9mm herlaai rondtes

Post Reply
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

9mm herlaai rondtes

Post by HJA »

Goeie more,

Ek vra hulp asb.
Ek herlaai my 9mm para met 124gr punte.
Die klaar gelaaide rondtes word dikker by die voor punt na die bullet seating.
By cast bulle wil die ronte kamer nie.
Dit is effens dukker tot waar die expander lyn stop.

Dankie
Henk
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: 9mm herlaai rondtes

Post by THOMAST »

Henk, het jy al jou 9mmP se loop binnedeursnit (sg "bore") gemeet?
My Browning HP se loop dimensie het 0.358" gemeet. Ek het my eie koeëls gegiet en gesize op 0.358" Die gelaaide patrone het soos miniatuur Coke botteltjies gelyk.
Wat is jou Lood koeëls se deursnit? Gewoonlik is dit 0.356" ek het al 0.357" ook op die rakke gesien.
Neem 'n pas ge"size"de dop (net die dop) en kyk hoe pas hy in die kamer.
Baie keer word die dop se bek te veel gerek met die "expander die" sodat die koeël makliker ingedruk kan word- hy moet net genoeg gerek word sodat die koeël in die dop se bek sal pas sonder om 'n bietjie lood van hom af te skil.
Die "Seating die" het dan ook 'n sg "roll crimp" groef ingebou om die bek van die dop weer toe te maak , ek sal dit egter nie gebruik nie, eerder belê in 'n "Taper crimp die". Dit is dan belangrik dat al die doppe dieselfde lengte moet wees om egalige krimp toe te pas.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: 9mm herlaai rondtes

Post by Toxxyc »

Onthou die 9mm is nie 'n "straight walled" dop nie. Hy taper. Baiekeer is die "dip" in die middel van die dop totaal en al normaal. Ek het al Federal fabrieksammo langs mekaar gesit dan sien mens ook so gap tussen die rondtes in die middel van die doppe. Dis normaal.

Die feit dat hulle nie seat nie is 'n ander probleem. Het hy 'n factory crimp die? Dit behoort die probleem op te los. As dit nie, dan is daar 'n ander probleem. As hulle nie chamber nie glo ek nie dis 'n bullet probleem nie, maar 'n dop probleem. SAAMI spec vir 9mmP is .355" vir die bullet, en amper-amper .380 vir die dop se opening (die buitedimensies van die dop), so behalwe as jou koeëls so vet is beteken dit jou doppe is te groot - nie die cast bullet nie.
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

Re: 9mm herlaai rondtes

Post by HJA »

Hallo almal,

Ek sal graag die fotos wil op laai maar nie n idee hoe nie.
Dit is dieselfde dope vir die cast bullets en gekoopte bullets.

My die stel is RCBS

Henk
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: 9mm herlaai rondtes

Post by OosKaapJagter »

Elke keer wanneer dit met my gebeur, gaan ek doodeenvoudig terug na die matryse se opstellingsinstruksies. Dit is amper elke keer die probleem. Sodra jou handwapen se rondtes reg is, is 'n mens geneig om dit net so te los. Met gereelde omruiling van matryse gebeur dit dat die matryse nie meer reg opgestel bly nie.

When all else fail, read the instructions!!!

Ek laai meestal 124gr vir die 9mm en vind dat gewone loodkoeëls, die CMJ van Frontier en die Smartie koeëls ewe goed werk. Daardie gekleurde smartie koeëls met die plastieklagie om vereis net dat jy die dop effens meer moet "flare" voor die laaste stap, anders skil die plastieklagie gedeeltelik af.

Belê in 'n "cartridge gauge" vir die 9mm. Rondtes wat los daarin pas gee nooit steurings nie. Die wat effens stywer pas, pas gewoonlik nog maklik in die loop. Die wat nie daarin pas nie druk ek nog so slag deur die "seating die" en as dit steeds die toets dop, gaan hulle in my probleem sakkie. Dit is gelukkig baie min; miskien so een of twee uit 'n honderd. Hulle kan steeds geskiet word mits dit in die kamer pas, maar dit is die rondtes wat steurings kan veroorsaak.
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: 9mm herlaai rondtes

Post by Aceofspades »

Henk

Sover ek kan dink kry jy die koeldrankbottel effek agv te veel size.

Draai jou sizing die so 1 volle draai uit sodat die dop nie so erg taper nie.

As jy praat van dat jou patrone nie kamer met cast koëels nie kan ek aan drie dinge dink.

1. Jy flare nie. So, as jy die cast koëel insit skil die dop die lood af en bondel op by en oor die bek van die dop. 9mmP headspace op die voorkant van die dop. Enige lood in daardie area sal maak dat hy nie reg kamer nie.

2. Die koëel is te groot gesize. - size kleiner

3. Die profiel van die ogief is te groot. Menende, die ogief (of skag) steek al in jou lande vas voor die dop headspace. - Seat dieper. Maak net seker jou lading is dan nog veilig.

Whatsap my 'n paar fotos, dan kyk ons.

082 666 9849



Kriek

User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: 9mm herlaai rondtes

Post by Aceofspades »

Hier is Henk se patrone.

Dit mag wees dat die lood gesize is vir 38 / 357?ImageImageImage

Kriek

Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: 9mm herlaai rondtes

Post by Toxxyc »

Yes daai skerp rand op die loodkoeël met die dop wat "inbuig" toon die probleem. Meet bietjie die dikte? Ek dink die rondte headspace op die edge van daardie loodkoeël want hy is te wyd - heel moontlik vir .38 gesize.

Die dop moet 'n definitiewe "edge" maak waar hy kan headspace in die kamer. Daardie dop doen nie - die edge van die dop verdwyn half in die loodkoeël in. Ek sou sê die koeël is te wyd.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 9mm herlaai rondtes

Post by Alwin »

Jy is geheimsinnig oor al die besonderhede en afmetings, dus moet ons maar raai.

Lyk vir my of die koeël te ver uit sit, m.a.w. die TPL is te lank, nou druk die koeël teen die lande vas. Pistole soos die gewilde CZ reeks se vryboor is betreklik kort en dus mag die koeël se dravlak nie meer as 0,5mm voor die dop se bek uitsteek nie.

Om te bepaal waar hy vas druk, kleur die hele patroon in met 'n swart merkpen en laat die ink droog. Laai hom dan en ontlaai weer. Orals waar hy geraak het sal die swart ink afgevee wees.

Onthou dat as jy die TPL verminder, dan verminder die kruitspasie in die dop ook, wat dan die druk (en spoed) opjaag. Maak seker die druk gaan nie te hoog nie.

Ek twyfel of die koeëldiameter die probleem is. Meeste 9mm pistole werk goed met 0,357" diameter loodkoeëls. Party kan selfs groter hanteer.
Post Reply