Rooibok boud marinade
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13570
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Rooibok boud marinade
Manne help bq asb, ek het n lekker groot rooibok boud wat ek die week wil saam vat as ons gaan jag en hom ontbeen en braai een aand.
Wat se tiepe marinade kan ek hom n dag of 2 in laat le voor die tyd om daai bosveld smaak bq rustig te maak en om seker te maak die vleis is lekker sag?

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Rooibok boud marinade
Braai liewerste n paar skaap tjops!
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Rooibok boud marinade
Ek laat lê hom eers n paar uur in asyn water.
Maak droog en dan gooi jy in n marinade sak wat jy kan vacuum n bottel van daai creamy Griekse slaai sous. Dit werk vir my.

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2952
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Rooibok boud marinade
Italianers het my geleer, verwyder soveel moontlik van bloed/bloedwater en vliese, dit verminder die wildsmaak. Die asynwater help daarmee.ruaanb wrote: Tue Aug 02, 2022 5:04 pm Ek laat lê hom eers n paar uur in asyn water.
Maak droog en dan gooi jy in n marinade sak wat jy kan vacuum n bottel van daai creamy Griekse slaai sous. Dit werk vir my.
Ek gebruik dan Ina Paarman Griekse slaaisous. Oornag of dag daarin, vee af en braai. Jy kan paar opgesnyde knoffel huisies in boud indruk, soos met skaapboud. Witpeper en sout, fyn swart ook reg.
Bedien met sous van jou keuse of kweperjellie of selfs appel.
Die tydsame ontdooi en bloedwater verwyder is belangrik.
Geniet.
Last edited by Lategan1 on Tue Aug 02, 2022 5:31 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13570
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rooibok boud marinade
Ek moet die ding gebruik saam mense wat dalk van dit sal hou want in my huis gaan hy nie geeet word nie. Naaste wat hy hier geeet sal word is die wag by die hekSwede wrote: Tue Aug 02, 2022 4:57 pm Braai liewerste n paar skaap tjops!
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13570
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rooibok boud marinade
Dankie julle ek het gedink aan slaaisous. Sal hom donderdag aand so uur of 2 in asyn water laat le en hom dan vrydag en saterdag tot hy kole toe gaan in sous met kruie en wat nog laat le
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2952
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Rooibok boud marinade
Kook nou al vir jou 500gr gemengde droêvrugte in water. Koel af, pak in tupperware en neem saam as bygereg. Pak dit laaste halfuur of so rondom boud vir sous en geure opneem en opwarm.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1367
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Rooibok boud marinade
Vir my werk karringmelk die beste. Ek laat lê my wildsvleis in goed gesoute water sommer oornag (brine hom) en dit trek baie bloederigheid uit. Daarna spoel ek dit af met skoon water en bedek dan heeltemal met karringmelk. Laat staan hom weer oornag.
Dan spoel ek hom mooi af. Die karringmelk trek weer bloederigheid uit en maak ook die vleis sagter. Daarna is hy reg vir watookal jy wil doen met hom. Ek het al pot gemaak so met wilde dinge soos blouwildebees en dit proe bitter na aan beesvleis, net die tekstuur laat hom uitstaan. Hy kom vrek lekker.
As jy gaan braai, maak seker jy het genoeg vet byderhand. Rooibok is bitter droog, en braai maak nog meer droog. As jy nie pasop nie, gaan jy 'n bitter droë ding op die ou end hê. Rooibokboud met varkspek werk mooi. Druk die blokkies vet in die vrieskas sodat dit hard word, druk gate in die vleis en stop die vet daarin. Dan met roosmaryn, knoffel, botter, sout en peper en in die oond en die ding is wenner.

Malan123
- Hero Member

- Posts: 2128
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Rooibok boud marinade
Cappy, marinade hom soos die ouens se en dan stop jy hom lekker (ek druk cherries ook daar in). Draai hom toe in foil en braai hom dan saam so paar brandewyne. Die foil hou al sy moisture binne hom en die brandewyn verseker dat jy nie uitdroog langs die vuur nie. Ek meng graag OBS in my marinade, werk lekker saam die soetigheid van die cherries. As hy sleg is dan het jy te min brandewyn gedrink
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Rooibok boud marinade
Siebie jy vat hom die knorr se French slaaisous dan gooi jy vars knoffel gemengde Italianse kruie skut skut spice marina en worcestersous ruim gegooi en growwe swart pepper en jy los hom vir 2 dae in daai sous. Braai die ding nugter tot so meduim rare maar meer rare. Jy gaan my later dankie bel.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Rooibok boud marinade
Klink heerlik!joe rocket wrote: Tue Aug 02, 2022 7:43 pm Siebie jy vat hom die knorr se French slaaisous dan gooi jy vars knoffel gemengde Italianse kruie skut skut spice marina en worcestersous ruim gegooi en growwe swart pepper en jy los hom vir 2 dae in daai sous. Braai die ding nugter tot so meduim rare maar meer rare. Jy gaan my later dankie bel.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13570
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rooibok boud marinade
Ek het 2 persie skaap sterte vir homToxxyc wrote: Tue Aug 02, 2022 7:15 pm Vir my werk karringmelk die beste. Ek laat lê my wildsvleis in goed gesoute water sommer oornag (brine hom) en dit trek baie bloederigheid uit. Daarna spoel ek dit af met skoon water en bedek dan heeltemal met karringmelk. Laat staan hom weer oornag.
Dan spoel ek hom mooi af. Die karringmelk trek weer bloederigheid uit en maak ook die vleis sagter. Daarna is hy reg vir watookal jy wil doen met hom. Ek het al pot gemaak so met wilde dinge soos blouwildebees en dit proe bitter na aan beesvleis, net die tekstuur laat hom uitstaan. Hy kom vrek lekker.
As jy gaan braai, maak seker jy het genoeg vet byderhand. Rooibok is bitter droog, en braai maak nog meer droog. As jy nie pasop nie, gaan jy 'n bitter droë ding op die ou end hê. Rooibokboud met varkspek werk mooi. Druk die blokkies vet in die vrieskas sodat dit hard word, druk gate in die vleis en stop die vet daarin. Dan met roosmaryn, knoffel, botter, sout en peper en in die oond en die ding is wenner.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Rooibok boud marinade
Cappie laat weet ons bietjie wat jy op die ou end gebruik het en hoe die boud geproe het.
Maak 'n verskil
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Rooibok boud marinade
Al wat jy dan nog kort is netvet, stop die boud met die stertvet en draai toe in netvet.Capt. Oblivious wrote: Wed Aug 03, 2022 8:03 amEk het 2 persie skaap sterte vir homToxxyc wrote: Tue Aug 02, 2022 7:15 pm Vir my werk karringmelk die beste. Ek laat lê my wildsvleis in goed gesoute water sommer oornag (brine hom) en dit trek baie bloederigheid uit. Daarna spoel ek dit af met skoon water en bedek dan heeltemal met karringmelk. Laat staan hom weer oornag.
Dan spoel ek hom mooi af. Die karringmelk trek weer bloederigheid uit en maak ook die vleis sagter. Daarna is hy reg vir watookal jy wil doen met hom. Ek het al pot gemaak so met wilde dinge soos blouwildebees en dit proe bitter na aan beesvleis, net die tekstuur laat hom uitstaan. Hy kom vrek lekker.
As jy gaan braai, maak seker jy het genoeg vet byderhand. Rooibok is bitter droog, en braai maak nog meer droog. As jy nie pasop nie, gaan jy 'n bitter droë ding op die ou end hê. Rooibokboud met varkspek werk mooi. Druk die blokkies vet in die vrieskas sodat dit hard word, druk gate in die vleis en stop die vet daarin. Dan met roosmaryn, knoffel, botter, sout en peper en in die oond en die ding is wenner.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Rooibok boud marinade
Ratel wrote: Wed Aug 03, 2022 8:27 am Cappie laat weet ons bietjie wat jy op die ou end gebruik het en hoe die boud geproe het.
Cappie gaan nie eet nie...
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2952
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Rooibok boud marinade
Verder hier toe, met komplimente van.Capt. Oblivious wrote: Tue Aug 02, 2022 4:16 pm Manne help bq asb, ek het n lekker groot rooibok boud wat ek die week wil saam vat as ons gaan jag en hom ontbeen en braai een aand.
Wat se tiepe marinade kan ek hom n dag of 2 in laat le voor die tyd om daai bosveld smaak bq rustig te maak en om seker te maak die vleis is lekker sag?
http://www.foodloversrecipes.com/2015/1 ... ildsvleis/
Wonder of boud al opgeët is?
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13570
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rooibok boud marinade
Nee da was so baie vleis gewees one het besluit om hom te los, ek sal kyk en hom in die volgende paar weke te maak as ek bq tyd het