Loop en kaliber verandering

Post Reply
264 Win Mag
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm

Loop en kaliber verandering

Post by 264 Win Mag »

Hi manne ek soek advies hieroor asb. Ek weet die proses is moeilik en baie keer duurder as om net 'n nuwe geweer te koop maar as jy 'n spesifieke geweer soek met 'n spesifieke lengte loop is daai soort geweer meeste van die tyd nie van die rak af beskikbaar nie.

Ek het 'n Howa 6.5 needmore wat so 1200 +- skote deur die loop het. Ek is G@tvol vir die geweer en ek soek iets anders. So ek wil graag 'n ander loop opsit aangesien die geweer in ander opsigte reeds opgestel is soos ek hom soek.

Ek wil 'n 28 duim loop opsit . Wat is die proses om so vervanging te doen en hoe lank vat dit?

My eerste opsie is om weer 'n 6.5 loop op te sit maar ek is 'n stainless Sabatti 30 duim loop wat .243 gemerk is aangebied vir halfprys omdat dit ou vooraad is en die ou wat die loop bestel het nie die loop gevat het nie. Nou wonder ek of ek nie dalk die geweer 'n 243 moet maak nie aangesien ek nog 'n ander 6.5 in die kluis het wat nog nie 'n skoot geskiet het nie. Wat is die proses van kaliber verandering en kan dit gedoen word.

Ek hoor SAPS moet nou weer loop vervangings toelaat maar my DFO is maar oningelig oor hoe die proses werk
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: Loop en kaliber verandering

Post by Petrie303 »

volg
Post Reply