Page 1 of 2

Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sat Apr 30, 2022 8:42 am
by Chris (vdB)
More manne

Ek wil graag by julle hoor watter resep of spice julle gebruik om sosaties mee te maak. Gewoonlik maak ek sommer biltong van my wild se sirlions en fillets, maar die keer het ek die Gemsbokke se fillets en sirlions gehou met die idee om bietjie sosaties met dit te maak. Nou wil ek graag hoor watter spice julle gebruik, want daar is redelik n' verskeidenheid om van te kies tussen Crown en Freddy Hirch. Die meisie by Freddy Hirch se die mense is blykbaar lief om hulle OVS sosatie spice te koop, en ek het al gehoor manne praat goed van hulle Something Chunky spice ook.

Ek hoor graag van julle

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sat Apr 30, 2022 9:27 am
by Malan123
Chris, ek laat le my blokkies vleis in 'n mengsel van Worchester sous en heuning oornag. Spice hom dan met enige lekker barbeque spice (ek het al paar keer woolies sn gebruik). Loop diep lekker. Gaan kyk onder resepte hier op die forum - het reeds hierdie outjie daar uitgekrap

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sat Apr 30, 2022 9:43 am
by cassie_calvinia
Daar is die ou boere resepte.
daai kerrie reuk wat jy kry by die kerk se besaar.
maar om maklik te maak, freddie hirch verkoop baie souse. rooiwyn en garlic loop mooi saam met wild.
daar verskeie opsies. marineer vir 3 dae. dan vacuum jy

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sat Apr 30, 2022 11:51 am
by Capt. Yoda
Daai besaar Kerrie resep, iemand hier moet hom seker he. Ek weet hy vat lank om af te kook maar dis die pad om te gaan, lekker uie en vet tussen die vleis en laat hul 3 dae le soos Cassie se.

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sat Apr 30, 2022 12:27 pm
by Chris (vdB)
Dankie julle, ek het hier in die argiewe op n' resep van Danie Lombard ook af gekom, gaan hom probeer en daai heuning een ook.

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sat Apr 30, 2022 2:26 pm
by Capt. Yoda
Julle het my dam self nou reg om n paar sosaties vanaand te braai

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sat Apr 30, 2022 3:19 pm
by Chris (vdB)
Capt. Oblivious wrote: Sat Apr 30, 2022 2:26 pm Julle het my dam self nou reg om n paar sosaties vanaand te braai
Wanneer is julle eerste jag Cappie?

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sat Apr 30, 2022 3:20 pm
by Lategan1
Capt. Oblivious wrote: Sat Apr 30, 2022 2:26 pm Julle het my dam self nou reg om n paar sosaties vanaand te braai
Jy het nie genoeg tyd om hulle in te lê nie…

Beste.

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sat Apr 30, 2022 4:03 pm
by Francoisv
Kerrie Sosatie resep.

Bestanddele
8 Uie sny in ringe
2 eetlepels Kerriepoeier
1 e Borrie
4 eetlepels Suiker
2 eetlepels Maziena
2 koppies Asyn
2 koppies Water
1 koppie Blatjang
1 koppie Appelkooskonfyt

MAAK SO:
Braai die uie, voeg Kerrie, Borrie, Suiker en asyn by, Meng die Maziena en water. Voeg by mengsel en bly verhit en sodra begin borrel voeg Blatjang en Appelkooskonfyt by. Kook deur en sit af. Gooi oor jou vleis en roer elke dag om. Die lekkerste is as jy dit sewe dae laat marineer. • Terloops, varkvleis maak fantastiese sosaties. Rump en skaap die beste.

Shoot straight

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sat Apr 30, 2022 8:45 pm
by jankraay
Image
Hy is n wenner!! Springbok sosaties baie lekker gemaak.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 12:45 am
by Nico Harris
Daai sous wat jan opgesit het wen!

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 8:26 am
by Chris (vdB)
Crown behoort seker more oop te wees?

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 8:35 am
by Johan Nel
Ek gebruik 'n resep baie soortgelyk aan fransoisv s'n.
Soos hy aanbeveel, moet die vleis lank genoeg daarin marineer om die geure te ontwikkel. Ek hou daarvan om die vleis in blokke te sny, oornag in die yskas te marineer in die sosatiesous, en daarna die vleis en sousmengsel te vakuumverpak en te vries. Wanneer ek dit wil gebruik, ontvries ek dit en steek die vleis op sosatiestokkies saam met die ander items wat ek wil bysit, hetsy groente, dun skaapvetblokkies, etc.

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 9:20 am
by cassie_calvinia
miskien eendag vir die regte prys deel ek die resep

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 11:47 am
by Chris (vdB)
My kerrie is gemaak. Nou moet die vleis net klaar ontdooi

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 1:46 pm
by Chris (vdB)
Nou moet hulle le tot volgende naweek

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 2:02 pm
by Francoisv
Terwyl jy besig is...

2. koppies meel
2t bakpoeier
½t koeksoda
4 eiers
½t sout.
1t kaneel
1/2 koppie suiker
2e botter liggies gesmelt
⅓k melk
20ml olyfolie.
4 soetmielies
1 blikkie room mielies

Meng meel, bakpoeier, sout en suiker.
Klits eiers, botter, melk, olie en kaneel saam.
Meng saam en roer goed om deeg te vorm.

Sny pitte van soetmielies af. Maal saam met roommielies.
Meng alles goed saam

Smeer broodpannetjie, maak half vol en bak vir ongeveer 40min@180gradeC.

.

Shoot straight

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 2:48 pm
by sako 30-06
Chris daai sosatie sous lyk baie lekker, dink dit gaan n wenner wees.

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 3:18 pm
by Albert84
Image

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 4:19 pm
by Chris (vdB)
sako 30-06 wrote: Sun May 01, 2022 2:48 pm Chris daai sosatie sous lyk baie lekker, dink dit gaan n wenner wees.
Dankie Sako, ek het sommer met n' lepel so aan hom geproe, dit is baie lekker.

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 4:23 pm
by Chris (vdB)
Dankie vir almal se resepte, ek sal nog van die ander resepte ook toets.

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 5:06 pm
by Geno
Ek meng Crown se Something Chunky Sosatie en BBQ 50/50 en gebruik slegs rustring vleis in blokkies vir my sosaties. Hy is baie lekker!

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 5:48 pm
by Lategan1
Dit was nou lekker om te volg… net die wagperiodes gaan my vang :laugh:

Beste.

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 6:10 pm
by HeinM
Na baie kerrie resepte, is Jan Braai sin vir my die mees aanvaarbaarste. https://braai.com/curried-pork-neck-chops/ Net my 2c

Mooi langnaweek aan almal ;)

Re: Watter sosatie spice / resep gebruik jy?

Posted: Sun May 01, 2022 6:14 pm
by Chris (vdB)
Lategan1 wrote: Sun May 01, 2022 5:48 pm Dit was nou lekker om te volg… net die wagperiodes gaan my vang :laugh:

Beste.
;D So tussen deur word daar nog gestoei met die wors ook