ELRSA

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

ELRSA

Post by Smitstertjies »

More manne.

Ek wil julle bietjie meer vertel van ELRSA. Dis n georganiseerde skietsport wat nou baie vinning groei in SA met klubs regoor die land. ELRSA staan vir Extended Long Range Shooting Association of South Africa.

Ons skiet op afstande van 500m tot 2 myl. Die doel van die sport is om te skiet op afstande verby die transonic zone. So dis n wetensakap op sy eie waar die logika op afstande onder die transonic zone nie altyd geld nie. Wat lekker is, is dat daar verskillende klasse is waar kleiner kalibers meeding teen mekaar. Dis is dit nie noodwendig nodig om n 338LM of 416 Barret te he om mee te ding nie. Julle sal verbaas wees om te sien hoe die 6.5'e skiet tot een myl.

Daar is verskeie provinsiale opes wat geskiet word en die SA kampioenskappe volgende jaar April. Daar gaan heel moontlik ook n wereldkampioenskappe aangebied word in 2023, met n hele klomp lande wat nou die formaat saam formaliseer. ELRSASA is besig om by SASKOK te registreer,sodra die politiek uitgesorteer is. So jy gaan heel moontlik Protea klere kan kry as jy die SA span kan haal.

Ek deel met julle die youtube video van die onlangse Mpumalanga ope wat by ons baan by Bronkies geskiet is.November is die Limopop ope en Februarie gaan ons Vrystaat toe.

So vir die manne wat lus is om bietjie sy geweer buite sy konvensionele reikafstand te toets, kom skiet gerus saam met ons. Mpumalanga het al oor die 75 lede.

https://www.youtube.com/watch?v=xSKtnTL1Ss4
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: ELRSA

Post by tripodmvr »

Ek gee onderstaande inligting vir die wat moontlik belangstel om aan te sluit. (Google is my vriend)

https://www.eventyas.com/XX/Unknown/107 ... 398/ELR-SA
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: ELRSA

Post by Smitstertjies »

Dankie Oom. Ouens wat by ons bronkies klub wil aansluit kan ook n epos stuur na bronkiessteelsnipers@gmail.com. Ons maak vir lede 1 maal n maand die baan op. Dis regtig n lekker klomp ouens wat mekaar help. Dit mag dalk intimiderend lyk om op die afstande te skiet, maar almal help mekaar en voor jy jou oe uitvee kry jy n 2km badge.

Besoek gerus ook ons facbeook page https://www.facebook.com/Bronkiessteelsnipers
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13511
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: ELRSA

Post by Capt. Yoda »

Ek stof somer my 30.06 af net vir daai 2myl skote
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: ELRSA

Post by JPS »

Capt. Oblivious wrote: Fri Sep 24, 2021 12:32 pm Ek stof somer my 30.06 af net vir daai 2myl skote
Mmm,

Ek het met die eerste skiet daar al met die 6.5 die myl badge gekry, maar jou 30-06 gaan bietjie moeite verg ++>:
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13511
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: ELRSA

Post by Capt. Yoda »

JPS wrote: Thu Sep 30, 2021 12:47 am
Capt. Oblivious wrote: Fri Sep 24, 2021 12:32 pm Ek stof somer my 30.06 af net vir daai 2myl skote
Mmm,

Ek het met die eerste skiet daar al met die 6.5 die myl badge gekry, maar jou 30-06 gaan bietjie moeite verg ++>:
Hahaha ag ou Jan ek het die laaste 24 maande seker 50 skote verder as 300m geskiet ek dink nie die kaliber sal die grootste probleem wees nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2941
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: ELRSA

Post by Lategan1 »

:laugh: :laugh:

Klink my een van ons moet jou borg met ‘n blik kruit van jou keuse sodat jy by die myl kan uitkom? :o

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Post Reply