Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Kz, ek het dit destyds oorweeg. Wat my daarteen laat besluit het is die gat oor kop aksie van die drom in teenstelling met die rotasie van 'n konvensionele tumbler. Ek het gevind dat veral gesnyde nekke 'n burr maak as dit te lank of aggresief getuimel word wat lelike probleme kan veroorsaak. Dis my 2c soos hulle sê.
'n Vriend van my het so ene gebou. Hy laai meestal vir handwapens, dus is die skade risiko op die doppe se bekke waarskynlik nul.
Voor jy die motor monteer, toets die Sputnik eers deur hom met die hand te draai (met doppe en muti-mengsel natuurlik). Dis goeie oefening en jy gaan waarskynlik moeg raak voordat jy te veel skade kan maak. Draai ook die slinger stadig, dit behoort die impak tussen die doppe te beperk. Die doel is om die doppe te laat rol, nie om hulle van bo af tot onder te laat val soos wanner jy beton meng nie.
Hierdie is dalk 'n dom argument van my, maar maak jou eie gevolgtrekking.
Indien jy dit droog sou tuimel, kan ek verstaan dat die doppe sou kon beskadig soos dit saam met die staalpennetjies rondval in die tuimelproses.
Die hele proses word egter "wet tumbling" genoem met 'n rede. Sal die water nie die doppe se val sodanig rem dat die bekommernis oor beskadiging van die doppe dalk net teoreties sou wees nie?
Laat val enige voorwerp van sagte metaal op 'n harde sementblad en dit sal merke wys. Gooi dieselfde voorwerp in jou swembad se vlak kant en ek sou jou wed daar gaan geen merke wees nie.
Hulp as kriteria om aan te sluit by Ooskaap en ander.
“The viscosity of a fluid is a measure of its resistance to deformation at a given rate. For liquids, it corresponds to the informal concept of "thickness": for example, syrup has a higher viscosity than water. Wikipedia“
Begin by 8 rpm, dit is 7.5s/omwenteling. foto soos PWV versoek het help baie.
Lategan1 wrote: Wed Dec 01, 2021 5:56 pm
Hulp as kriteria om aan te sluit by Ooskaap en ander.
“The viscosity of a fluid is a measure of its resistance to deformation at a given rate. For liquids, it corresponds to the informal concept of "thickness": for example, syrup has a higher viscosity than water. Wikipedia“
Begin by 8 rpm, dit is 7.5s/omwenteling. foto soos PWV versoek het help baie.
OosKaapJagter wrote: Wed Dec 01, 2021 3:18 pm
Hierdie is dalk 'n dom argument van my, maar maak jou eie gevolgtrekking.
Indien jy dit droog sou tuimel, kan ek verstaan dat die doppe sou kon beskadig soos dit saam met die staalpennetjies rondval in die tuimelproses.
Die hele proses word egter "wet tumbling" genoem met 'n rede. Sal die water nie die doppe se val sodanig rem dat die bekommernis oor beskadiging van die doppe dalk net teoreties sou wees nie?
Laat val enige voorwerp van sagte metaal op 'n harde sementblad en dit sal merke wys. Gooi dieselfde voorwerp in jou swembad se vlak kant en ek sou jou wed daar gaan geen merke wees nie.
Ek glo jou Sputnik sal werk.
Jy is reg, die water demp wel die impak, maar almal wat al presisie geweerdoppe in 'n nat tuimelaar gewas het, sal kan getuig dat die doppe se skerp bekke wel tot 'n mate geklink word, wat skerp kante vorm wat die koeël kan krap as jy hom plaas. Nat tuimel word dus vermy vir presisie geweer ladings se doppe. Jy kan natuurlik die dop effens korter sny en ontbraam, maar gewoonlik is dit nie gereeld nodig nie.
Om die doppe droog te tuimel, met of sonder "stainless" media, sal hulle totaal ruineer en geen nuttige doel dien nie. Droë tuimel word gedoen met sagter media soos fyn gemaalde mieliestronk, okkerneutdoppe of selfs rou rys. Hierdie organiese media demp die impakte baie goed en laat minimale merke op die bekke.

Alwin, klink my hulle wil die doppe in stroop was. Dit sal dalk beter werk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ek maak 9mm, 357 en 300 doppe so skoon. Ek het wel die ouer, aluminium weergawe wat net 'n bal is. Spoed is seker so 1 tot 2 rpm. Stadig, maar hy kan loop tot môre toe as dit moet.
Ek het die binnekant dik gespuit met rustoleum se rubber spuitverf. Dink daar is so 3 blikke daar in.
Die 357 doppe is die wat skade kry as daar skade is.
Die motor is 'n nema 24 stepper wat ek op 'n 12v tranformer en kapasitor gekoppel het. Dan step, step hy so stadig as jy hom in plug.