Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek was gelukkig om hierdie baie mooi Model 80 in 30-06 te koop, die vorige eienaar was nie meer lus vir sukkel met lisensies nie.
En ja, dit is my 2de 30-06
Die geweer is in baie goeie kondisie. Die aksie is glad soos seep, en die kolf het mooi uitgekom nadat ek die vernis verwyder, duikies uitgestoom en die afwerking na olie verander het. Die geweerblou en loop is nog uitstekend. Ek het die Bushnel 4x40 met my spaar Lynx 3-9x42N vervang.
Ek het die wapen danksy 'n stoorpermit, en dus is dit nou die lang wag vir die liksens voor ek kan uitvind hoe hy skiet. Die aksie is nie gepak nie. Ek sal maar wag om te sien of dit nodig is.
20210418_135805_compress19.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by J le Roux on Mon Apr 19, 2021 9:33 am, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Lekker roer daai, ek het n mod 80 308 van my oupa wat se kolf presies so lyk. Daai geweer skiet iets belaglik maar sy kolf het op n paar plekke vas gedruk wat ek eers moes reg maak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.