Heuning te koop - proeflopie.
Posted: Fri Oct 21, 2022 11:09 am
Ek wil bietjie die waters toets......
Heuningbye, wat eers begin het as stokperdjie, en na heelwat skoolgeld betaal is, het nou ontaard in deeltydse boerdery, met 50+ produksie korwe.
Ek oes heelwat heuning, het aanvanklik aan vriende en kennisse verkoop, maar is bevrees my aanbod gaan my plaaslike mark oorskry, daarom benodig ek nuwe afset gebied. Ek is in Middelburg, MP so gebiede hier rondom, tot Pta en Jhb, glo ek sal werk.
Graag wil ek verneem of daar belangstelling sal wees, gaan binne die volgende 2 weke weer heuning oes. Het meestal bloekom en multiflora heuning, soms avo-bloeisel heuning ook, en doen ook heuningkoek. Suiwer, rou heuning word verpak in 500g bottels, plastiek "squeeze" en gewone ronde heuning bottel, verkoop dit @ R75 per bottel. Ook is kissies van 24 bottels beskikbaar. Die heuningkoek weeg ongeveer 300g, @ R60 elk.
Indien daar belangstelling is, kontak my op nulagt2trippel3dubbel94ses, of WA my.
Byvoorbaat dankie en groete.
500g squeeze bottel.
Avo, bloekom, multiflora-heuning.
Heuningkoek.