Kayak Visvang

Enige groot of klein visvang storie vanuit die groot blou dam hier.
Post Reply
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Kayak Visvang

Post by Apie »

Dag Manne

Ek is nie ‘n groot visterman nie maar het altyd baie daarvan gehou!

Ek is lus om ‘n Kayak aan te skaf om op ons jaarlikse vakansie Ponta Molangane toe en ook as mens varswater damme/riviere besoek ook kan gebruik.

As hy plek het vir 2 mense sal dit eerste klas wees.

Wil nie ‘n te duur een koop en dan met die ding sit as ek dit nie baie geniet nie.

Ek luister graag!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Kayak Visvang

Post by Blitzzz »

Hier by ons is veselglas die mees populerste kayak op die see. Waarvoor jy vra is maar moeilik, n dubbel kayak vir Mosambiek en dan ook te gebruik op die dam. Dis soos om n geweer te soek wat in die bos, op die vlaktes en op die baan lekker skiet. Dis wel n ander saak as jy net in die kalm water wil rond dobber, dan is daar baie van hierdie plastiek kayaks wat kan werk.
https://www.fluidkayaks.com/product/synergy-kayak/

Paar goed waarmee ek nie sonder sal regkom op my kayak:
- vis hatch (een wat af geseel is van die water)
- rudder sisteem (baie belangrik as jy n ent in die see roei en die wind pla)
- hy moet kan lekker “glide”
- veselglas
- dry hatch
- rodholders

My eerste kuise sou n Stealth Pro Fisha 525 wees. Jy gaan lekker in Mosambiek vang, maar te groot vir die dam.
https://stealthkayaks.com/product/profisha-525/

Kyk dalk na iets soos n Wilderness Trapon. Hulle kom in verskillende lengtes.
https://www.wildernesssystems.com/us/kayaks/tarpon-140

Dan moet jy ook onthou, die kayak is maar net die begin. Jy sal nog n lekker spaan kort en minimum n lifejacket.

Hoop dit help.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 478
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re: Kayak Visvang

Post by Sean3006 »

Ek luister saam...
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
Post Reply