Page 1 of 1
Astra TS-22
Posted: Sat Jan 16, 2021 12:39 pm
by Ammion
Ek het vir my 'n Vudoo V-22 rimfire bestel wat 'n lang en stadige proses gaan wees (lyk of dit langer as 'n jaar gaan neem). Het 'n barreled action bestel - reeds 'n KRG Whiskey-3 chassis vir Reminton 700 aksie, Trigger Tech Diamond 2 stage sneller en Delta Javelin 4.5-30 x 56 met Tier One 34mm ringe.
Het toe maar besluit om 'n goedkoop .22 pistool te soek sodat ek kan begin .22 ammo koop (basies net 'n .22 lisensie op my naam he).
Ek het hierdie Astra .22 pistool by 'n kennis gekoop wat beweer dat hy minder as 500 skote deur die loop het (pistool is 41 jaar oud).
Was aangenaam verras hoe lekker die ding skiet en hoe akkuraat hy is.
Re: Astra TS-22
Posted: Sat Jan 16, 2021 12:45 pm
by Ammion
Het 'n stuk afval laminate gehad en besluit om nuwe grips te maak wat nie noodwendig in almal se smaak gaan val nie, maar is uiters gemaklik.
Beplan ook om pistool te laat cerakote.
Re: Astra TS-22
Posted: Sat Jan 16, 2021 12:52 pm
by HunterB
Latweet maar as jou ander 22 gekom het jy die een wil verkoop

Re: Astra TS-22
Posted: Sat Jan 16, 2021 2:35 pm
by Carlc
As jy dink jy gaan hom gebruik om n lekker voorraad 22 ammo te kan koop en op te stock maak jy n fout. Met daai pistooltjie skiet jy 22 ammo vinniger uit as wat jy dit kan koop. Ek het n Star FN sport jare terug vir dieselfde rede gekoop maar het al hope ammo met hom uitgeskiet.
Re: Astra TS-22
Posted: Sat Jan 16, 2021 2:46 pm
by Francoisv
Netjies
2 daughters. Plenty guns.
Re: Astra TS-22
Posted: Sun Jan 17, 2021 10:35 am
by airhunter
Nice Paul.
Lekker skiet en sterkte met die wag.
Re: Astra TS-22
Posted: Sun Jan 17, 2021 1:55 pm
by Ammion
Dankie Francois & Dirk.
Re: Astra TS-22
Posted: Sun Jan 17, 2021 1:56 pm
by Ammion
HunterB wrote: Sat Jan 16, 2021 12:52 pm
Latweet maar as jou ander 22 gekom het jy die een wil verkoop
Hunter sal dit in gedagte hou.
Re: Astra TS-22
Posted: Sun Jan 17, 2021 2:01 pm
by Ammion
Carlc wrote: Sat Jan 16, 2021 2:35 pm
As jy dink jy gaan hom gebruik om n lekker voorraad 22 ammo te kan koop en op te stock maak jy n fout. Met daai pistooltjie skiet jy 22 ammo vinniger uit as wat jy dit kan koop. Ek het n Star FN sport jare terug vir dieselfde rede gekoop maar het al hope ammo met hom uitgeskiet.
Carl, ek stem saam dit kan 'n probleem wees, daarom koop ek verskille ammo: Center-X vir die Vudoo en goedkoper ammo vir die pistool.
Re: Astra TS-22
Posted: Sun Jan 17, 2021 2:03 pm
by Ammion
Hierdie is die toets teiken wat saam met die pistool gekom het: 5 skote op 25m.
Re: Astra TS-22
Posted: Sun Jan 17, 2021 2:33 pm
by Killzone
Sjoe! Daardie ou Spanjaard skiet netjies en hy lyk ook bitter netjies met die pasgemaakte baadjie.
Re: Astra TS-22
Posted: Sun Jan 17, 2021 2:35 pm
by Killzone
Carlc wrote: Sat Jan 16, 2021 2:35 pm
Ek het n Star FN sport jare terug vir dieselfde rede gekoop maar het al hope ammo met hom uitgeskiet.
Vergewe die kaping, ek wil net weet watse ammo werk mooi in jou Star Mnr Carl? Ek wag nog vir myne se lisensie.
Re: Astra TS-22
Posted: Sun Jan 17, 2021 5:05 pm
by Carlc
Ek het toe swartklip nog beskikbaar was hulle in grootmaat gekoop en het nog so klompie oor. Eley en CCI werk ook baie mooi. Ek weet net nie hoe beskikbaar hulle nou is nie.
Re: Astra TS-22
Posted: Sun Jan 17, 2021 8:36 pm
by Ammion
Killzone wrote: Sun Jan 17, 2021 2:33 pm
Sjoe! Daardie ou Spanjaard skiet netjies en hy lyk ook bitter netjies met die pasgemaakte baadjie.
Dankie Killzone.