Goeie dag, ek sal dit waardeer as iemand my kan help met ñ waarde die bogenoemde geweer? Dit is die model voor die Accu-Trigger uitgekom het.
Volgens die wapensmit waar die geweer gestoor is, is daar fout met die loop. My idee is om die geweer ñ nuwe loop op te sit as dit die moeitewerd is. Die wapensmit het gesê ek moet ñ offer maak, maar ek is nie seker hoeveel nie.
Dankie Jan
Savage 223 Remington waarde
-
J.A.N
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Wed Apr 15, 2020 8:38 pm
Savage 223 Remington waarde
Beretta 9mm
BRNO .22
Lee Enfield .303 Brit
Howa 308 Win
BRNO .22
Lee Enfield .303 Brit
Howa 308 Win
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2138
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Savage 223 Remington waarde
n Nuwe Howa sal jou waarskynlik minder kos as n aksie met n nuwe loop.
Voorstel: maak seker: is daar werklik fout met die loop? Hoe ernstig is die fout op die loop?
As ek reg onthou is die Savage gewere nie duur gewees nie. Jy koop effektief net die aksie, dus ⅓ van n nuwe prys.
Voorstel: maak seker: is daar werklik fout met die loop? Hoe ernstig is die fout op die loop?
As ek reg onthou is die Savage gewere nie duur gewees nie. Jy koop effektief net die aksie, dus ⅓ van n nuwe prys.
-
J.A.N
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Wed Apr 15, 2020 8:38 pm
Re: Savage 223 Remington waarde
Die wapensmit se presiese woorde aan my was "Ek het self nog nie na die loop gekyk nie, maar die eiernaar sê daar is fout so maak ñ offer". Ek dink ek sal die wapensmit se offer opvat om ñ paar skote te gaan skiet voor ek ñ finale besluit maak. Dit sal my ook kans gee om beter na die geweer te kyk.
Beretta 9mm
BRNO .22
Lee Enfield .303 Brit
Howa 308 Win
BRNO .22
Lee Enfield .303 Brit
Howa 308 Win
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2138
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Savage 223 Remington waarde
Soms is daar werklik n kleinigheid, soos bv n drukplekkie, of n los paar skroewe. n Goeie vriend van my het "onherstelbare" 7-08 gekoop vir R2500. As ek reg onthou was daar n krakie in die kolf waar die aksie vaskom, al moes hulle weke lank daarna soek. Die gesin slaan nou so amper vuis oor die lekker roerJ.A.N wrote: Thu Feb 09, 2023 7:59 pm Die wapensmit se presiese woorde aan my was "Ek het self nog nie na die loop gekyk nie, maar die eiernaar sê daar is fout so maak ñ offer". Ek dink ek sal die wapensmit se offer opvat om ñ paar skote te gaan skiet voor ek ñ finale besluit maak. Dit sal my ook kans gee om beter na die geweer te kyk.
n Ander man het n Mauser gehad wat elke sesde of sewende skoot ver weg laat land het. Toe hulle die geweer heeltemal boude en blaaie maak was daar n stukkie plastiekpyp onder een van die metaalstukke ingedruk. Toe die sakie reggestel is het hy weer soos n regte Mauser geskiet.
Die kanse is goed dat jy dalk n geweer van n leeftyd koop! Wees asb nogtans baie versigtig. Kyk ook op die internet of daar dalk baie klagtes was oor die spesifieke model.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Savage 223 Remington waarde
In sulke gevalle is die "fout" gewoonlik by die eienaar... Laat smid maar kyk.J.A.N wrote: Thu Feb 09, 2023 7:59 pm Die wapensmit se presiese woorde aan my was "Ek het self nog nie na die loop gekyk nie, maar die eiernaar sê daar is fout so maak ñ offer". Ek dink ek sal die wapensmit se offer opvat om ñ paar skote te gaan skiet voor ek ñ finale besluit maak. Dit sal my ook kans gee om beter na die geweer te kyk.
Mooi naweek