Musgrave Mod 80 gered van SAPS

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Musgrave Mod 80 gered van SAPS

Post by J le Roux »

Ek was gelukkig om hierdie baie mooi Model 80 in 30-06 te koop, die vorige eienaar was nie meer lus vir sukkel met lisensies nie.

En ja, dit is my 2de 30-06 ^-^

Die geweer is in baie goeie kondisie. Die aksie is glad soos seep, en die kolf het mooi uitgekom nadat ek die vernis verwyder, duikies uitgestoom en die afwerking na olie verander het. Die geweerblou en loop is nog uitstekend. Ek het die Bushnel 4x40 met my spaar Lynx 3-9x42N vervang.

Ek het die wapen danksy 'n stoorpermit, en dus is dit nou die lang wag vir die liksens voor ek kan uitvind hoe hy skiet. Die aksie is nie gepak nie. Ek sal maar wag om te sien of dit nodig is.
20210418_135805_compress19.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by J le Roux on Mon Apr 19, 2021 9:33 am, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Musgrave Mod 80 gered van SAPS

Post by KalahariKlong »

Lyk baie netjies.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Musgrave Mod 80 gered van SAPS

Post by Supacow »

Wel gedaan
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Musgrave Mod 80 gered van SAPS

Post by tripodmvr »

Puik jaggeweer. Hoop jy het baie vreugde met hom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Musgrave Mod 80 gered van SAPS

Post by prohunt »

Daai Mod 80's is baie lekker gladde aksies en meeste van daai gewere het op 'n tiekie geskiet sonder enige veranderings of aanpassings.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2103
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Musgrave Mod 80 gered van SAPS

Post by win270 »

Baie mooi geweer, hoop hy het sommer nog baie skote se genot in hom. Mens wonder hoeveel juwele is al deur die jare deur SAPS vernietig of "verlê".
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Musgrave Mod 80 gered van SAPS

Post by Capt. Yoda »

Lekker roer daai, ek het n mod 80 308 van my oupa wat se kolf presies so lyk. Daai geweer skiet iets belaglik maar sy kolf het op n paar plekke vas gedruk wat ek eers moes reg maak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply