Page 1 of 2
Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Mon Jun 08, 2020 11:17 am
by win270
Goeiedag almal,
Gedurende laat Oktober 2018 was daar planne deur Koos Barnard om 'n artikel oor bogenoemde in SA Jag / Hunt te publiseer.
Wie het dalk 'n kopie beskikbaar van die uiteindelike artikel in SA Jag / Hunt wat julle bereid is om aan my te stuur? Sal waardeer as iemand kan help.
Groetnis en dank by voorbaat.
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Mon Jun 08, 2020 11:28 am
by J le Roux
.270? Dit was seker 'n BAIE omstrede artikel gewees. Miskien gesensor?
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Mon Jun 08, 2020 11:31 am
by win270
Ja-ja . . . geweet julle manne sal weer stories hieroor kwytraak.
Gesensor of nie, ek sal dit graag wil lees.

Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Mon Jun 08, 2020 1:30 pm
by jdpretorius
win270 wrote: Mon Jun 08, 2020 11:31 am
Ja-ja . . . geweet julle manne sal weer stories hieroor kwytraak.
Gesensor of nie, ek sal dit graag wil lees.
Dit is tog mos net jaloesie wat soo maak .......nie almal het die ghoene om 'n 270 te trotseer nie

Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Mon Jun 08, 2020 2:00 pm
by Carl
Dit is omdat daar soveel waarhede en bewese feite saamgevat moes word dat dit nie maklik was om alles in een artikel te kry nie. Ek het gehoor dit sou 'n 3 deel reeks wees.
Jack O'Connor was immers een van die groot Amerikaanse jagters.
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Mon Jun 08, 2020 2:08 pm
by B-Vista
Daar is nou 'n artikel oor die .270 in SA Jagter deur Koos
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Mon Jun 08, 2020 2:33 pm
by win270
B-Vista wrote: Mon Jun 08, 2020 2:08 pm
Daar is nou 'n artikel oor die .270 in SA Jagter deur Koos
Watter maand / jaar se uitgawe asb?
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Mon Jun 08, 2020 3:16 pm
by Koos Barnard
win270
Dis in die Junie-uitgawe wat nou op die rakke is. Carl jou ore het verkeerd gehoor. Daar was nooit sprake van 'n reeks artikels nie. Ons wil nie die .30-06 Ruger Nr 1-manne en ander te veel sooibrand gee nie. Van hulle is al oud en kan nie soveel trauma verduur nie... hê-hê!!!!
Mooi loop
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Mon Jun 08, 2020 3:39 pm
by tripodmvr
Sooibrand - ek het Rennies.
Dit is daardie bloedswam van die snotkokers tot by die foefenjorts met 'n bladskoot wat my bedenkinge gegee het.
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Mon Jun 08, 2020 3:44 pm
by Koos Barnard
Nie nodig vir bladskote as jy KAN SKIET NIE.
OF laai net die regte koeëls.
OK voor jy 'n Rennie vat Marius... sommer grappies.
Mooi loop
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Mon Jun 08, 2020 4:55 pm
by Viking
Koos Barnard wrote: Mon Jun 08, 2020 3:44 pm
Nie nodig vir bladskote as jy KAN SKIET NIE.
OF laai net die regte koeëls.
OK voor jy 'n Rennie vat Marius... sommer grappies.
Mooi loop
Nie nodig vir bladskote as jy KAN SKIET NIE.
Koos gooi vir jouself 'n dubbelle BEL'S!!!
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Mon Jun 08, 2020 5:32 pm
by B-Vista
My seun skiet 'n Sako .270 wat hy by my Pa geerf het en het nog nooit bloedvleis gehad nie.
Hy maak soos Koos daar se
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Tue Jun 09, 2020 5:33 am
by Klein Chris
B-Vista wrote: Mon Jun 08, 2020 5:32 pm
My seun skiet 'n Sako .270 wat hy by my Pa geerf het en het nog nooit bloedvleis gehad nie.
Hy maak soos Koos daar se
Dit gebeur as jy net net bo oor die bok skiet en die skok golf breek sy rug of nek - geen bloedvleis
Selfde soos wanneer ek gaan jag met die voorlaaier. Bok is mors dood, geen merk op nie. Dink die bok het versmoor in al die rook en vrot eier reuk

Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Tue Jun 09, 2020 9:36 am
by B-Vista
Klein Chris nou besing jy die .270 met daai stelling

Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Tue Jun 09, 2020 10:00 am
by Wouter Roets
Boys
Het ons nie al genoeg gesuffer in 2020 nie?
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Tue Jun 09, 2020 10:27 am
by jdpretorius
LMGA.....maar ons vat mos als deesdae weer met 'n sappie.....wel seker nog die week
If you cant beat them, join them

Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Tue Jun 09, 2020 1:36 pm
by Capt. Yoda
Ek dink dit was na die artikel wat hulle onthou het Oom Koos moet nou aftree
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Tue Jun 09, 2020 1:54 pm
by win270
Interessant dat die .30-06 aanhangers nie iets hier kwytraak n.a.v. die artikel nie. Gaan lees gerus.
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Tue Jun 09, 2020 2:01 pm
by Lategan1
win270 wrote: Tue Jun 09, 2020 1:54 pm
Interessant dat die .30-06 aanhangers nie iets hier kwytraak n.a.v. die artikel nie. Gaan lees gerus.
Dit is lekker om stertjies en volrondgeid by te las by die .270!! Dit is soos ‘n temperamentele dame wat jou op jou tone hou, altyd onseker watter kant toe!!!
Die 30.06 is ou vaaljan, gemaak en laat staan.
Beste.
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Tue Jun 09, 2020 4:55 pm
by Koos Barnard
Kaptein ja, die artikel het so 'n depressie onder die .30-06 se aanhangers veroorsaak dat Media24 bang was hulle word gedagvaar vir een of ander aanspreeklikheid as die manne iets onbesonne aanvang. Toe fire hulle my maar.
Terloops ek het in Januarie 'n .30-06-loop gekoop vir die Blaser... nou wag ek net vir die SAPS om hulle kant te bring.
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Wed Jun 10, 2020 8:43 am
by Capt. Yoda
So Oom het nou 2 x 30.06e? Nou praat ons
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Wed Jun 10, 2020 9:11 am
by Koos Barnard
Ek wens ek kan sê ek het al twee maar CFR is so damn stadig, ek weet nie wanneer ek die lisensie gaan kry nie. Al Januarie ingedien.
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Wed Jun 10, 2020 9:29 am
by Basjan123
Lategan1 wrote: Tue Jun 09, 2020 2:01 pm
win270 wrote: Tue Jun 09, 2020 1:54 pm
Interessant dat die .30-06 aanhangers nie iets hier kwytraak n.a.v. die artikel nie. Gaan lees gerus.
Dit is lekker om stertjies en volrondgeid by te las by die .270!! Dit is soos ‘n temperamentele dame wat jou op jou tone hou, altyd onseker watter kant toe!!!
Hierdie is hoe ek altyd gevoel het as my 270 my rongefoeter het op die baan.......Gelukkig of Ongelukkig is haar loop nou moeg en ek gaan my horisonne verbreed, vaarwel my temperamentele dame !!

Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Wed Jun 10, 2020 9:38 am
by Koos Barnard
Ek het tot twee jaar gelede nie 'n .270 besit nie en het nie enige ondervinding met 'n verskeidenheid gewere in .270 Win nie. Tog ken ek 'n paar manne wat .270's het en hulle gewere is glad nie temperamenteel nie; hulle skiet waar die manne mik. My Blaser het ook glad nie geite nie. Nou wonder ek of dit die kaliber is of die geweer wat gebruik word.
Mooi loop
Re: Artikel oor .270 Winchester kaliber - SA Jag / Hunt
Posted: Wed Jun 10, 2020 10:38 am
by Capt. Yoda
Koos Barnard wrote: Wed Jun 10, 2020 9:11 am
Ek wens ek kan sê ek het al twee maar CFR is so damn stadig, ek weet nie wanneer ek die lisensie gaan kry nie. Al Januarie ingedien.
Nou kan Oom die 1 met 130gr koele laai en die ander 1 met 180s en dan die 270 smous