Kwadrupleeg se rolstoel verg jou breinkrag

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
Post Reply
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Kwadrupleeg se rolstoel verg jou breinkrag

Post by Viking »

Hier is geweldig baie kundigheid op die forum....vanaand steek ek hand uit om 'n aangetroude familielid te probeer help.

Lees self Jacobus se storie - https://www.backabuddy.co.za/jacobus-smit

Ek vra nie geld nie....net iemand in die Kaap omgewing wat dalk die man se elektroniese rolstoel kan herstel.

Jacobus is 'n besonderse positiewe mens ten spyte van sy gestremdheid, maar sonder sy wiele word hy tot sy kamer beperk!

PM my gerus as jy dink jy kan help om 'n verskil te maak.

Dirk Baard
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Kwadrupleeg se rolstoel verg jou breinkrag

Post by Lategan1 »

Viking, hoop jy reggekom?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Fano
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 250
Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm

Re: Kwadrupleeg se rolstoel verg jou breinkrag

Post by Fano »

Ek het gaan kyk op die link, al inligting is dat die man se rolstoel gebreek het en dat R150 000 benodig word vir n nuwe rolstoel. Daar is ongelukkig nie info wat presies fout is wat dalk herstel kan word nie…

My vrou is 'n arbeidsterapeut by 'n skool vir gestremdes, hulle koop elke jaar omtrent 5 rolstoele aan. Sy beveel aan dat hy na die plaaslike distrikshospiaal se reabilitasie afdeling gaan. Die arbeidsterapeute daar behoort hom te kan help om 'n rolstoel te kan bestel op staats tender pryse direk vanaf verskaffers. Die tender dokumente is beskikbaar op die "national treasury" se website, die doc se nommer is: RT274
Daar kan hy specs en pryse sien, maar dit behoort heelwat laer te wees as sy huidige quote van R150 000

Hoop julle kry plan gemaak!
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Kwadrupleeg se rolstoel verg jou breinkrag

Post by Viking »

Hi Lategan - dankie vir die post. Deelname hier is maar beperk.

Hi Fano
Verdere navraag blyk dat een van die rolstoel se wiele gebreek het en dat die "computer system" foutief geraak het.

Rolstoel verskaffers/herstellers in die Kaap kwoteer sowat R20 000 om die stoel weer in 'n lopende toestand te kry.

Afbetaling kon nie gereël word nie en Jacobus kan geensins finansiering by 'n bank aangaan nie!

Op die langduur gaan die stoel se herstel hom meer uit die sak jaag as 'n nuwe een. Ons sal beslis jou inligting opvolg - tot daar 'n oplossing kom is hy beperk tot die binnekant van 4 mure....
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Post Reply