PCP bottel/pomp

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

PCP bottel/pomp

Post by alecjohnson »

Goeie dag mense

Ek wil graag die jaar begin met PCP skiet. niks ernstig nie, net op die plot plink, maar ek is vir ewig klaar met springers.

Ek het nog niks, ek wil maar soos ek spaargeld het aankoop en stuk nommer een is 'n 2dehandse gasbottel hoor 10l is die goue nommer as iemand dalk van iets weet wat in die pad staan. Ek kyk ook na handpomp, eerste keuse sal tenk wees.

Ek vra ook so tong in die kies hoe sleg/aanvaarbaar is die goedkoop PCP roere, kyk na Artemis PR900W, venom en warrior insigte sal help.
Ek wil so goedkoop as moontlik begin.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: PCP bottel/pomp

Post by Riaan Kriel »

Kontak vir Ian Bezuidenhoudt - 060 588 8080..

Hy sal jou kan help met alles wat jy noem, voordele en nadele uitwys op die verskillende items en help met bekostigbare items.. Hy het ook op 'n stadium tweedehandse items in voorraad gehad wat hy ingeruil het vir PCP skuts wat opgradeer het.

Sy pryse is baie billik en ek het net goeie diens van hom ontvang
Last edited by Riaan Kriel on Mon Feb 08, 2021 3:52 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: PCP bottel/pomp

Post by Gawie(13mm) »

Alec, wees net versigtig vir tweedehandse bottel koop.
Meeste hervulstasies vereis 'n visuele inspeksie en 'n druk toets voor hul die bottel vul. Jy mag dalk 'n toets dop en geld verloor.
Volg Riaan se raad en praat met iemand soos Ian.

Praat met Heinz oor sy PCP.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Vergo10
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Mon Jul 14, 2014 3:20 pm

Re: PCP bottel/pomp

Post by Vergo10 »

Ek is op geen manier 'n pcp guru, maar met die 2minute ervaring wat ek het sal ek nie aanraai om vir die "goedkoopste" te gaan nie. Die drang na opgradeer kom bitter vinnig (of miskien is dit net ek) en die vooraf beleggings kapitaal op hierdie pcp's is nogal groot, selfs vir die goedkoopste!
Howa .308 Std 22", Howa .243 Bull 24", CZ 455 Evo Varmint 20.5", 300WSM Mod70 Supergrade

I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: PCP bottel/pomp

Post by Capt. Yoda »

Kyk na n mooi opgepaste cz200, dis n lekker game maar jy gaan mal raak as jy iets koop wat nie reg werk nie. As hy mooi loop gaan jy dit baie geniet.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: PCP bottel/pomp

Post by JJV »

Jy kry deesdae carbon cylinders, hulle is heel billik, gaan kyk by saairgunhunting, hulle het compressors ook.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: PCP bottel/pomp

Post by Smith223 »

Ek sou nie ‘n compressor of handpomp kry nie, kry net ‘n duik silinder en kry klaar.
Dan as dit by roere kom sou ek die CZ200 sterk aanraai, daardie goed skiet soos hy van sy ma af kom en met bietjie werk staan hulle vir min terug.
Ek het self ‘n PR900w en moes hom recrown , regulate , hammer gewig en en transfer port tune om by die 770fps uit te kom benodig vir FT. Al die ervare FT skuts het my vertel dat gewone pellets nie bo 800fps so goed presteer nie en die reëls beperk ons tot 800fps vir 8.44gr pellets.
Ek het self die werk aan my geweer gedoen maar al dis bg kan jou maklik R3k kos om by iemand anders te laat doen dan kyk jy net sowel na ‘n Cz200 se prys. So koop net ‘n CZ200 en kry klaar.
My 5c se advies.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: PCP bottel/pomp

Post by Spanner »

Ek stem. Koop die CZ.
Ek het drie PCP gewere: Air Arms 400 (.177), en 510 (.22) en 'n CZ200 (.177)
Die Air Arms gewere is bitter fantasties in alle opsigte, maar my gunsteling vir vinke, muisvoëls en Mynahs, bly die klein CZ.
Hy is dodelik akkuraat en sy kompakte size hanteer net so maklik en gerieflik.
Kyk ook uit op die internet of by dive shops vir tweedehandse 300 bar silinders (daar is seker nog nie sdive shops daar by jou nie, maar na afloop van die baie reen wat julle gekry het, gaan daar heel moontlik 'n paar shops binnekort oopmaak ! )
Ek het twee bottels so gekoop met al die papiere, toetse, en inspeksies reeds gedoen. Groter 300 bar silinders is beter as die kleiner volumes, as jy in afgelee plekke bly - jy kan net soveel keer meer jou geweer volmaak voor jy moet hervul met lug.
Die pomp is 'n nagmêrrie... Hou verby. Jy pomp jouself simpel. Dit is baie vinnig nie meer pret nie, ek was daar. Hom sommer vinnig-vinnig weer verkoop.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: PCP bottel/pomp

Post by LUAN »

Moenie n carbon Silinder koop nie die duikwinkels wil hulle nie meer vol maak altans nie hier by ons. Ek sal liewers n S400 koop as n cz200. Jy kry meer skote per vul en dis n groter geweer wat jou beter sal pas die cz is great vir kinders en vrouens.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: PCP bottel/pomp

Post by alecjohnson »

Dankie mense!

Ek praat met Ian. Ek het nou klaar in die gat geval, en daar is nie uitkom nie.
Ek het maar besluit buy once cry once (hoewel ek nou nie die dam onder die eend gaan uitruk nie). Terwyl ek spaar gaan my planne sekerlik verander soos ek oplees, resensies en youtube.

Op die oomblik kyk ek na:
300Bar 6l+ sillinder met toebehore
roer Kral Puncher Monarch(hou baie van wat ek lees en gesien het sover) of CZ200

Begroting is nou heel kis toe.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: PCP bottel/pomp

Post by Pvdw »

Ek self het 'n KRAL en het hom hier op die forum deur iemand gekoop. Ek het die Puncher Breaker bullpup. Dis puik waarde vir geld.

Wat ek jou egter net kan sê om na te kyk is die konfigurasie van die posisie wat die cocking lever sit. Hy sit so reg by jou wang. Sommige manne is gelukkig daarmee maar vir my pla dit baie. Net iets m na te kyk.

Die KRAL bullpup snelleres werk soos meeste ander bullpups met 'n pushrod. Indien sneller vir jou baie belangrik is sal ek na 1 van die normaie geweer formate van KRAL kyk. Die snellers is direk en baie beter verstelbaar.

Kontak Drager SA. By hulle bestel jy splinternuwe silinders vir wat baie manne vra vir 2de hands. Hulle lewer af in sekere areas ook.

https://www.draeger.com/en_za/Home.

Net so klip in die bos. Slugs word nou BAIE populêr in PCPs. kyk na die video vir 'n Vista Nova wat jou R6800 gaan kos in .22

Die video is van die Air Avenger maar is identies aan die nuwe Nova.

https://www.youtube.com/watch?v=oUpBxCbi5o8
User avatar
Grenslyn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 366
Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am

Re: PCP bottel/pomp

Post by Grenslyn »

Hein
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: PCP bottel/pomp

Post by LUAN »

Daars nou iemand wat n klein huisie vol pcps verkoop op gunafrica miskien is daar een wat jou aandag trek
https://www.gunafrica.co.za/recently-added.html
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: PCP bottel/pomp

Post by Capt. Yoda »

LUAN wrote: Thu Feb 11, 2021 8:15 am Daars nou iemand wat n klein huisie vol pcps verkoop op gunafrica miskien is daar een wat jou aandag trek
https://www.gunafrica.co.za/recently-added.html
jo jo jo jo jo jooooo
https://www.gunafrica.co.za/classifieds ... 48515.html
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: PCP bottel/pomp

Post by alecjohnson »

Baie dankie manne, my bottel is oppad, Coltri 7l 300Bar, en sal maar nog spaar vir die roer. Ek is baie beïndruk met Ian se diens en kundugheid hy het vir my 'n mooi pakkie uiteen gesit. Daar is darm mooi PCP roere beskikbaar! Daai pryse is egter niks mooi nie. Ek het soos vroeër genoem maar besluit om my begroting te oorskry, (Van 8k vir roer en handpomp na 15k vir roer silinder en vulstasie als by Ian koop)
Ek sal as ek als bymekaar het weer hier plaas.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: PCP bottel/pomp

Post by Riaan Kriel »

alecjohnson wrote: Thu Feb 11, 2021 11:10 am Baie dankie manne, my bottel is oppad, Coltri 7l 300Bar, en sal maar nog spaar vir die roer. Ek is baie beïndruk met Ian se diens en kundugheid hy het vir my 'n mooi pakkie uiteen gesit. Daar is darm mooi PCP roere beskikbaar! Daai pryse is egter niks mooi nie. Ek het soos vroeër genoem maar besluit om my begroting te oorskry, (Van 8k vir roer en handpomp na 15k vir roer silinder en vulstasie als by Ian koop)
Ek sal as ek als bymekaar het weer hier plaas.
Baie geluk, bly jy kon regkom en het ook net goeie diens gekry by Ian ;) ;D
Post Reply