Hoor ons en gebruik ons die Heilige Gees wat in ons woon soos God se Wil ons leer om dit te doen?Oggend Boodskap, Dinsdag, 2 Junie 2020 - Ds Hettie Wessels -
Lank, lank gelede het ‘n slim Oom my getoets en gesê ek is Wiskundig aangelê en ‘n goeie kandidaat vir ingenieurswese.
Die skok toe ek ‘n dominee wou word was groot, ‘n meisie uit die Bosveld in die vroeë negentigs.
My ouers het my na die wonderlikste Dominee en rolmodel geneem om te hoor of dit moontlik en goed is.
Is dit aan te beveel? Sou ek die Grieks en Hebreeus baasraak. Sou ek ooit eendag werk kan kry?
Ses jaar se studiegelde. Die onbekende het ons almal skrikkerig gemaak.
Tot vandag toe sou ek nou nie juis myself beskryf as ‘n taalkundige reus nie, maar God se verstaan gaan verder as taal.
Onthou jy die mense in Genesis wat vir hulself ‘n toring tot aan die hemel wou bou, omdat hulle nie van mekaar wou
wegtrek nie?
Dan kom God af om te kyk wat hulle doen. Natuurlik is God oral, maar die skrywer verwys spottenderwys na God wat afkom
om na hulle kastige hoë toring te kyk. En dan verwar God hulle om aan elkeen sy eie taal te gee sodat hulle mekaar nie kan verstaan nie.
‘n Babelse verwarring by die toring van Babel.
In Handeling 2 is daar ‘n klomp mense bymekaar. Hulle praat verskillende tale. En dan kom God in die Gees en ewe skielik verstaan hulle mekaar.
God kom af, maar nie om mense uit mekaar te jaag nie, maar om binne-in mense te kom woon.
Ewe skielik is daar ‘n onderlinge verbondenheid, hulle eet saam en bid saam. En nou word hulle deur die Gees in beweging gebring juis om na die uithoeke van die aarde te beweeg. ‘n Eensgesindheid in Jerusalem.
Vandag nog hoef jy nie iemand se taal te kan verstaan as daardie persoon die Gees van God in hom of haar het nie. Dieselfde Gees vertaal die verwarring in liefde en omgee.
TEKS: Genesis 11 Die Toring van Babel
Handelinge 2
GEBED: Dankie Here dat U taal mense oor kulture en grense saambring.
Breek asseblief ons vooropgestelde idees en voor- en afkeure af.
Help ons om met U oë te kyk en U ore te luister.
Amen.
‘n Eensgesindheid in Jerusalem.
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1247
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
‘n Eensgesindheid in Jerusalem.
Last edited by TFDADD on Tue Jun 02, 2020 7:44 pm, edited 1 time in total.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
-
6.5/284Norma
- Hero Member

- Posts: 1728
- Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am
Re: ‘n Eensgesindheid in Jerusalem.
Amen!
I'd rather be hunting!
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
-
partner
- Hero Member

- Posts: 982
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: ‘n Eensgesindheid in Jerusalem.
Baie dankie.
- 6mmMusgrave
- Hero Member

- Posts: 1033
- Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
Re: ‘n Eensgesindheid in Jerusalem.
Baie dankie. Amen
- berno
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Wed Dec 07, 2016 1:55 pm
Re: ‘n Eensgesindheid in Jerusalem.
Dankie
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
