Musgrave Mod 80 gered van SAPS
Posted: Sun Apr 18, 2021 8:22 pm
Ek was gelukkig om hierdie baie mooi Model 80 in 30-06 te koop, die vorige eienaar was nie meer lus vir sukkel met lisensies nie.
En ja, dit is my 2de 30-06
Die geweer is in baie goeie kondisie. Die aksie is glad soos seep, en die kolf het mooi uitgekom nadat ek die vernis verwyder, duikies uitgestoom en die afwerking na olie verander het. Die geweerblou en loop is nog uitstekend. Ek het die Bushnel 4x40 met my spaar Lynx 3-9x42N vervang.
Ek het die wapen danksy 'n stoorpermit, en dus is dit nou die lang wag vir die liksens voor ek kan uitvind hoe hy skiet. Die aksie is nie gepak nie. Ek sal maar wag om te sien of dit nodig is.