Nobleteq 9mm ammo
Moderator: Global Moderator
- Chevvy SS
- Hero Member
- Posts: 3106
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
- Location: Citrusdal
Nobleteq 9mm ammo
Ek het Vrydag telefonies 'n paar pakke gekoop om sommer op die baan uit te skiet terwyl ek dan terselfdertyd doppe bymekaarmaak vir herlaai.
Gedurende die naweek het ek per toeval afgekom op 'n bespreking waar die deelnemers nie vreeslik beïndruk was met die produk nie.
Deel asb. jul ondervinding van die koeëls met my?
Baie dankie.
Gedurende die naweek het ek per toeval afgekom op 'n bespreking waar die deelnemers nie vreeslik beïndruk was met die produk nie.
Deel asb. jul ondervinding van die koeëls met my?
Baie dankie.
-
- Full Member
- Posts: 184
- Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm
- Location: CENTURION
Re: Nobleteq 9mm ammo
Hi Chevvy SS
Ek het die afgelope 3 maande 450 Nobleteq 9mm reloads baan af gestuur in my CZ Scorpion evo 3.
Geen probleme gehad nie.
Groete
Court
Ek het die afgelope 3 maande 450 Nobleteq 9mm reloads baan af gestuur in my CZ Scorpion evo 3.
Geen probleme gehad nie.
Groete
Court
Court Schilbach
3 Americans
4 Czechs
1 German and a Chinese.
3 Americans
4 Czechs
1 German and a Chinese.
- Die Kooperasie
- Sr. Member
- Posts: 476
- Joined: Wed Feb 19, 2014 4:00 pm
- Location: Humansdorp, Eastern Cape
Re: Nobleteq 9mm ammo
Middag Chevvy SS
Ek het nou op ons stelsel gekyk. Ons het vanaf begin September 425 000 van hul 9mm ammo vesprei na ander handelaars en opleidingsentrums. Geen probleme nie.
Ek het nou op ons stelsel gekyk. Ons het vanaf begin September 425 000 van hul 9mm ammo vesprei na ander handelaars en opleidingsentrums. Geen probleme nie.
http://www.humkoop.co.za/web-dev/images/humansdorp-kooperasie-bpk-logo2.png
Riaan Vermaak / Cheryl Coetzee - 042 291 0431 / ammo(at)humkoop.co.za
https://www.facebook.com/pages/The-CO-O ... 297?ref=hl
Riaan Vermaak / Cheryl Coetzee - 042 291 0431 / ammo(at)humkoop.co.za
https://www.facebook.com/pages/The-CO-O ... 297?ref=hl
-
- Hero Member
- Posts: 997
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
- Location: Pretoria
Re: Nobleteq 9mm ammo
Dis reloads, nie nuwe ammo nie, en baie mense verstaan dit nie. Vir wat jy betaal is dit heel orraait.
- Fanta300
- Hero Member
- Posts: 2881
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
- Location: Vereeniging
Re: Nobleteq 9mm ammo
Werk baie mooi in my CZ
Lynx 300WM, Musgrave .308 (Ferlach Loop), BSA .303, Stevens .22, Howa .308 Varm, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi Aut., Truvello 260 Rem., BRNO ZKK 602 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win
-
- Sr. Member
- Posts: 334
- Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm
- Location: Bloemfontein
Re: Nobleteq 9mm ammo
Jammer vir die highjack….
Weer iemand dalk watter Somchem kruit hulle gebruik in die 9mm rondtes?
Groetnis
Weer iemand dalk watter Somchem kruit hulle gebruik in die 9mm rondtes?
Groetnis
-
- Hero Member
- Posts: 1496
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Nobleteq 9mm ammo
hulle gebruik nie somchem nie
-
- Hero Member
- Posts: 1472
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- Location: Stella
Re: Nobleteq 9mm ammo
Op Gunsite was daar enkele instrukteurs en baie ervare sportskuts wat lesers ernstig afgeraai het om kommersiële herlaaide ammunisie (soos bv Nobletec, NGA ens) te gebruik. Die rede daarvoor was dat die kwaliteitskontrole blykbaar nie op standaard was nie. Hulle het blykbaar beleef dat ammunisie geweier het, of dat daar fout was met ladings wat aanleiding gegee het tot skade, soos bv beskadigde handwapens en verstopte lope.Chevvy SS wrote: ↑Mon Nov 21, 2022 12:07 pm Ek het Vrydag telefonies 'n paar pakke gekoop om sommer op die baan uit te skiet terwyl ek dan terselfdertyd doppe bymekaarmaak vir herlaai.
Gedurende die naweek het ek per toeval afgekom op 'n bespreking waar die deelnemers nie vreeslik beïndruk was met die produk nie.
Deel asb. jul ondervinding van die koeëls met my?
Baie dankie.
(Ek het min persoonlike ervaring met kommersiële herlaaide ammunisie en herhaal hier wat ek gehoor en gelees het.)
- Askari
- Hero Member
- Posts: 655
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
- Location: Bloemfontein
Re: Nobleteq 9mm ammo
Ek het nog net een keer Nobleteq gekoop en daar was 2x 40 S&W rondtes in die pakkie, die res almal 9mm....
Gooi lood!!!!
-
- Full Member
- Posts: 136
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
- Location: Pretoria East
- Contact:
Re: Nobleteq 9mm ammo
Nobleteq was die enigste ammunisie wat ek ooit 'n probleem mee gehad het met my Sig Sauer P320. Hele paar "stove pipe" storings gehad en dit nooit weer gebruik nie. Vir oefening gebruik ek S&B en het nog nooit enige probleme gehad nie.
- Capt. Oblivious
- Hero Member
- Posts: 11507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
- Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Re: Nobleteq 9mm ammo
S&B en ek skiet baie van Remington se buin boks sonder pyne maar ek het al n paar bokse Nobleteq geskiet en hulle het almal bang gemaak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Aceofspades
- Hero Member
- Posts: 558
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
- Location: Virginia
Re: Nobleteq 9mm ammo
In 'n jaar se tyd by ons baan het ek persoonlik een "foutiewe" Nobleteq patroon gekry. Hy was net-net nie genoeg gesize om in 'n Stoeger STR9 te kamer nie. Dieselfde patroon het wel in so paar ander 9mm's wat ons getoets het gekamer.
'n Vriend van my en ervare sportskut doen opleiding vir 'n staats instansie. Hulle gebruik ook ons baan. Hy het in 4 weke net oor die 30k Nobleteqs in ons walle laat instuur. Dis geskiet met die verskeie 9mm's wat die staat besit.
Hy het geen probleme ondervind met hulle nie.
Persoonlik skiet ek eerder wat ek self laai, verder bly ek sonder opinie.
Sent from my BV9900E using Tapatalk

- Posts: 754
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Nobleteq 9mm ammo
Ek het so rukkie terug vir my .45 'n dovetail vir 'n voorvisier laat insny. Die "staked in" voorvisiere is soms geneig om die pad te vat sonder toestemming.
Die wapensmid het genoem van 'n paar beskadigde pistole wat na hom gekom het nadat hulle van hierdie spesifieke patrone geskiet het. Dit was na ek genoem het dat ek 9mm ook skiet. Hy het my afgeraai om van hierdie patrone te gebruik. Daarteenoor het die eienaar van 'n skietbaan weer vir my gesê hulle het nog nooit probleme ondervind nie. Die man by die skietbaan smous egter van hierdie patrone.
Hierdie is herlaaide ammunisie. Dit kan dus goeie kwaliteit wees, of dalk nie.
Vir ongeveer R70 tot R80 meer per pakkie kan jy fabrieksammunisie van PPU, S&B, Aguila of Sig Sauer kry as jy byvoorbeeld Zimbi se pryse as maatstaf sou gebruik.
Elkeen moet maar self 'n besluit neem. Ek self sal soms fabrieksrondtes skiet, maar meestal eerder ammunisie wat ek self gelaai het. Aangesien ek weet hoe moeilik dit is om 'n ander pistool of selfs onderdele te kry, wat nog te sê van nuwe vingers, is ek uiters versigtig met wat ek skiet. Destyds het iemand vir my NGA Eliminators vir my .45 gegee. Na 'n paar skote het ek besluit nooit weer nie. Die doppe was geswel met ernstige druktekens. Iemand wat sy eie rondtes herlaai kan self beheer uitoefen oor kwaliteitsbeheer.