Ek het laasweek 'n stukkie grond van 50m² gehuur om bietjie ons eie groente tuin te begin. Het Maandag bietjie gaan omspit - die grond is baie kleierig en ons het vir 'n rukkie nog nie reen gehad nie so dit was maar moeilik. Voel vandag asof ek rugby gespeel het
Ek het baie strooi opgesit voor ons begin het sodat daar bietjie plant materiaal in die grond is en help om die klei bietjie optebreek.
Die plan is om bietjie mielies/sweetcorn te plant heelagter. 2 Mielies kos €3 hier by my. Dan voor dit tamaties, langs dit 2 pampoen plante, voor die mielies groen slaaie en ens en op die kante ertjies, komkommers en gherkins.
DIe vraag wat ek vandag vir julle het is dit: Die water word voorsien deur 'n 1000l tank wat op 2 palette is. Die Water druk is egter nie goed nie. DIe water dribble maar so by die pyp uit. Hoe kan ek genoegsame druk kry om 'n sproeier op drup stelsel aan die gang te kry?
As hy leeg is hom op meer palette sit? Of sal ek 'n pomp moet kry en watse soort pomp?
Dankie vir antwoorde.




