GRT Sebert factor

Post Reply
User avatar
dennisinpe
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm

GRT Sebert factor

Post by dennisinpe »

Naandsê

Hoeveel manne het al met die Sebert factor gespeel op GRT?
Nà maande se rondtas het ek die vlg op The High Road raakgelees:
0.4 Highly improved calibres, eg 6mm Dasher
0.45 Improved calibres, eg WSMs
0.5 typical shoulders like 308
0.55 old type shoulder like 30-06
0.6 high slope shoulders, eg 300HH
0.65 ghost shoulders like 375HH
0.7-0.75 straight wall

Werk enigeen met hierdie faktore?
Wat is daar in QL wat soortgelyk is?

Sebert faktor is klaarblyklik n funksie van skouerhelling, asook dopdeursnit vs loopdeursnit. Dit dui aan hoeveel energie gemors word om dryfmiddel in loop af te blaas vs die ideaal van volle ontbranding in die dop.

Die bietjie wat ek daarmee gespeel het verander dit die OBT en node genoeg om mens te laat rondtas.

Hoor graag hoe ander manne dit hanteer.
Ek het nou op my 308NM op 0.45 besluit en sal graag hoor hoe dit in QL hanteer word.

Vanuit n koue nat PE

Sent from my SM-A505F using Tapatalk

User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: GRT Sebert factor

Post by Kallie Fernhout »

Luister saam
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GRT Sebert factor

Post by Wouter Roets »

As ek so luister is dit niks anders as die WF in QL nie. Daar is n al baie hieroor gepraat op die forum. Jy moet baie mooi weet wat jy doen in interne balistiek alvorens jy daaraan verander.

Groetnis
Wouter
User avatar
dennisinpe
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm

Re: GRT Sebert factor

Post by dennisinpe »

Dankie Wouter, ek het so bietjie gaan soek en ook op jou skrywe oor WF afgekom.
Ek lei af QL gee 'n WF faktor per kaliber. Die probleem is dat GRT dit nie doen nie en slegs werk op die verstekwaarde van 0.5.
Die lysie van faktore in my oorspronklike pos is al info wat ek daaroor kon opspoor maar hoe akkuraat dit is weet ek glad nie - virseker is ek ook nie 'n interne ballistiese spesialis nie.
Die (klein) probleem is dat as mens die Sebert factor met 0.1 aanpas (bv 0.5 na 0.6) en die verbrandingsfaktore kalibreer, skuif die nodewaarde so 30 to 40 vps. Vir my as net 'n jagskut is dit nie 'n probleem nie.
Ek wou maar hoor by die QL manne hoe hulle maak, maar ek sien die manne wil nie hul tone in hierdie poel druk nie.
Dit is egter dan nie 'n probleem in QL as die WF faktor per kaliber voorsien word nie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GRT Sebert factor

Post by Wouter Roets »

Dennis

Oor die algemeen is QL se default waarde ook 0.5 ongeag die rondte se eienskappe. Dit is net hier en daar waar QL n ander default waarde het. Die probleem met verstellings aan die WF waarde is nie net dat jou barreltime verander en dus jou nodespoed nie, maar ook dat druk dramaties kan verander. Dit is veral waar hy afneem waar my kommer le. Hierdie was en is my groot probleem waar daar voorgestel was dat n mens van Pierre van der Walt se model gebruik maak.

Persoonlik verander ek net daaraan as ek fisiese gemete druktoetse het gepaardgaande met al die nodige informasie of as ek n ladder of OCW resultaat het wat vir my duidelik die nodes van n geweer wys. Die probleem hiermee is is dat die WF syfer dan net van toepassing is vir daai spesifieke geweer en nie noodwendig gaan geld vir dieselfde rondte in n ander geweer nie. n Mens kan wel n tendens begin sien sou jy met n paar soortgelyke resultate sit. Deur n klomp herlaai informasie van handleidings te gebruik kan ook help, maar die grootste probleem hiermee is dat daar bitter selde dopkapasiteit informasie deurgegee word.

As n mens al hierdie in ag neem sal jy verstaan hoekom ek aanbeveel dat n mens altyd fisies om jou voorgestelde nodespoed toets om sodoende jou werklike node te kry. Hierdie metode maak juis voorsiening vir al die veranderlikes wat ons nie altyd reg kry met die programme nie.

Groetnis
Wouter
Post Reply