9mmKort (380 Auto)

Post Reply
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

9mmKort (380 Auto)

Post by Basie2 »

Goeie middag, ek wil graag 100gn Frontier punte laai vir Glock42. Ek sien dat verkeie videos wys waar 1042+ deur chrony gegee word vir dié gewig, maar QL wys max spoed by 1000’. Wat doen die manne om hoër spoed te kry sonder om in die ‘rooi te rev’?
Na verskeie artikels wil dit vir my voorkom dat ek maar fmj moet laai en liewer kyk wat werk in my vuurwapen eerder as om XTP te probeer laai. Vraag, gaan XTP (hornady) ‘mushroom’ onder 1000’?
Dankie


Sent from my iPad using Tapatalk
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Ds J »

Daar is verskeie faktore ter sprake, soos bv koeëlgewig, kruitsoort en maks druk.
Hornady XTP is in 90gr en 115gr beskikbaar.
Die 90gr sal verduidelik hoe hulle 1042vps bereik., veral as hulle ingevoerde kruit gebruik.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by tripodmvr »

Lyk asof Alliant Unique jou miskien naby kan kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Alwin »

Ek sou die 100gn CMJ's se spoed eerder laer hou. Met die tipe koeël bied ekstra spoed geen voordele nie, maar heelwat nadele.

Om die XTP's naby aan 950 fps te laai behoort heeltemal voldoende te wees. Hornady se ouer katalogusse toon aan dat die 90gn 9mm XTP behoort uit te sit vanaf 800 fps. Toets hulle in water of ballistiese gelatien om seker te maak.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Ds J »

Daar is verskeie faktore ter sprake, soos bv koeëlgewig, kruitsoort en maks druk.
Hornady XTP is in 90gr en 115gr beskikbaar.
Die 90gr sal verduidelik hoe hulle 1042vps bereik., veral as hulle ingevoerde kruit gebruik.
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Basie2 »

Wanneer ‘n video wys waar 100gn @ 1042’/s uit glock42 geskiet word, pla dit my, want QL wys duidelik ‘rooi’. Sal dit maar afskryf aan ‘hou vas my dop en check hierdie move’!


Sent from my iPad using Tapatalk
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Basie2 »

Alwin wrote:Ek sou die 100gn CMJ's se spoed eerder laer hou. Met die tipe koeël bied ekstra spoed geen voordele nie, maar heelwat nadele.

Om die XTP's naby aan 950 fps te laai behoort heeltemal voldoende te wees. Hornady se ouer katalogusse toon aan dat die 90gn 9mm XTP behoort uit te sit vanaf 800 fps. Toets hulle in water of ballistiese gelatien om seker te maak.
Dankie


Sent from my iPad using Tapatalk
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Basie2 »

Hulp asb. Ek kry nie konstante gewig gegooi deur my redding ‘volumeter’ nie. Gewig wissel tussen 4,2gn tot 4,6gn. Ek meet op elektroniese skaal.
Die Glock42 hou nie van lae ladings nie, ‘stovepipe’ met 3,9gn agter 100gn punt.
Of moet ek alles met rcbs auto loader skaal, laai?
Volgens QL is 4,2gn MP200 klaar ‘warm’, maar dit ‘cycle’ baie goed. Akkuraatheid op 10m is baie goed van 3,9gn tot 4,2gn.
Ek luister.


Sent from my iPad using Tapatalk
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Alwin »

Basie2 wrote: Fri Sep 03, 2021 12:40 pm Hulp asb. Ek kry nie konstante gewig gegooi deur my redding ‘volumeter’ nie. Gewig wissel tussen 4,2gn tot 4,6gn. Ek meet op elektroniese skaal.
Die Glock42 hou nie van lae ladings nie, ‘stovepipe’ met 3,9gn agter 100gn punt.
Of moet ek alles met rcbs auto loader skaal, laai?
Volgens QL is 4,2gn MP200 klaar ‘warm’, maar dit ‘cycle’ baie goed. Akkuraatheid op 10m is baie goed van 3,9gn tot 4,2gn.
Ek luister.
Vlokkies-kruit soos MP200 meet glad nie lekker in klein volumes nie. Die kruitvlokkies is te groot en haak aan mekaar vas op pad in die meet-holte in.

My oplossing is om sferiese kruit te gebruik, maar deesdae kan mens ook nou nie juis kieskeurig wees nie.

Nog 'n probleem wat ek al met MP200 op 'n 9k gesien het, is ongebrande of half-gebrande kruit wat agterbly. Dis omdat MP200 redelik stadig brand en dit teen relatief lae druk in 'n kort loop. Nog 'n rede om na 'n ander kruit toe oor te skakel.

S121 is tans hoendertande, maar dit sou my aanbeveling wees.

As jy die MP200 moet gebruik, probeer om dit te "trickle". Die probleem is dat elektroniese skale nie hou van stadig "trickle" nie, dit gee wisselende ladings. 'n Balkie-skaal is na my beskeie mening die beter keuse vir die doel. Gooi dus die ladings met die RCBS, maar bevestig die ladings met 'n meganiese skaal.

QL is gemoddeleer om goeie resultate op medium-kaliber gewere te gee. Dit werk meestal met handwapens, maar wees maar versigtig om die data nie slaafs na te volg nie. Die beste is steeds om die spoed te meet en te vergelyk met ander laaidata se maks spoed. Ladings kan varieer, maar spoed korreleer goed met druk vir 'n spesifieke kruit. As QL dus 'n spoed gee vir die maks lading, gebruik die spoed as maatstaf van druk. Meet maar ver genoeg van die tromp sodat die ongebrande kruit-partikels nie die lesing kan affekteer nie.
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Basie2 »

Dankie Alwin

Weet julle waar kan ek 90 of 95gn Hornady of Sierra punte kry. JHP asb.
Dit lyk asof 90gn Sierra JHP die beter een sal wees.
Dankie


Sent from my iPad using Tapatalk
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Alwin »

Basie2 wrote: Mon Sep 13, 2021 12:56 pm Dankie Alwin

Weet julle waar kan ek 90 of 95gn Hornady of Sierra punte kry. JHP asb.
Dit lyk asof 90gn Sierra JHP die beter een sal wees.
Dankie
Kyk ook vir Speer Gold Dot JHP's. Al 3 is skaflik en soms beskikbaar as komponente.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Louis Kriel »

Kyk of jy IMR Target in die hande kan kry. Ek het my S121 daarmee vervang toe dit op is. Werk puik in my Glock 26 en CZ 75.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Louis Kriel »

Guns And Bows Cc
Gun shop in Cape Town
Service options: In-store shopping · In-store pick-up
Address: Strand Road &, Ford St, Bellville, Cape Town, 7530
Hours:
Open ⋅ Closes 5PM
Phone: 021 949 2891

Hulle het vir jou 90gr XTP koele om te herlaai.
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Basie2 »

Louis Kriel wrote:Guns And Bows Cc
Gun shop in Cape Town
Service options: In-store shopping · In-store pick-up
Address: Strand Road &, Ford St, Bellville, Cape Town, 7530
Hours:
Open ⋅ Closes 5PM
Phone: 021 949 2891

Hulle het vir jou 90gr XTP koele om te herlaai.
Baie dankie, klaar gereël.


Sent from my iPad using Tapatalk
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Alwin »

Louis Kriel wrote: Tue Sep 14, 2021 10:26 am Kyk of jy IMR Target in die hande kan kry. Ek het my S121 daarmee vervang toe dit op is. Werk puik in my Glock 26 en CZ 75.
IMR Target behoort puik te werk in die 9mmk.

Wat dalk kan pla is volumetriese meting. Die korrels is groot genoeg om in 'n klein meetvolume uit te brug en dan onvolledige vulling te gee. Ek het gesukkel met Lee se verstelbare Auto Disk. Die vaste volume met ronde gat (0.49cc) werk vir my goed. Dis vir 9mmP. Die 9mmk vat minder, dus 'n kleiner meetvolume. Toets maar eers.
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Basie2 »

Louis, ek het MP200. Prys was R28-50.Ek meet dit maar met 10-10 balkie skaal en redding ‘trickler’. 4.2gn MP200 agter 100gn Frontier punt ‘cycle’ mooi en groepe is skaflik.


Sent from my iPad using Tapatalk
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Basie2 »

90gn XTP’s gelaai. Werk pragtig in Glock42
Dankie v insette


Sent from my iPad using Tapatalk
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: 9mmKort (380 Auto)

Post by Basie2 »

90gn XTP Hornady skiet @ 1022’/s uit Glock 42. Groepe is so 100mm op 12m. Baie te vrede.


Sent from my iPad using Tapatalk
Post Reply