Page 1 of 1
Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Wed Nov 24, 2021 11:08 pm
by Killzone
En daar is al die jong lede super deurmekaar
Ek het vandag 'n Sputnik Mk2 Wasmasjientjie gekoop vir R200. En ek wil graag hom omskep in 'n Wet tumbler as dit moontlik gaan wees.
Het iemand al so iets probeer? En sal hy kan werk as ek 'n 12V motor monteer waar die handvatsel is?
Julle insigewende advies sal baie waardeer word.
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Tue Nov 30, 2021 6:01 pm
by Killzone
Enige iemand....

Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Tue Nov 30, 2021 6:17 pm
by Francoisv
Kz, ek het dit destyds oorweeg. Wat my daarteen laat besluit het is die gat oor kop aksie van die drom in teenstelling met die rotasie van 'n konvensionele tumbler. Ek het gevind dat veral gesnyde nekke 'n burr maak as dit te lank of aggresief getuimel word wat lelike probleme kan veroorsaak. Dis my 2c soos hulle sê.
Sent from my CPH2145 using Tapatalk
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Tue Nov 30, 2021 7:43 pm
by Killzone
Baie dankie vir jou Reply Francois. Dit maak baie sin. Ek sal maar dan eerder die patent aanwend waarvoor hy gemaak was.

Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Tue Nov 30, 2021 9:26 pm
by Alwin
'n Vriend van my het so ene gebou. Hy laai meestal vir handwapens, dus is die skade risiko op die doppe se bekke waarskynlik nul.
Voor jy die motor monteer, toets die Sputnik eers deur hom met die hand te draai (met doppe en muti-mengsel natuurlik). Dis goeie oefening

en jy gaan waarskynlik moeg raak voordat jy te veel skade kan maak. Draai ook die slinger stadig, dit behoort die impak tussen die doppe te beperk. Die doel is om die doppe te laat rol, nie om hulle van bo af tot onder te laat val soos wanner jy beton meng nie.
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Wed Dec 01, 2021 8:55 am
by Killzone
Dankie Alwin
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Wed Dec 01, 2021 10:13 am
by Lategan1
Mengers wat normaalweg meng en vermeng bv. Beton @ 15-23 rpm.
Ek sou dink jy moet by +_ 10 rpm wees vir ‘n rol effek i.p.v. meng effek. Soos hier uitgelig, dit moet nie opdraai en afval nie, maar oorrol en afgly.
Google dalk jou vriend.
Beste.
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Wed Dec 01, 2021 12:35 pm
by PWV
Killzone wrote: Wed Nov 24, 2021 11:08 pm
En daar is al die jong lede super deurmekaar
Ek het vandag 'n Sputnik Mk2 Wasmasjientjie gekoop vir R200. En ek wil graag hom omskep in 'n Wet tumbler as dit moontlik gaan wees.
Het iemand al so iets probeer? En sal hy kan werk as ek 'n 12V motor monteer waar die handvatsel is?
Julle insigewende advies sal baie waardeer word.
Kan jy 'n foto plaas? Dalk kom daar meer kommentare.
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Wed Dec 01, 2021 1:47 pm
by Killzone
Lategan1 wrote: Wed Dec 01, 2021 10:13 am
Mengers wat normaalweg meng en vermeng bv. Beton @ 15-23 rpm.
Ek sou dink jy moet by +_ 10 rpm wees vir ‘n rol effek i.p.v. meng effek. Soos hier uitgelig, dit moet nie opdraai en afval nie, maar oorrol en afgly.
Google dalk jou vriend.
Beste.
Baie dankie.
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Wed Dec 01, 2021 1:48 pm
by Killzone
PWV wrote: Wed Dec 01, 2021 12:35 pm
Killzone wrote: Wed Nov 24, 2021 11:08 pm
En daar is al die jong lede super deurmekaar
Ek het vandag 'n Sputnik Mk2 Wasmasjientjie gekoop vir R200. En ek wil graag hom omskep in 'n Wet tumbler as dit moontlik gaan wees.
Het iemand al so iets probeer? En sal hy kan werk as ek 'n 12V motor monteer waar die handvatsel is?
Julle insigewende advies sal baie waardeer word.
Kan jy 'n foto plaas? Dalk kom daar meer kommentare.
Ek maak so oom P.
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Wed Dec 01, 2021 2:00 pm
by Killzone
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Wed Dec 01, 2021 3:18 pm
by OosKaapJagter
Hierdie is dalk 'n dom argument van my, maar maak jou eie gevolgtrekking.
Indien jy dit droog sou tuimel, kan ek verstaan dat die doppe sou kon beskadig soos dit saam met die staalpennetjies rondval in die tuimelproses.
Die hele proses word egter "wet tumbling" genoem met 'n rede. Sal die water nie die doppe se val sodanig rem dat die bekommernis oor beskadiging van die doppe dalk net teoreties sou wees nie?
Laat val enige voorwerp van sagte metaal op 'n harde sementblad en dit sal merke wys. Gooi dieselfde voorwerp in jou swembad se vlak kant en ek sou jou wed daar gaan geen merke wees nie.
Ek glo jou Sputnik sal werk.
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Wed Dec 01, 2021 5:56 pm
by Lategan1
Hulp as kriteria om aan te sluit by Ooskaap en ander.
“The viscosity of a fluid is a measure of its resistance to deformation at a given rate. For liquids, it corresponds to the informal concept of "thickness": for example, syrup has a higher viscosity than water. Wikipedia“
Begin by 8 rpm, dit is 7.5s/omwenteling. foto soos PWV versoek het help baie.
Beste.
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Wed Dec 01, 2021 6:06 pm
by Killzone
Lategan1 wrote: Wed Dec 01, 2021 5:56 pm
Hulp as kriteria om aan te sluit by Ooskaap en ander.
“The viscosity of a fluid is a measure of its resistance to deformation at a given rate. For liquids, it corresponds to the informal concept of "thickness": for example, syrup has a higher viscosity than water. Wikipedia“
Begin by 8 rpm, dit is 7.5s/omwenteling. foto soos PWV versoek het help baie.
Beste.
Kan julle nie die fotos sien nie Lategan?
Dankie vir die replies manne
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Wed Dec 01, 2021 6:18 pm
by Lategan1
Ja ek sien, sê dit HET gehelp vir beter antwoord!
Beste.
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Wed Dec 01, 2021 6:24 pm
by Killzone
Oooooo

Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Wed Dec 01, 2021 9:08 pm
by Alwin
OosKaapJagter wrote: Wed Dec 01, 2021 3:18 pm
Hierdie is dalk 'n dom argument van my, maar maak jou eie gevolgtrekking.
Indien jy dit droog sou tuimel, kan ek verstaan dat die doppe sou kon beskadig soos dit saam met die staalpennetjies rondval in die tuimelproses.
Die hele proses word egter "wet tumbling" genoem met 'n rede. Sal die water nie die doppe se val sodanig rem dat die bekommernis oor beskadiging van die doppe dalk net teoreties sou wees nie?
Laat val enige voorwerp van sagte metaal op 'n harde sementblad en dit sal merke wys. Gooi dieselfde voorwerp in jou swembad se vlak kant en ek sou jou wed daar gaan geen merke wees nie.
Ek glo jou Sputnik sal werk.
Jy is reg, die water demp wel die impak, maar almal wat al presisie geweerdoppe in 'n nat tuimelaar gewas het, sal kan getuig dat die doppe se skerp bekke wel tot 'n mate geklink word, wat skerp kante vorm wat die koeël kan krap as jy hom plaas. Nat tuimel word dus vermy vir presisie geweer ladings se doppe. Jy kan natuurlik die dop effens korter sny en ontbraam, maar gewoonlik is dit nie gereeld nodig nie.
Om die doppe droog te tuimel, met of sonder "stainless" media, sal hulle totaal ruineer en geen nuttige doel dien nie. Droë tuimel word gedoen met sagter media soos fyn gemaalde mieliestronk, okkerneutdoppe of selfs rou rys. Hierdie organiese media demp die impakte baie goed en laat minimale merke op die bekke.
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Thu Dec 02, 2021 8:50 am
by Capt. Yoda
Alwin wrote: Wed Dec 01, 2021 9:08 pm

Alwin, klink my hulle wil die doppe in stroop was. Dit sal dalk beter werk
Re: Wet tumbler met 'n Sputnik bou...
Posted: Thu Dec 02, 2021 8:52 am
by Aceofspades
Ek maak 9mm, 357 en 300 doppe so skoon. Ek het wel die ouer, aluminium weergawe wat net 'n bal is. Spoed is seker so 1 tot 2 rpm. Stadig, maar hy kan loop tot môre toe as dit moet.
Ek het die binnekant dik gespuit met rustoleum se rubber spuitverf. Dink daar is so 3 blikke daar in.
Die 357 doppe is die wat skade kry as daar skade is.
Die motor is 'n nema 24 stepper wat ek op 'n 12v tranformer en kapasitor gekoppel het. Dan step, step hy so stadig as jy hom in plug.
Sent from my BV9900E using Tapatalk