Page 1 of 1
Musgrave by Nampo: Video
Posted: Fri May 20, 2022 10:26 am
by HeinM
Alle Musgrave manne
Hier is 'n goeie onderhoud met Frikkie du Plooy tydens Nampo. Hy deel nogal info aangaande die nuwe Mod. 21-aksie van hulle jaggewere, onder andere. Musgrave het nogal vordering gedoen met nuwe kolwe ook.
https://www.facebook.com/farmspacesa/vi ... 8944827480
Mooi naweek almal!
Re: Musgrave by Nampo: Video
Posted: Fri May 20, 2022 11:47 am
by J le Roux
Dankie, ek het dit nogal geniet.
Re: Musgrave by Nampo: Video
Posted: Fri May 20, 2022 2:14 pm
by Zuku
Interesant. Wat is jagters se opinie oor the slot aksie wat in die half toe posisies geplaas kan word met rondte in kamer.
Re: Musgrave by Nampo: Video
Posted: Fri May 20, 2022 2:41 pm
by Lategan1
Ek sal beslis nie so stap op my rug nie. Voorsit, geruisloos moet stap en bekruip ens. Ja.
Soos al in vorige draad genoem. My stasies en “muscle memory” is veilig - groen, gereed - oranje, oorgehaal vir skiet - rooi. Gereed vir my is wanneer ek weet prooi is naby of in sig, vir jag, net die slot laat sak as geraas ‘n faktor is. Andersins los ek slot opgetrek met gereed wees. Klim nooit op en af of oor goed met ‘n gelaaide geweer nie. Ek het al bergaf geval met ‘n geweer, met gevolglike geweer/teleskoopskade, gebeur vinnig, met ‘n man voor my en my seun agter my. So ek ken van koud skrik.(geen skoot afgegaan nie, bok was wel 40m voor ons, reeds dood)
Hierdie geruislose “gereed stasie” van die Musgrave pas my uitstekend. Ek gebruik nie ‘n veiligheidsknip nie. My dril is altyd dieselfde, spiergeheue is kernbelangrik. Het ookal gedubbel voer, wat ‘n nagmerrie met ‘n bok 30m van my af.
Ek verkies wel ‘n oop slot, maar blare en stof kan moeilikheid maak.
Beste.
Re: Musgrave by Nampo: Video
Posted: Fri May 20, 2022 4:21 pm
by Joe13
Oulik maar daai slot sal pla ini rug of rib.
Re: Musgrave by Nampo: Video
Posted: Sat May 21, 2022 6:15 pm
by HeinM
Zuku wrote: Fri May 20, 2022 2:14 pm
Interesant. Wat is jagters se opinie oor the slot aksie wat in die half toe posisies geplaas kan word met rondte in kamer.
Ek persoonlik hou nie van die idee nie...
Re: Musgrave by Nampo: Video
Posted: Sat May 21, 2022 6:18 pm
by Apie
Joe13 wrote:Oulik maar daai slot sal pla ini rug of rib.
Net die lefties!!

Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Musgrave by Nampo: Video
Posted: Sat May 21, 2022 6:19 pm
by Apie
Op die slot idee
Moenie dit afskiet nie, dis ‘n opsie wat jy kan gebruik of nie!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Musgrave by Nampo: Video
Posted: Sat May 21, 2022 6:25 pm
by HeinM
Apie wrote: Sat May 21, 2022 6:19 pm
Op die slot idee
Moenie dit afskiet nie, dis ‘n opsie wat jy kan gebruik of nie!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Nee, ek stem saam. Ek is net suur omdat die fkn goed so duur is

Re: Musgrave by Nampo: Video
Posted: Sat May 21, 2022 6:28 pm
by Apie
HeinM wrote:Apie wrote: Sat May 21, 2022 6:19 pm
Op die slot idee
Moenie dit afskiet nie, dis ‘n opsie wat jy kan gebruik of nie!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Nee, ek stem saam. Ek is net suur omdat die fkn goed so duur is

Ook ek!!
Sent from my iPhone using Tapatalk