Probleemdier beheer onder Vlak 4
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Probleemdier beheer onder Vlak 4
Volgens n nuusbrief van die SA Jagters het die minister het nou meer duidelikheid oor die beheer van probleem diere soos varke en duiwe gegee.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Probleemdier beheer onder Vlak 4
Geagte SA Jagters Lede
Beheer van skadeveroorsakende diere op vlak 4 van die inperking
Ná Dinsdag 19 Mei se baie positiewe vergadering met Min Creecy (Minister van Omgewingsake, Bosbou en Visserye) met die jagbedryf, waarin SA Jagters ook verteenwoordig was en sterk leiding geneem het, het daar meer duidelikheid gekom oor die beheer van skadeveroorsaakende diere byvoorbeeld duiwe en wildevarke tydens vlak 4 van die inperking.
Volgens die regulasies van toepassing op Vlak 4 van die inperking hier beskikbaar is die beheer van skadeveroorsaakende diere toelaatbaar onderhewig aan sekere voorwaardes soos uitgespel in Aanhangsel 2 (bl 15 - 27). Neem asseblief kennis dat dit nie jag as sport, ontspanning of verbruiksjag is nie. Moenie die fout maak om een ding te probeer voorgee as `n ander nie.
Ons sou voorstel dat u die volgende dokumente by u het indien u so `n aktiwiteit sou onderneem:
`n Afskrif van die grondeienaar se geldige CIPC of ander permit wat bevestig dat hy/sy `n noodsaaklike diens lewer
Volledig voltooide rampbestuurpermit. Kopie hier.
Geldige jaglisensie vir die betrokke provinsie van toepassing op die skadeveroorsaakende spesies indien van toepassing. Hier beskikbaar as opsomming van jagregulasies per provinsie.
Aanstellingsbrief of permit vanaf die grondeienaar wat u magtig om bogenoemde aktiwiteit te mag uitvoer.
Volgens die regulasies mag u:
Skadeveroorsaakende diere jag tussen 05:00 en 20:00 (dus mag jy nie jag tydens die aandklokreël wat van 20:00 tot 05:00 geld nie)
oorslaap indien die rampbestuurpermit dit magtig, onderhewig aan die gesondheids-, veiligheids en ander voorskrifte soos vervat in die regulasies wat die sosiale distansiëring en die dra van gesigsmaskers in openbare plekke ten alle tye insluit.
Ons stel voor dat u liewer nie oor provinsiale grense reis nie om die verspreiding van die virus te beperk.

Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- Willie
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Re: Probleemdier beheer onder Vlak 4
Dit gaan maar sukkel om jakkals te jag en voor 20h00 weer by die huis (of oorslaap plek) te wees of is daar nou weer 'n MAAR .... ?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Probleemdier beheer onder Vlak 4
As ek mens kyk na die sinnelose verbanning van drank en sigarette dan is dit te verstane dat ander regulasies net so swak opgestel word. Ek sien Cele wil nou die roker op straat 'n krimineel maak deur te eis waar hy die sigaret gekry het. Belaglik. Die polisie en weermag beweeg rond. Pleks hulle identifiseer waar hulp nodig is sodat mense nie hongerly nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br