jou.

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Sun Jul 05, 2020 9:26 pm
by Carlc
Baie dankie Pieter.

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Sun Jul 05, 2020 9:31 pm
by dennisinpe
Hallo Pieter,
Ek sal een vat asb sodra jy reg is.
Groete daar

Sent from my SM-A505F using Tapatalk


Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Mon Jul 06, 2020 7:01 am
by LoopSoosStroop
dennisinpe wrote: Sun Jul 05, 2020 9:31 pm Hallo Pieter,
Ek sal een vat asb sodra jy reg is.
Groete daar
Baie dankie dennisinpe

Die twee masjiene is sover "spoken for". Ons gaan so middel/einde volgende week weer 'n paar klaar he. Ek laat weet jou sodra hulle reg is.

Lysie sover:

1. Danielkrynauw
2. Dennisinpe

Re: EASY ANNEAL MASJIENE

Posted: Mon Jul 06, 2020 9:05 am
by Swede
Myne in die week gekry werk soos 'n droom of eerder dit loop soos stroop!