Kan die QL manne my dalk raad gee vir 130gr Barnes TSX in 'n Browning X-bolt?
Kaliber: 308Win
Koeël: Barnes TSX
Koeël gewig: 130gr
Dop: Lapua
H2o: 57,6gr
Slagdop: CCI BR2
TPL: 71,84mm
Magasyn kas Lengte: Genoeg
Loop Lengte: 22" (1:12 twist)
Kruit: S335
Met 46,5gr S335 en CCI BR primer het ek gemiddelde spoed van 3072fps (ES=35) gemeet. Dit is 'n lading wat ek met die Optimum Charge Weight metode ontwikkel het en toon geen teken van druk nie. Dit mag dalk aan die warm kant wees.
Ek wil eerder 'n bietjie minder spoed hê.
308 Met 130gr Barnes TSX
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 308 Met 130gr Barnes TSX
Ek het bykans dieselde data gestoor en wil 2 dinge uitwys :-
1. TPL is lank en druk is hoog - hoe vêr is jy van die lande en is dit 'n bootstert koeël. As dit is sou ek 3mm dieper indruk om behoorlike greep te kry.
2. Jou vorige dopvolume was 56,7gr en nou 57,6gr - watter een is reg
Chrony op 5m of ander meetmetode?

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 721
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: 308 Met 130gr Barnes TSX
Dankie Marius,
1. Met die lengte van 71.84mm is ek 1.68mm van die lande af, dit is 0.48mm langer as die COAL soos aangedui in die Barnes handleiding. Die koeël is 'n effense bootstert.
2. Die volume is 57.6gr.
3. Chronograaf (Pro Chrono) op 5m.
1. Met die lengte van 71.84mm is ek 1.68mm van die lande af, dit is 0.48mm langer as die COAL soos aangedui in die Barnes handleiding. Die koeël is 'n effense bootstert.
2. Die volume is 57.6gr.
3. Chronograaf (Pro Chrono) op 5m.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 308 Met 130gr Barnes TSX
Jou dopnek het baie min greep op die koeël. (3.7mm). Daarom my aanbeveling van 'n TPL van 69mm. Dit is 'n jaglading.
Jy is styf in die rooi in met die' lading van 46,5gr en die brandtempo is hoog.
My aanbeveling. Verkort die TPL na 69mm en kyk wat 44gr spoedgewys doen. Twee of 3 skote is genoeg en kyk of hulle naby mekaar val.
Jy is styf in die rooi in met die' lading van 46,5gr en die brandtempo is hoog.
My aanbeveling. Verkort die TPL na 69mm en kyk wat 44gr spoedgewys doen. Twee of 3 skote is genoeg en kyk of hulle naby mekaar val.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 721
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: 308 Met 130gr Barnes TSX
Dankie Marius,
Maak so.
Maak so.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: 308 Met 130gr Barnes TSX
Ek gebruik nie QL nie en werk maar my ladings uit op die ou metodes. Wat ek wel opmerk is dat die lading van 46,5 grein hoër is as die Somchem maksimum aanbevole lading vir 'n 110gr TSX wat 46 grein is. Met 'n 20% swaarder koeëlpunt sal ek subtiel vir skuiling gaan soek as daardie toetsrondtes afgevuur word.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 308 Met 130gr Barnes TSX
https://www.somchemreload.com/search?c=10&f=118
Sien hulle het 71,12mm gebruik met die 130 TSX. Hulle skiet egter met 'n enkelskoot proefloop wat 24 duim lank is, so spoed met 22 duim moet minder wees. Die TPL is nie vir hulle belangrik nie, die koeël moet net vasgehou word. In 'n jagsituasie moet jou patrone maklik kamer en die koeël so vashou dat dit nie affekteer word deur die kamerproses of as dit uit jou hand val nie. Daarom my 69mm voorstel.