Jagreels
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Jagreels
Hallo Manne
Met die begin van ons jagseisoen in erns duik daar weer n klomp vrae op. Hierdie is moeilike vrae en daar is nie duidelike riglyne wat op gewerk word nie. Ek is self n groot jagter en n paar van die goed is ook maar vir my gruis of onbillik op sekere plase. Hier op die forum het ons mos nou beide plaaseienaars/outfitters en jagters so ons kan dan nou lekker gedagtes uitruil om hierdie dinge. Hopelik lei hierdie gesprekke ook darm tot n bietjie insig onder mekaar se verskillende posisies!
Hier is so paar wat ek graag julle opinies sal wil oor hoor.
1) Bedrag/persentasie op misskote.
2) Hoe wil julle die pryse sien? BTW in of uit?
3) Vuurmaakhout. Mag daar n beperking wees en indien wat voel jy is n billikke bedrag daarop?
4) Indien n fout in die veld gemaak word op n dier soos bv n jong manlike dier, hoe moet dit gehanteer word?
5) Wil n mens die Outfitter/Plaaseienaar deel he van jou kuier of wil jy hom ontmoet en weer sien met betaling?
6) Hoe verkies jy om betaling te doen? In vandag se tye wat is die beste manier?
Daar is nog baie meer en bring gerus iets op as jy so voel.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2153
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jagreels
Wout
Sommer 'n paar los gedagtes van my kant af. ek wil die BTW ingesluit sien - 'n mens is geneig om daarvan te vergeet en dan is die uiteinde 'n nare verrassing. Betaling vir misskote is 'n netelige kwessie. Dis baie ruig by jou en s? nou net die koe?l vang 'n takkie wat nie jy of die gids gesien het nie. Dan weer, daar by jou hoef 'n mens nie ver te skiet nie, so jy moet darem bleddie vrot skiet om byvoorbeeld 'n bloubees te mis. My voorstel is R100 vir misskote, dit sal verhoed dat die manne oorlog maak. Ek haat groot vure - my pa het altyd ges? net bang mense maak staanvure. Beperk die manne met die hout beslis, ek weet net nie watter bedrag vir 'n bondel hout billik is nie.
Die betaling is ook 'n moeilike saak maar een ding weet ek verseker. Moenie manne van jou plaas laat ry sonder dat hulle betaal het nie. Die storie van, "ons plaas die geld sommer vir jou oor of ons sal hierdie week inbetaal" is moeilikheid soek. En glo my moenie eers jou grootste p?l vertrou nie. Ek het verskeie kere gesien hoe groot vriendskappe groot vyandskappe raak op wildplase.
Weet nie of die gedagtes help nie. Terloops, ek het al die nuwe Magnum gesien en is heel tevrede met die artikel. Darem een kleurfoto van jou by my bloubees.
Mooi loop

blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Jagreels
as ek btw betaal dan wil ek die regte btw faktuur he
verkies om kontant te betaal n ons vergeet van btw

Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Jagreels
Wouter toe die misskoot reel ingekom het seker so middel 80's het ek gedink dit is baie onregverdig met die jare het ek my opinie verander
Hier in AUS is daar nie so iets nie al ons wild word as pes diere gehanteer
Ek jag gereeld op 'n plaas waar een van die jag organisasie nuwe lede bring om te help en te leer waaroor jag gaan bekruip skiet afslag en opsny van vleis
Hier het ek dan ook gesien hoe die sogenaamde leermeesters dan wild en wakker skiet 40 skote 18 diere die ouens ken die veld en die diere, hoe waar en wanneer maar hulle het geen gevoel vir die diere nie wel min van hulle jag vir vleis so hulle pomp hom vol lood en vat die kop sal dalk die boude en backstraps vat maar los die res net daar
Na lang gesprekke met die plaasbestuurder het ons hom nou ook so ver om vir kwes skote half prys te charge maar vir misskote wil hy nie geld vra nie dit was al erg genoeg vir hom dat iemand vir iets moet betaal wat hy nie gekry het nie omdat hy hom gekwes het die terugvoer wat ons nou kry is baie minder skote word geskiet
Ek dink 'n man moet volprys betaal as hy kwes daarom moet jong manne wat nou begin jag saam met 'n ouer hand as backup begin; hoe is jy seker dit is n misskoot
Wel half prys vir 'n misskoot en as daar 'n dier in die kamp opgetel word binne twee of drie dae na die skoot dan moet die man maar die res ook betaal dit moet darem ook wees voor volgende jagters daar jag

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Jagreels
Ek dink Koos het dit mooi opgesom, en soos Remington se baie plase vra pryse asof btw in is maar jy kry nie faktuur daarvoor nie.
Om by die kwessie van mis / kwes skote aan te las. Stel dit op jou reel lys dat alle misskote sal gesien word as kwesskote en die bok moet betaal word. Die gids kan dan later altyd se dit was ver mis en of n trek skoot en die klient hoef nie te betaal nie as wat daar later deur die jagter redeneer kan word dat dit mis was en nie gekwes was nie in n geval wat die klient wel gekwes het. Mens kan eerder na die jag nie die geld vra nie as wat jy nou daaroor redeneer.
Wat verkeerde skote op n bok betref, is dit die jagter wat deur die scope gekyk het en die sneller getrek het so ek sal se hy moet betaal. Gids is sleg daar om hom te ly en help maar net die jagter kyk deur die scope en nie die gids nie.
Wat betaling tref, is maar ook altyd n moeilike ding wees baie versigtag vir n tjekkie het al baie manne daar gehoor wat sukkel met rd's, beste is maar internet en ja ek weet sein kan n probleem by jou wees of kontant.
Hoop ek het nou mooi verduidelik en nie te deurmekaar gepraat nie

Last edited by BLOK on Mon Jan 23, 2012 1:18 pm, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Jagreels
Hi Wouter
Hier is my gedagtes uit my oogpunt as 'n jagter:
1) Ek was al op plase waar hulle R50 per misskoot vra en die prys verdubbel met elke misskoot daarna. Ek dink dit moet op die pryslys wees om kansvatters af te skrik, maar die plaaseienaar moet op die einde van die jag dit op meriete bepaal.
2) Verkieslik BTW in tensy daar 14% afslag is vir kontant
3) Billike hoeveelheid vuurmaak hout word voorsien deur die plaas, maar as die manne groot 'bon fires' op die eerste aand maak moet hulle maar vir die res van die naweek koop;
4) Manlike / vroulike dier fout is gewoonlik die jagter se verantwoordelikheid as hy saam met 'n gids of alleen stap. As dit 'n PH is (en seker dan PH fooi betaal) is dit die PH se verantwoordelikheid;
5) Plaaseienaar deel van groep - Ek gee nie om as eienaar bietjie saam kuier nie. 'n Mens leer bietjie van die plaas en die diere lewe. Dit hang seker maar af van groep tot groep.
6) Ek beskik nie meer oor so iets soos 'n tjek boek nie, dus sal 'n bank oorplasing moet doen. Ek doen dit gewoonlik terwyl ek nog op die plaas is, afhangend van selfoon sein. As kontant vereis word moet dit netop die pryslys / reels aan die jagter gestuur word wanneer hulle bespreek.

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Jagreels
Hier is my 2 sent
1) Bedrag/persentasie op misskote.
R150 op eerste een - 50% op 2de een.
2) Hoe wil julle die pryse sien? BTW in of uit? Ingeluit - die bedrag wat ek gesien het is die een wat ek gaan onthou as daai monster bok verby loop - my brein gaan nie nog BTW kan uitwerk nie.
3) Vuurmaakhout. Mag daar n beperking wees en indien wat voel jy is n billikke bedrag daarop?
Genoeg vir 'n braai per aand en dan betaal mens vir nog hout.
4) Indien n fout in die veld gemaak word op n dier soos bv n jong manlike dier, hoe moet dit gehanteer word?
Mens betaal maar vir die glipse - netnou is die bok klein dan kom stry ek na die tyd. Dit kan 'n vergunning van die boer se kanr af wees maar ek dink nie daar moet iets in die reels daar oor wees nie.
5) Wil n mens die Outfitter/Plaaseienaar deel he van jou kuier of wil jy hom ontmoet en weer sien met betaling?
Hang van plaaseienaar tot plaaseienaar af en seker maar van jagter tot jagter ook - almal click mos nou maar nie, dan jag ons net lekker en b?re die kuier vir die volgende mense.
6) Hoe verkies jy om betaling te doen? In vandag se tye wat is die beste manier?
Voor ek van die plaas af ry - eft as dit moonlik is anders vat my vrou die cash wat ek weer huis toe bring as ek nie alles op gebruik nie...!
en ... sit asb. die koelkamer en bakkie se bruik asook die slag alles in die dagfooi. Dan weet ek as die dagfooie betaal het kan ek die res op die bokke spandeer.

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Jagreels
Ek hou nogals van Vd Walt se antwoorde hierbo. Indien ek mag, het ek nog n vraag of twee wat van die jagter se kant wat kan bygevoeg word.
1. Hoe bepaal jy n trofee bok? Gebruik jy SA Jagter standaarde, Rowland Ward, moet die bok net mooi groot lyk?
2. Kwes bok, of mis geskiet? Hoe word dit bepaal. Indien die bok "wegraak" na die skoot, moet daar ten minste bloed op die grond le of erens gevind word? Kan jy ook "gebill" word indien die nok drie dae na die jag in die veld gekry word (dit het al gebeur)? ens.
3. Vandag is vlakvarke peste, 1 Mei kos hy R800.00. Hoekom?
4. Mag ek n jakals skiet as ek hom in die veld raak loop?

Veiligheid eerste manne!
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Jagreels
Manne,
1. Ek dink 'n boete per miskoot verhoed dat manne wil oorlog maak maar dit moet beperk wees tot 'n vaste bedrag soos R100 vir 'n eerste skoot wat dan opgaan met die tweede skoot etc. Daar is jong jagters wat nog leer en ander faktore (soos takke) wat kan aanleiding gee tot 'n miskoot. Persoonlik sal ek nie op 'n plaas gaan jag waar iets soos 50% of volprys vir 'n miskoot 'n reel is nie. Indien 'n skoot geskiet is moet die jagter en gids net baie mooi gaan soek vir bloed op die plek waar die bok gestaan het en op die spoor, totdat hulle met sekerheid kan se dat dit heeltemal mis was. Natuurlik moet die detail van sulke skote aan die eienaar rapporteer word.
2. Alle gekwoteerde pryse moet BTW insluit. Mens het die prys wat jy kan betaal in jou kop en wil nie aan die einde van 'n pryslys sien dat BTW nog moet bykom nie.
3.Vuurmaakhout is 'n moelike kwessie -party manne wil baie groot vuur maak wat onnidig is en mors. Hulle moet maar betaal daarvoor. Om wrywing te voorkom kan die eienaar die gebruik beperk deur byv. net genoeg gesaagde hout te voorsien vir elke dag. As daar 'n groot hoop stompe/takke by die vuurmaakplek neergesit word gaan party manne "bon-fires" bou en moet die eienaar nie verbaas wees daaroor nie.
4. Oor die algemeen stem ek saam dat foute met diere se geslag/oderdom/trofee grootte die jagter se probleem is. Een uitsondering; as die PH self (nie gids nie) 'n fout maak met bv. die geslag van 'n bok (BWB) dan moet hy maar die verantwoordelikheid dra.
5. Ek dink die beste is as die eienaar/bestuurder in die aand 'n draai kom maak en oor 'n koeldrankie gesels oor die dag se gebeure en enige onduidelikhede uitstryk. Hy moet egter nie die hele aand kuier of die geselskap oorneem nie.
6. Dis goeie praktyk vir die boer om 'n deposito te neem met die bespreking en 'n week voor die tyd alle verblyf ten volle te laat betaal. Dit sal kansellasies en verminderde getalle beperk en beplanning vir hoeveelhede vergemaklik. Kontant is somtyds 'n beslommernis en ek verkies internet betalings op die plaas of na die jagtog.
BRNO .06 - 'n Baie belangrike aspek vir goeie verhoedinge is goeie kommunikasie. Enige vrae of onduidelikehede moet vooraf uitgeklaar word. Gewoonlik gee die boer toestemming dat jy 'n jakkals kan skiet as jy hom vra.
Dan moet die boer ook sy eie reels volg. Ek sal byvoorbeeld nie weer op 'n plaas gaan jag waar die boer ge-adverteer het dat geen jag uit voertuie toegelaat word nie, maar dan ry hyself op die plaas rond en skiet terwyl ek probeer loop en bekruip in die veld.
Net my 2c
Groete
Biltong.

FDJ
- Full Member

- Posts: 106
- Joined: Mon Nov 23, 2009 9:57 am
Re: Jagreels
1) Bedrag op mis skote
Ek om eerlik te wees hou nie daarvan om te betaal vir mis skote nie.Die redes hiervoor is
- Ek gaan nie jag en probeer om mis skiet nie
- As ek lees oor die oorlog maak klink dit weer soos die vrot 1% van die jagters wat dit moeilik maak vir die res van die jagters
- Ek se dit is regverdig om se van skoot 2 of 3 te betaal vir mis skote veral vir jong seuns en vrouens wat begin jag.Dit is hier waar die boer sy eie diskressie kan gebruik.
2) Hoe wil julle die pryse sien?
Btw in as hy gerigistreer is sodat ek die btw kan terug eis.
3) Vuurmaakhout.
Gee n sekere hoevellheid vir die naweek en as dit klaar is kan die jagters nog koop.
4) Indien n fout in die veld gemaak word op n dier soos bv n jong manlike dier, hoe moet dit gehanteer word?
Vir die boer se diskresie.Ek was al op plase waar die volle bedrag vir `n jong kudu bulletjie gevra is en dan ook al op plase waar daar afslag gegee is.As ek die fout maak is ek bereid om die volle bedrag te betaal maar sal afslag baie wardeer.
5) Wil n mens die Outfitter/Plaaseienaar deel he van jou kuier of wil jy hom ontmoet en weer sien met betaling?
Hy is meer as welkom.Altyd lekker om oor die plaas en diere te hoor.
6) Hoe verkies jy om betaling te doen? In vandag se tye wat is die beste manier?
Vir die boer se eie veiligheid EFT of selfoon oorplasing.Een werker moet net vir die verkeerde een by die shebeen se daar is kontant by die boer.Die tegnologie is daar.Almal kan dit nou gebruik.
Groete
Francois

.308 Brno , 30-06 Brno
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Jagreels
Wouter, ek wil die ding so bietjie anders benader. wat ook al jou reels is, en die sukses daarvan, gaan baie afhang van hoe die jagters dit ervaar in die weise waarop die reels aan hulle oorgedra word.
was een jaarop n plaas waar die boer se seun ons gasheer was. die man was jonger as ons almal, maar hy het so mooi in die begin met ons gepraat en vertel van n paar slegte ondervindings wat hy met jagters gehad het dat ons regtig die reels wou nakom. die jong man was opgewonde om ons daar te he en ons wou hom nie skade doen nie. die 3de dag kom sy pa egter daar aan. sommer met die wat hy uit die bakkie klim skreeu hy op ons: " Is julle ook van daai gemors van die stad wat net kom suip en kwes". ek was sommer net daar lus en gaan kwes iets.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Dawie D
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm
Re: Jagreels
Baie interesant
My mening
1) Bedrag/persentasie op misskote.
Ek dink dit kan van streek tot streek afhang, daar in die bosveld is dit moelik om mis te skiet want jy skiet nie verder as 80m nie en in die karoo begin jy eers op 200m skiet.
2) Hoe wil julle die pryse sien? BTW in of uit?
Die meeste ouens het n kontant prys en dan een vir die boeke met BTW so jy kan mos dan self kies
3) Vuurmaakhout. Mag daar n beperking wees en indien wat voel jy is n billikke bedrag daarop?
Dit sal maar altyd n probleem wees want party manne kan mors met hout.
4) Indien n fout in die veld gemaak word op n dier soos bv n jong manlike dier, hoe moet dit gehanteer word?
Die ou wat die sneller trek moet maar pa staan vir sy foute, behalwe as hy vooraf met die boer gereel het en dit duidelik gemaak het aan die boer dat hy onervare is.(Hoekom skiet jy as jy nie seker is nie??)
5) Wil n mens die Outfitter/Plaaseienaar deel he van jou kuier of wil jy hom ontmoet en weer sien met betaling?
Dit hang van elke groep af en kan ook so vir die eienaar gese word.
Die meeste manne wil maar saam met die boere kuier.
6) Hoe verkies jy om betaling te doen? In vandag se tye wat is die beste manier?
EFT of kontant is die maklikste.
Dis maar my mening
Groete Dawie

As ek jou sien gaan jy val
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Jagreels
1. BTW ingesluit asb
2. Vaste bedrag op die mis skote(maar die reel is nie lekker nie, niemand gaan om mis te skiet nie, en ek sal nie die plaasbaas se eerste besoeker wees nie, teen die tyd kan hy as die man in beheer, seker mense opsom en die reel toepas soos hy goed dink)
3. Plaas kan maar 1e aand se hout gee, daarna betaal jy self, as jy wil mors kan jy maar self daarvoor betaal
4.Plaasbaas/outfitter moet natuurlik een aand kom kuier, maar moenie heeldag daar uithang nie
5.Kontant is koning, maar sy werkers weet dalk dat as die blink venter waentjie in die pad af ry is daar weer kontant op die plaas....alternatief is Internet betaling
6.As jou (die jagter)skoot loop, glo ek jy is verandwoordelik, nie die gids nie...maar as hy pertinente fout maak, moet hy maar verduidelik.
Ek sal baie upset wees as ek 'n jak skiet en plaas baas wil geld vra.....
Ek dink ook dit sal baie onregverdig wees as 'n man my 3 dae later bel en s? ek skuld hom geld vir 'n bok...enige iets kon gebeur het in daai 3 dae...
Ek glo dit is BAIE belangrik dat die reels aan die jagter beskikbaar gestel word by tye van jagbespreking of aankoms op die plaas, handel die sake af en dan jag almal lekker verder.
(Laasjaar gaan jag, met die proses om reels te gaan teken,inskiet ens, ry plaasbaas sy eie hond dood, ek het so sleg gevoel vir die man, maar hy het goed recover en dit was 'n uitstekende trip)
Cheers

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1177
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Jagreels
Wout
Dankie vir hierdie thread, dis goed dat die verskillende partye in die jaggemeenskap hier hulle sienings kan deel en gedagtes kan uitruil.
Ek dink Ludwig het dit hier redelik mooi uiteengesit en ek stem saam met sy sieninge.
1.) Misskote moet verseker beboet word met 'n bedrag van bv R150, daarna word dit 50% en daarna volprys. Die boer moet hier egter ook diskressie gebruik, as dit bv 'n jong laaitie is van 10 jaar wat sy eerste bok skiet kan die bokkoors en die opgewondenheid maar bietjie lol, dus moet die kerel ook nie ontmoedig word met die gedagte dat sy pa nou skielik vir sy droogmaak moet betaal nie, dit sit hom net verder op sy senuwees. As dit egter meer as 2 misskote word moet ingryping plaasvind. Hieroor kan die boer en die jong jagter se pa egter vooraf ooreenkoms bereik. Ek voel ook dit is baie belangrik dat die jagter se vermoe getoets moet word voor hy veld toe gaan. Geweer instel / check moet verpligtend wees en dan voel ek dis 'n goeie plan om daarna die jagter 3 skote vanaf stokke na 'n rooibokteiken te laat skiet voor hy in die veld ingaan. Daar word sodoende vinnig die die kultuur geskep dat roekelose gedrag en wild en wakker skiet nie aanvaar sal word nie.
2.) Ek voel uiters sterk daaroor dat ALLE pryse BTW ingesluit deurgegee moet word. Indien nie moet dit baie duidelik op die pryslys aangedui word. Ek is al so keelvol om my begroting uit te werk en dan kom die boer met storietjies dat BTW nie ingesluit is as dit by betaal kom. Indien BTW gehef word wil ek graag 'n BTW faktuur he wat die boer se details asook sy BTW nommer vertoon. Daar moet ook nie uitsonderings gemaak word vir kontant wat nie deur die boeke gejaag word nie. Regverdig is regverdig en dit geld vir almal.
3.) Die boer moet 'n bondel / kwota hout per dag beskikbaar stel, indien die jagters mors en dit is op, moet daar 'n vaste tarief wees vir ekstra hout of hulle moet hulle eie saamry. Wanneer heoveelhede onbeperk is raak jagters gemaklik en maak groot vure sommer net omdat dit lekker is.
4.) Foute in die veld is 'n moeilike een, maar ek voel dat dit deurgaans die jagter se plig is om seker te maak waarna hy skiet. Daar gebeur egter hier en daar 'n ongelukkie en dit moet dan op meriete hanteer word. As slegs manlike diere jagbaar is en daar word per ongeluk 'n vroulike dier geskiet voel ek dat die prys dan dieselfde as die manlike dier moet wees. Dis nie nodig om nou skielik 3 x die dier se prys te vra omrede iemand 'n menslike fout gemaak het nie.
5.) Hieroor voel ek redelik sterk dat ek die plaaseienaar / Outfitter deel van my kuier wil he. Mens vorm wonderlikke vriendskappe op hierdie manier en leer ook baie van die plaas, veld, jag ens. Ek het al baie goeie vriende so gemaak en dit se ook vir my iets as die eienaar / outfitter tyd saam met sy kliente spandeer. Ek sal ook soos Ludwig se 1000km ry en 'n heerlike ervaring saam met my gasheer he as om 200km te ry en 'n trip te he waar ek voel ek word aan die saligheid oorgelaat. Maar opinies hieroor verskil wyd en dit hang van persoon tot persoon af, daars nie 'n reg of verkeerd nie.
6.) Oor die betaling verkies ek gewoonlik EFT en tref ook die reeling met die plaaseienaar by bespreking van die trip. Ek verkies dit as EFT fasiliteite sommer op die plaas beskikbaar is, dan is dit afgehandel, maar indien tegnologie lol verkies ek om dit dan per EFT af te handel sodra ek by die huis kom. Ek het ook nie 'n probleem om vooraf 'n deposito en selfs volprys vir die verblyf te betaal nie.
Een ding wat mens ook kan noem is die pryse vir trofeewild en waar die skeidslyn le. Ek voel 'n boer moet dit baie duidelik op sy pryslys aandui. Ook watter meetmetode gebruik word. Ek voel ook dat dit goed sal wees om dalk die trofee lengtes redelik te korreleer met Rowland Ward se lengtes, ek het al baie keer gesien dat vlakvarke se trofee lengte sommer al by 7'' begin! Ek het dit ook al teegekom dat wildebeeste se trofee by 25'' begin. Nou dit is die rocket science om 'n 25'' wildebeesbul te skiet nie en jy gaan dan waarskynlik 90% van die tyd die trofeeprys moet betaal.... Dit is egter vir die boer ook nie lonend om sy Koedoes se trofeelengte by 54 7/8 te begin nie as gevolg van die feit dat koedoes se pryse die hoogte ingeskiet het, dus beskou ek dit as billik as trofeeprys hier in inkremente vasgestel word.
Net 'n verdere punt wat ook oorweeg moet word. Die afgelope 10 jaar wat ek jag het ek al tot vervelens toe dievolgende woorde gehoor as ek op 'n plaas aankom: "Trofee diere is nie jagbaar nie en word vir die "buitelanders" gebere. Jy mag nie op hulle skiet nie." Die boere is sommer reguit daaroor, die amerikaner of europeer mag hom skiet maar nie jy nie. Ek is helemal bereid om trofeeprys vir my wild te betaal as dit 'n trofeedier is (let wel 'n markverwante troffeeprys, nie $2000 x R8 vir 'n 29'' wildebees nie!!) Die feit dat ek bereid is maar steeds nie mag nie is vir my onaanvaarbaar. Ek het al tot vervelens toe gejag om 'n rooibokram van 24"+ te skiet, ek het al digby die 40 of 50 ramme geskiet maar die grootste was 23.5", al het ek al groter in my teleskoop gehad mag ek hom nie geskiet het nie. Ek voel dat ek as klient vir die boer net so belangrik moet wees soos sy kliente met die snaakse aksente. Ek hoop om uiteindelik hierdie jaar my 25'' ram plat te trek

Groete,
Lourens

Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Jagreels
Hallo Manne
Ek het maar net hierdie topic begin na gelang van ek en my broer se persoonlike jagbesprekings die jaar en die navrae wat ons tot nou toe op ons eie plaas gekry het. Ek sit in twee vure want aan die een kant is ek n jagter en die ander kant is ek n plaas eienaar. Glo my daar is twee heeltemal uiteenlopende oogpunte in die geval.
Kom ek benader bietjie hierdie goed uit n plaaseienaar se oogpunt dan kan julle dalk so bietjie n ander perspektief kry.
1)Misskote.
Hier gaan dit oor dat daar n moontlikheid is dat die dier wel gewes is sonder dat daar van die nodige tekens was. In koue maak velle vinnig toe en met sekere koeels skuif die vel oor die wond terwyl die dier harloop en los sodoende weinig of geen bloed vir groot afstande. Die uiteinde is dat die dier vrek en die plaaseienaar geen vergoeding kry nie. Deur n persentasie te koppel aan die skoot is dalk n beter stelsel. Ons vra 25% van die dier se prys waarop geskiet is. As jy dit so sien word een uit vier diere waarop geskiet word wel op bogenoemde manier getref, ek glo op ons plaas sal dit verseker hoer wees, en dit is dan n meer regverdige manier in my oe. Verlede jaar was ek op twee plase waar 100% van die dier se fooi gevra word! In beide gevalle was die plaaseienaars nie-jagters! Glo my daar is nie mis geskiet nie! Wild wat ook op hol geskiet word jag vir die daaropvolgende groepe ook moeiliker en veroorsaak minder omset vir die boer.
2)BTW in of uit.
Dankie vir julle terugvoer dit maak sin! Ek het in hierdie geval ons pryslys aangepas.
3)Oorlede Oom Lukas Potgieter het geskryf n jagvuur moet mens nader aan mekaar bring en nie mekaar wegdryf nie. Ek glo daar moet genoegsame hout wees vir geselligheid plus kole vir kosgaarmaak. Wat jagters net moet besef is dat dit verseker geld kos om hout te gaan haal. Daar is die personeel, trekker en sleepwa en saagtoerusting wat gebruik word in die proses en alles kos geld! Ek het juis so paar vriende wat daai vuur so groot kry as wat hy kan en dan gaan slaap!
4)n Fout op n manlike/vroulike dier of self die verkeerde spesie het n beduidende inpak op n plaaseienaar al is die dier jonk. Ek voel die persoon wat die sneller trek bly maar verantwoordelik vir sy foute en kan geensins verwag om tegemoet te gekom word nie. Indien hy wel tegemoet gekom word is dit n groot bonus en die jagter moet dit onthou! Op spesies wat moeilik onderskeibaar is moet die jagter se dit is n probleem en dan kan n ervare persoon as gids optree en in daai geval voel ek die onus le dan by die gids. Hierdie bly maar n moeilike een!
5) Oor die gekuiery na die tyd is ook maar n moeilike een. As jagter wil ek nie oor die algemeen lekker kan skinder oor die plaas, gebrek aan wild, swak geriewe en stink gidse!(Waar is die verdomde smiley's!?) Nee dit is maar soos julle se daar moet darem so bietjie diskressie wees. Heeltemal ander hierdie een vanuit n jagter en plaaseienaar/outfitter se verskillende oogpunte!
6)Hierdie is moeilike een en soos Koos tereg se GROOOT vrienskappe is al op die een gereuneer! Die plaas eienaar trek net aan die kortste ent by die een. Stem n deposito vir die volle verblyf is n moet en n EFT oorbetaling is die maklikste voor die plaas verlaat word. Tjeks is n moeilike een deesdae maar kan dalk vooraf gereel word. Ten miste moet die datum daarop die eerste besigheidsdag wees sodat n persoon darem krimineel aangekla kan word as hy Dunlop! Weereens n moeilike een!
So bye the way wat van wapenveilgheid?
Manne hierdie gaan nie oor my nie maar oor die algeheel van jag. Ek dink n klomp mense kan baat vind by die post so loop met hom.

Ek lees nou n paar van julle se replies.
Lourens ek stem dat ek as jagter ook nie beperk moet word op wat ek wil skiet nie. As die plaaseienaar R20 000 vra vir n 55 duim koedoe en ek wil hom skiet dan laat my. Net solank die pryse duidelik is. Moet ook nie vir my se om nie daai groot bul te skiet nie en as ek hom vra hoe lyk hy dan word daar gese jy sal hom sommer sien. Dit maak my briesend!
Oor waar troveelengtes begin besef ek elke plaas/gebied is uniek. Op sekere plase/areas word diere se horings nie so lank soos op ander nie. Net solank hierdie goed duidelik uitgespel word in die pryslys! n Mens besluit mos maar voor die tyd of n persoon bereid is om n spesie te skiet of hoe? Ek wil ook voor die tyd weet wat die prys op bv vroulike diere is as net manlike diere gejag kan word.
Ek glo dat baie van die goed voor die tyd uitgepluis kan word en dink die bedryf moetdalk so bietjie meer provesioneel raak om baie van die tipe goed uit te kan sort. Ons(ek) is dalk die eerste een wat sal moet wakker skrik!

Last edited by Wouter Roets on Mon Jan 23, 2012 4:21 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Jagreels
Wouter vra oor wapenveiligheid.
Plaaseienaar het aangedring dat alle gewere na die dag se jag,in sy kluis,in die hoofhuis moet wees..
Hoe raak dit die wet?
Sal julle manne die gewere ingee?
Plaaseienaar het aangedring dat alle gewere na die dag se jag,in sy kluis,in die hoofhuis moet wees..
Hoe raak dit die wet?
Sal julle manne die gewere ingee?
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1177
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Jagreels
Wouter, goed om ook jou siening as plaasboer te kan lees. Ek het admirasie vir julle ouens en die kliente waarmee julle elke seisoen moet werk. Ek as jagter weet dat sommige van ons ook maar moeilik kan raak met tye....
Wapenveiligheid is 'n baie belangrike aspek en dit behoort ook so hanteer te word tydens jag. Ek voel dat mens reeds by die inskiet / check van die gewere 'n jagter se wapenveiligheid en hantering kan sien. Hier moet dit dan dadelik hanteer word met die jagter indien die boer kan sien dat hy onveilig optree. Enige ander onveilige optrede tydens die jag moet ook dadelik aan die boer raporteer word en hy behoort dit dan dienooreenkomstig te hanteer. 'n Ander goeie idee is om al die gidse op te lei om na elke sessie in die veld die jagter te vra om sy geweer veilig te maak en dan ook te kyk dat dit gedoen word. Ek weet die toepassing daarvan is nie altyd vir gidse so maklik nie.... veral nie vroeg op 'n saterdagoggend as die black label bietjie gevloei het die vorige aand nie....
Die onus bly egter te alle tye by die jagter om veilig op te tree en die boer kan geensins vir die jagter se optrede verantwoordelik gehou word nie. A jy nie 'n wapen veilig kan hanteer nie hoort jy nie op 'n jagplaas nie en hoort jy ook nie 'n wapen te besit nie!!
Iets wat ek ook graag sal wil sien is dat daar by die jaghut / kamp / lodge waar die jagters tuisgaan veilige stoorgeriewe / kluis beskikbaar is wat kan sluit. Ek wil nie my .375 veld toe neem en as ek terugkom agterkom dat Phineas 'n vinnige laatmiddag stapsessie met my 338 geneem het nie.
Dit het ookal gebeur dat daar 'n kluis by die kamp is maar geen sleutes is beskikbaar nie, dit help ook nie veel nie....
Oja Wout, om jou smileys uit te sorteer maak soos volg:
Gaan na profile > forum profile > modify profile > look and layout preferences en maak seker die Current theme en Current smiley set is beide op forum / board default gestel. Jou smileys en als sal nou weer mooi werk!

Last edited by Lourens on Mon Jan 23, 2012 4:32 pm, edited 1 time in total.
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Jagreels
Manne
Ek kan julle verseker as die boer so met my praat kan hy sy jag trip druk waar die son nooit skyn nie.Nou vir n klip in en op die bos wat is n trofee bok/dier.Hoeveel biltong jagters kan dit skat ???Drank en jag ek weet nie
Beretta
Ek kan julle verseker as die boer so met my praat kan hy sy jag trip druk waar die son nooit skyn nie.Nou vir n klip in en op die bos wat is n trofee bok/dier.Hoeveel biltong jagters kan dit skat ???Drank en jag ek weet nie
Beretta
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Jagreels
Manne
Ek het n 10 geweer kluis aangebring in die Lodge en die sleutels is die groep se verantwoordelikheid(het darem n spaar in my besit, weet mos wat gaan gebeur!). Ek dink dit is elke jagplaas se verantwoordelikheid om dit te he. Ek vat ten minste twee gewere op elke jagtog en wil weet my gewere is veilig. Cobb ek sou nie my gewere vir die plaaseienaar gee as hy daarop aandring nie. Sy agterstewe!
Met fooitjies voel ek presies dit is wat dit is, n tip! Niemand kan aandring daarop nie en is elke persoon se diskressie aan die einde van die dag. Ek gee maar altyd, maar ek doen dit voor die boer/outfitter sodat daar nie stories is nie. Ons samel dit maar gewoonlik so tussen die groep in en oorhandig dit dan oor aan die boer voor die hele staf. Hierdie bedrag moet dan tussen almal in geluke dele verdeel word.
Kom ons hoor nog bietjie hoe mense wapenveilgheid hanteer wil he voordat ek my 2c ingooi.
Groetnis
Wouter
PS.Louw Ek sal nou so maak! Dankie!
Ek het n 10 geweer kluis aangebring in die Lodge en die sleutels is die groep se verantwoordelikheid(het darem n spaar in my besit, weet mos wat gaan gebeur!). Ek dink dit is elke jagplaas se verantwoordelikheid om dit te he. Ek vat ten minste twee gewere op elke jagtog en wil weet my gewere is veilig. Cobb ek sou nie my gewere vir die plaaseienaar gee as hy daarop aandring nie. Sy agterstewe!
Met fooitjies voel ek presies dit is wat dit is, n tip! Niemand kan aandring daarop nie en is elke persoon se diskressie aan die einde van die dag. Ek gee maar altyd, maar ek doen dit voor die boer/outfitter sodat daar nie stories is nie. Ons samel dit maar gewoonlik so tussen die groep in en oorhandig dit dan oor aan die boer voor die hele staf. Hierdie bedrag moet dan tussen almal in geluke dele verdeel word.
Kom ons hoor nog bietjie hoe mense wapenveilgheid hanteer wil he voordat ek my 2c ingooi.
Groetnis
Wouter
PS.Louw Ek sal nou so maak! Dankie!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: Jagreels
Wouter,
wapenveiligheid is prioriteit nr. 1, dan volg die res van die jag se reelings. Sien my 2c vir wapenveiligheid in April 2010 se SA Jagterstydskrif, die een waar Mathys Roets op die voorblad pronk met sy witblesbok.
Net om terug tekeer na misskote, dis 'n teerpuntjie die geld wat gevra word. Ek persoonlik dink dit is onvanpas op jagters wat gereeld jag en eties jag daarby. Geen etiese of ernstige jagter trek die sneller as hy nie seker is van sy skoot nie, veral as hy trots is op wat hy doen. Maw, sou hy die bok misskiet weens 'n berekingsfout, takkies wat pla op ruie plase, bok beweeg op die oomblik toe die skoot loop ens, waarom die jagter penaliseer as hy gevoel het hy was gereed om die skoot te skiet ?? Nou, die jagter wat nie werklik omgee of hy 3 - of 5 skote miskiet op 'n trip nie....wat s? inpak sal 'n miskoot of twee ( waarde van R150 - R200 ) inelkgeval op 'n R20 000 se jagtrip speel ?
Plaaseienaars / jagondernemers behoort 'n jagter op sy skiet en oordeelsvermoe te penaliseer wanneer so 'n jagter roekeloos aan die skiet gaan. So 'n persoon moet verbied word op 'n plaas en huistoe gestuur te word. Daarom het 'n jaggroep 'n leier, hy dra die onus van sy groep en daarom is dit noodsaaklik dat hy weet wie hy saamneem op 'n trip. Indien hy weet 'n jagter in sy groep is nog nie op die standaard, kan hy reel dat die PH of skerpste gids die man leiding gee in die veld en ondersteun ?
Maar net my opinie
Groete
Jaco

Jakkie
Nee ou maat ek is met jou oor die wapenveilgheid. Dit moet eerste kom. Die probleem is almal sit dit nie as hulle eerste projoriteit nie en dit maak dit ontsmaaklik en gevaarlik!
Die misskiet ding bly n moeilike een want alle jagters kan ongelukkig nie oor dieselfde kam geskeer word nie. Vat hierdie voorbeeld. Ek het nou die reel van 25% op n miskoot. n Goeie of slegte jagter kom en skiet n koedoe op die blad op 30m. Daar kan nie met sekerheid gese word of die skoot geklap het nie agv die kort afstand en die spoor word verloor tussen ander sonder enige teken van bloed. Daar is nie takkies nie of enige ander rede vir die misskoot nie. Die jagter gebruik dalk Impala koeels wat alles nog vererger. Wat nou? Ek kan jou amper verseker daai dier is raakgeskiet maar ek as eienaar kan dit nie bewys nie. Is die 25% misskootfooi nie dan n goeie een in die geval nie?
Dit bly maar moeilik die goed. Maar iets wat wel duidelik in hierdie geval is is dat die jagter die brood aan sy kant gebotter wil he ten koste van die plaaseienaar. Indien die skoen aan die ander voet sit sal die meeste jagters heeltemal anders besin oor hierdie ding, nie waar nie.
Net vir interessandheid. Verlede jaar op Gertjie se plaas waar hy 100% van die bok sy prys vra, is daar nie n enkele bok misgeskiet of gewes nie. Daar was n verskeidenheid van jagters en jy kom mie glo hoe het die manne seker gemaak die gewere is reg ingestel! Daar is bitter seker gemaak voordat die skoot loop en ek was lanklaas so beeindruk met n groep se resultate! Ek dink persoonlik dit is onbillik maar ja die resutate was daar!
Groetnis
Wout
Nee ou maat ek is met jou oor die wapenveilgheid. Dit moet eerste kom. Die probleem is almal sit dit nie as hulle eerste projoriteit nie en dit maak dit ontsmaaklik en gevaarlik!
Die misskiet ding bly n moeilike een want alle jagters kan ongelukkig nie oor dieselfde kam geskeer word nie. Vat hierdie voorbeeld. Ek het nou die reel van 25% op n miskoot. n Goeie of slegte jagter kom en skiet n koedoe op die blad op 30m. Daar kan nie met sekerheid gese word of die skoot geklap het nie agv die kort afstand en die spoor word verloor tussen ander sonder enige teken van bloed. Daar is nie takkies nie of enige ander rede vir die misskoot nie. Die jagter gebruik dalk Impala koeels wat alles nog vererger. Wat nou? Ek kan jou amper verseker daai dier is raakgeskiet maar ek as eienaar kan dit nie bewys nie. Is die 25% misskootfooi nie dan n goeie een in die geval nie?
Dit bly maar moeilik die goed. Maar iets wat wel duidelik in hierdie geval is is dat die jagter die brood aan sy kant gebotter wil he ten koste van die plaaseienaar. Indien die skoen aan die ander voet sit sal die meeste jagters heeltemal anders besin oor hierdie ding, nie waar nie.
Net vir interessandheid. Verlede jaar op Gertjie se plaas waar hy 100% van die bok sy prys vra, is daar nie n enkele bok misgeskiet of gewes nie. Daar was n verskeidenheid van jagters en jy kom mie glo hoe het die manne seker gemaak die gewere is reg ingestel! Daar is bitter seker gemaak voordat die skoot loop en ek was lanklaas so beeindruk met n groep se resultate! Ek dink persoonlik dit is onbillik maar ja die resutate was daar!
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: Jagreels
Wouts,
stem saam dis 'n moeilike een, maar ek glo dat jagter en gids 'n baie goeie idee sal he of hy sy koedoe getref het of nie op 30 tree. Dit is so dat daar nie altyd bloed is in die eerste klompie meter nie, daarom weer my ou gesegde, swaarste koeels en stadige spoed in die bos, dan wys die dier gewoonlik ( lyftaal )hy is getref en bloed sal ook sigbaar word later wanneer die rigting waarheen die koedoe vertrek, goed gehou word ( bly 'n taai een )
Net soos jy se, jy sal jagters kry wat maar die skoen sal aantrek wat hom pas, maar as jy goeie gidse het, sal jy ver kom met die soort van jagters. Jy is nou 'n eienaar ook en nie net meer 'n jagter nie, dink terug hoe jy dinge in die veld ervaar het met swak en goeie gidse / groot verskil ne
Gertjie se plaas is langs 'n vriend van my s'n en daar het ouens gejag wat ek goed ken en ek stem heeltemal met jou saam, daar kan jy 'n "voltal" skiet nie waar nie ? Mooi oop daar en wild is baie mak, want daar word nie lood onnodig rond geslinger nie
Wouter, dis jou en ander plaaseienaars se reels en met goeie redes ook, sien my skrywe in SA Jagter Nov 2011 uitgawe onder "brandpunte " die wenbrief, waar ek skryf, nie een jagter kan vir 'n wildplaaseienaar sy reels vir hom maak of breek nie, hulle is nie geregtig daarop. Dit is absoluut die jagter se verantwoordelikheid om die reels vooraf te bekom en te verstaan en as hy nie saamstem met dit nie, jag hy op 'n ander plek.
Lekker gesels onderwerp die !
groete

- molopohunter
- Sr. Member

- Posts: 476
- Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm
Re: Jagreels
Wout, ek gaan saam jou stem soos jy die reels daar het. Die mis skoot ding staan in die kontrak as n boete, maar ek laat die ou gewoonlik gaan as dit n DUIDELIKKE mis skoot was. Dis hoekom ek verkies om by meeste groepe self gids te speel.
Hou die groot praters dop...hulle is gewoonlik die wat kwes en lieg!!!!! Pasop nog meer vir grootwild jagters, maar sy grootste kaliber in sy besit is sy 30-06. Iewers op die forum het ek n hele ruk terug vertel van daai klomp buffel jagters, wat nie 1 in die groep eens n geweer besit nie. Daarna laat ek ook nie meer manne sonder hulle eie gewere skiet nie. GEEN army patrone in die 308's nie. Hou dit fein dop.
Mens som ook vinnig n groep op en mens leer in die 1ste dag wat om te verwag van die groep. Ek maak n reel om elke oggend en middag n draai te maak en op die groter gedeeltes moet mens hulle weer gaan optel, dan kan mens vinnig agtekom of jy gaan bly vir n vinnige geselsie of dit gebeur ook dat mens pelle maak en langer bly.
Ons vra per sak hout, maar as mens einde van die trip sien die manne was van die goeie soort wat nie net mors nie, dan sit ons dit nie op nie.
Die betaling ding het ek al op n harde manier geleer...hy betaal voor hy ry en klaar. EFT werk deesdae die beste en die manne wat voltyds laat jag, sal versterkers of sateliet internet op die plaas he. Selfs pelle het hier al vyande geword, en sit nou nog met "pelle" wat my nog van 2010 se jagte moet betaal. Ons vat ook 50% deposito om die bespreking te bevestig, tot dan is die datums oop vir die man wat die graagste daai tyd soek.
Ons het n aparte trofee prys stelsel, maar ons looi nie n ou as hy n vroulikke dier skiet nie. Meeste biltong jagters verkies ook die vroulikke diere, en mens kan ook nie net manlik afhaal elke jaar nie. Ek vind gewoonlik al adverteer jy vir biltong jagte, is daar maar n trofee jagter, of n man sien daai droom bok skielik voor jou. Vir daai manne gee ons gewoonlik die mates deur, en mens kan altyd vir die man so n les gee hoe om die verskil tussen n groot en kleiner dier te sien. As hy graag n trofee wil skiet, moes hy al 1 gesien het, en het n baie goeie idee waarvoor om te kyk.
Wapen veiligheid bly soms n treur saak, want as n man van ver aankom, kan mens hon nie daar gaan vra is jou wapen veilig nie. Ek laat hulle maar altyd net check voor hulle op die bakkie klim en word in die sak vervoer. Die gewere word in n kluis gebere in die aande, en weer oopgesluit in die oggende. Hier ook al hard geleer. Dis waar al daai stories vandaan kom van n uil probeer skiet, en toe's dit n kameelperd, beeste nie eers van te noem hoeveel.
Die manne vat ook bietjie in die aande, en het al n ondervinding waar n man in die aand 1 van die kamp se mak nyalas geskiet het op 3 meter, want hy het gedink sy "stalking skills" was uitstekend met sy nuwe 3d sniper camo. Die nyala was met die hand gevoer!!!!!!!!!!!!
Net n ander ding wat ek glad nie hier sien opduik nie...drank gebruik?
Ek voel die manne kan n kappertjie geniet, maar die man wat skiet, drink as hy klaar is. As hy wel ingee op die versoeking, dan word die jag trip n game drive.
Laat loop manne,
Groete,
Peet

Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Jagreels
Dis nou 'n baie lekker, maar uiters belangrike onderwerp!
Gun my 1 misskoot op 'n jag, maar 25% met die volgende, 50% op die 3de, 75% op die 4de en volprys op die 5de. Hier is die Karoo se voorsit jagte 'n probleem, want as daar te min gewere in die veld is, moet man partymaal 'n "aanjaagskoot" skiet. Hoe weet die boer dan watse skoot jy geskiet het? Ek was al op sulke jagte waar die man aan die oorkant van die rand oorlog maak, maar later s? dit was net aanjaagskote.
Beslis wil ek net een prys sien - as dit met BTW in is dan s? hy so en wil ek 'n faktuur h?.
Vuurmaak- en braaihout word genoegsaam voorsien per aand en ek sal bykoop as ek staanvuur wil maak.
As ek 'n fout in die veld maak tov manlike of vroulike diere, betaal ek daarvoor. Die pryse moet net vooraf bekend wees en nie na die tyd onderhandel word nie. Hier moet die boer sy diskresie gebruik met die tipe/ervaring van die jagter en verkieslik 'n PH of gids saam met die onervare jagter laat stap.
Ek verkies dat die boer darem so bietjie saam kuier, maar binne perke! Ek was al op plaas waar hy die hele kuiery oorgeneem het en net van ons blou label bottel gedrink het en voorskriftelik begin raak het hoe daar nou eintlik gebraai moet word!! Dit was darem die uitsondering en ek het baie goeie vriend oor die jare bygekry en baie geleer so om die vuur by hulle.
Ek betaal 'n 50% deposito vir die verblyf met die bespreking en die volle bedrag 14 dae voor die jag. Die res betaal ek elektronies oor as ek by die huis is. Maar ek sal nie omgee om dit op die plaas te doen as die fasiliteite daar is nie. Gelukkig ken al my jagplekke my al so paar jaar. Ek verkies ook om net 2 pryse te sien - die dagfooie wat alles van slaap, slag, bakkie, gids, hout, tips ens. insluit en dan die wildspryse. Moet nie na die tyd vir my kom s? dat hierdie en daardie nie ingesluit was nie.
Wat wapenveiligheid aan betref is dit baie noodsaaklik dat die boer voor die jag al die re?ls en die vrywaringsvorms deurstuur. Hierdie ingevulde en getekende vorms moet sommer met die aankoms op die plaas al ingegee word. Ek verkies 'n kluis in my slaapplek waarvan ek die sleutel hou. Die boer kan maar alle ammunisie in sy kluis b?re, maar my geweer slaap saam met my!Die re?ls tov wapenveiligheid sal verskil, maar die normale vir my is dat geen geweer in die kamp uit sy sak is nie. As jy hom uithaal om op die voertuig te klim of om uit die kamp te stap, is die slot oop - heeltemal oop, sodat almal dit kan sien en nie hoef te vra of die wapen veilig is of nie. Jy maak daardie slot eers toe wanneer jy alleen of saam met die gids loop.
Drank en skiet gaan nie saam nie. Vat jou dop na die jag om die vuur en dan ook so dat jy nie die volgende dag al die bokke wegjaag met jou drankasem nie. 'n Babbelas en raakskiet het ook nog nooit saamgeloop nie!
Dis my 2c.....

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!