Insette benodig: Ideale langafstand skiet en jag Bipod ontwerp

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Insette benodig: Ideale langafstand skiet en jag Bipod ontwerp

Post by Smith223 »

Dag almal,
Laas naweek by ALRHA het my gemodifiseerde 'f-atlas' se poot afgebreuk.
Uit die aard van die saak rus my roer bietjie hierdie naweek, en ek sal graag die tyd wil spandeer om 'n nuwe bipod vir myself te ontwerp en sodoende volgende week gou een te masjineer.
Ek benodig die insette van die meer gesoute langafstand skiet manne vir die ontwerp taak.
Dit wil vir my voorkom asof F-klas tipe Bipod die roete is op te gaan vir kompetisies soos ALRHA, maar werksverigting in die jagveld bekommer my? Jag julle aktief met een in die veld?
Watter ander funskies is belangrik en watter kan ek liefs los?
1: Hoogte verstelling? (aangesien sandsak beperkte vertselling agter gee?)
2: Cant funskie? ( Ek sien Atlas adverteer 30grade se totale cant maar dit voel te veel ek sal eerder kyk na 20grade)
3: Pan funksie? ( My fatlas het die funskie gehad ,maar die een voet van die bipod is geneig om te skuif na 'n paar skote)
4: Cant lock funskie ( so julle voorstel dat ek cant kan lock soos op baie F-class tipe?
5: Pote, spikey vs sled?
6: Sou julle se adisionele voet tilt posisies is nodig ( 0grade , 45grade , 90grade , 135grade en 180grade soos op Atlas)?
7: Wat is julle gunsteling jag en skiet bipod en wat sou jy aan hom verander?

Ek sien uit na julle insette, dankie!
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1872
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Insette benodig: Ideale langafstand skiet en jag Bipod ontwerp

Post by Alwin »

Ek wonder, wik en weeg ook al lank oor die beste 2-poot vir my gewere. Die tipe toepassing gaan bepaal watter eienskappe jy gaan benodig. Daar is nie 1 vir alle omstandighede nie.

Iets om aan te dink, ek lees nou die dag 'n kommentaar van 1 van die beter langafstandskuts. Hy reken dat 'n 2-poot te veel effek op jou trefpunt het as die die oppervlak waarop hy staan verander. M.a.w. jy skiet nie op dieselfde plek as jy op sand en op 'n harde oppervlak rus nie. Ek self het dit ook al ervaar. Sy voorkeur is om oor sy rugsak te skiet. Hy dra hom in elk geval saam en sy tekstuur verander nie. Hierdie plan sal natuurlik nie vir alle omstandighede en kompetisies werk nie, dus vervang dit dalk 1 tweepoot.

Wat ek wel weet, is dat ek nie 'n kar-domkrag of bisley-tipe tweepoot wil saam dra in die veld nie.
Post Reply