Page 1 of 1
Muskiete wat pla
Posted: Sat Jan 28, 2012 4:13 pm
by 22-250 Sniper
Bloekom olie die beste langs die vis water
Re: Muskiete wat pla
Posted: Sat Jan 28, 2012 9:08 pm
by Cobus(Cobb)
Peacefull sleep is koning......
Koop dit by die boerewinkel dan is dit boereraad...
Cheers
Re: Muskiete wat pla
Posted: Sat Jan 28, 2012 9:31 pm
by tripodmvr
Weet nie of julle onlangs die gesien het het oor gis, water en suiker in 'n afgesnyde 2 liter koeldrankbottel nie. Sny bottel bo af net voor dit begin vernou. Gooi suiker, gis en bietjie water in die bottel en plaas propgedeelte na onder op as "deksel". Die chemiese proses skei koolstofdioksied af wat die muskiete lok sodat hulle binne in gaan. Nou werk die kontrepsie soos die fuike wat vir voels en ander diere gebruik word. Muskiete vlieg op en af teen die wande en kom nie uit by die bek nie. Baie goedkoop en effektief.
Re: Muskiete wat pla
Posted: Sun Jan 29, 2012 8:39 am
by Frederik
tripodmvr wrote:

Lees soos 'n baas plan ek neem aan hoe meer gis en suiker hoe meer koolstofdioksied die muskiete as verskriklik lief vir my.
Re: Muskiete wat pla
Posted: Sun Jan 29, 2012 11:44 am
by wlm
Gis en suiker is mos bier. Die manne vir wie die muskiete so lief is skei te veel koolstofdioksied af.

Re: Muskiete wat pla
Posted: Sun Jan 29, 2012 12:13 pm
by Frederik
wlm wrote:
Gis en suiker is mos bier. Die manne vir wie die muskiete so lief is skei te veel koolstofdioksied af.
wlm, los jy nou totaal my muskiet probleem op

Re: Muskiete wat pla
Posted: Mon Jan 30, 2012 7:17 pm
by Fanie
Ja nee ek het nou daai kontrepsie probeer vir die muskiete en my kantoor ruik nou soos 'n brouery. Hier het net een so klein goggatjie ingeklim en as ek sien hoe gelukkig hy op die' brousel se skuim is gaan hy nie weer daar wil uit nie !
As iemand dalk nou 'n parfuum en lipstiffie resep het kan ons die persepsie verander van 'n kroeg na 'n....
toemaar los liewer :-D
Re: Muskiete wat pla
Posted: Mon Jan 30, 2012 7:19 pm
by Fanie
Ek weet droe ys werk wel, maar om dit te kry is nou weer iets anders.
Re: Muskiete wat pla
Posted: Mon Jan 30, 2012 8:15 pm
by pietjacobs
Jis Fanie ek het nou lekker gelag vir jou kantoor storie.
Droe ys koop jy sommer by n roomys plek. Ek gebruik dit altyd as ons gaan kamp
Re: Muskiete wat pla
Posted: Mon Jan 30, 2012 9:46 pm
by Marc
Naands?,
Ekt nou net so lekker gelag Fanie ! Mense het al ges? jy moet kakiebos vat en dit aan jou smeer, het dit nog nie self probeer nie maar blykbaar werk dit vir allerhande goggas

. Wonder net hoe jy daai reuk van jou gaan afkry as jy terug keer na die beskawing ? Tabart doen maar die ding vir my.
Re: Muskiete wat pla
Posted: Mon Jan 30, 2012 9:57 pm
by Fanie
Sorrie ouens ek weet muskiete is 'n ernstige storie en is vir die meeste sterftes onder mense verantwoordelik. Dit en seekoeie, dalk 'n bedekte seen dat seekoeie nie kan vlieg nie ne'.
Lang mou kleertjies en muskietweerder.
Re: Muskiete wat pla
Posted: Tue Jan 31, 2012 6:40 am
by tripodmvr
tripodmvr wrote:
Weet nie of julle onlangs die gesien het het oor gis, water en suiker in 'n afgesnyde 2 liter koeldrankbottel nie. Sny bottel bo af net voor dit begin vernou. Gooi suiker, gis en bietjie water in die bottel en plaas propgedeelte na onder op as "deksel". Die chemiese proses skei koolstofdioksied af wat die muskiete lok sodat hulle binne in gaan. Nou werk die kontrepsie soos die fuike wat vir voels en ander diere gebruik word. Muskiete vlieg op en af teen die wande en kom nie uit by die bek nie. Baie goedkoop en effektief.
Moes sekerlik bygevoeg het dat hierdie bottels soos 'n foxpro aangewend moet word en nie aangesmeer of in jou gatsak gedra moet word nie. Lok die peste weg van jou. Mens kan dit die eerste linie van verdediging om jou huis noem en werk soortgelyk aan die bottels vol water op die gras vir die honde kittels.
Re: Muskiete wat pla
Posted: Mon Feb 06, 2012 5:53 pm
by wlm
'n Duitse omie wat iewers in Afrika konstruksie-werk gedoen het se jy moet gin en tonic drink. Die gin vir olifante en die tonic vir muskiete. Dit werk glo goed, na 5 jaar het hy nooit 'n olifant gesien nie en ook nie malaria gekry nie.
Re: Muskiete wat pla
Posted: Mon Feb 06, 2012 6:38 pm
by Fanie
Hier by ons werk Redheart en coke die beste. Na die vierde dop gee jy nie om wat jou byt nie ;-)
Re: Muskiete wat pla
Posted: Mon Mar 26, 2012 2:01 pm
by Nickvn
Vat Detol en water en meng dit in n sproei botteltjie. Spuit dit oor jou bene en arms. Werk goed vir ons. Jy sal sommer beter ruik ook.

Re: Muskiete wat pla
Posted: Fri Mar 08, 2013 1:15 pm
by Grystoppie
250ml listerene gemeng met 750 ml water in n sproei bottel werk ook goed. Gebruik dan sommer ook as die smaak in die mond nie meer te lekker is nie.