Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het vir baie jare - 10 jaar sedert ek die G19 gekoop het (wag vir 2de hernuwing.... tik tik tik) 'n leer IWB Ross leer holster gedra. Erens het iets gekrap en dit was beslis nie die skede nie, die ding is vrek gemaklik. Ek begin toe navors oor Blindederm Binne Broek of AIWB holsters te kyk. Ek besluit toe op South West se Rattler, lyk na die wiel vir Sannie.
Die naweek het ek dit gekry by my dogter toe ons haar gehelp het om te trek. Vinnig dit aangesit en toe sommer dadelik besef die ding gaan 'n ruk vat om gewoond aan te raak. Beslis nie vir 'n dag wat mens fisies werk nie. Ek het dit die res van die naweek weer probeer. Ek is nie 'n boer nie maar doen baie in die groente tuin en op die plot. Die heel moeilikste is om te hurk of af te buk, meeste van die tyd is die loop dan in die juwele in
My gewone werk is kantoor, waar ek staan of soms sit, so dis nie 'n probleem nie. Dis nie te sleg in die voertuig nie, maar die ander skede was gemaklik op 3 uur. Dalk minder bereikbaar.
Watter wenke kan julle gee en is dit 'n kopskuif om so te hurk met 'n loop wat in die lyf in wys? Ek verstaan die wapen is veilig omdat die sneller heeltemal toe is.
Dalk is ek maar 'n ouderwetse outoppie, maar ek sal hierdie soort holsters los vir die jonger "tacticool" brigade.
Dit het sekere voordele, maar dit lyk vir my ongemaklik en op 'n warm dag sekerlik meer so. Die blote feit dat die wapen met tye gerig word op jou juwele of lies (waar 'n hoofslagaar is) maak my ongemaklik.
Jy kan redeneer dat met 'n Glock, mits die sneller ten volle bedek is, is die hele spul veilig. Ek sien dit as dieselfde as 'n rewolwer wat ook nie 'n veiligheidskip het nie. Die goed gaan nie vanself af nie. Ek vra myself egter af of ek bereid sal wees om 'n gelaaide wapen (geholster of nie) op myself te rig. My antwoord is nee.
Carl, daar is drie sake wat die dra van n handwapen (on)moontlik maak:
- posisie (die presiese plek om, op, aan jou lyf)
- diepte (hoe ver die pistool agter jou belt versink)
- helling (hoe skuins die pistool sit)
Dit vat n hele rukkie om aan lies-dra (AIWB) gewoond te raak, maar dit is die moeite werd. Ek het die volgende voorstel al n hele paar keer op die forum gemaak, en gewoonlik help dit: draai jou pistool in n waslap toe en dra hom sonder die holster vir n aand of drie by die huis. Dit behoort vinnig te wys wat gemaklik werk op jou lyf, en dan kan jy die holster daarby aanpas. Kontak my gerus by 0.7.2.2.3.3.6.4.4.5 as dit dalk nodig is.
Die Rattler is groot, dit sal dus moeiliker wees om te buk.
Ek het baie lank gelees en gesoek voor ek AIWB aangeskaf het, Ek het paar gevoel, maar daai kydex op vel pla maar.
Op die ou ent het ek die Hybrid appendix + spare mag, wat ek nog bitjie laat customize het, aangeskaf van Guns & tactics.
daar is baie verstellings waarmee ek moes speel voor ek die regte posisie gekry het, so twee weke wat ek elke dag bitjie stel. ek het net nie 100% gevoel nie. toe het ek gaan sit en dink en besluit ek moet nog stel een kant, maar daar is nie 'n stel gaatjie nie. Boor 'n ekstra gat in die clip. van toe af is ek 100% gemaklik en elke dag, sit staan buk sonder probleme. dis nou al oor 3 jaar oud, en nie 'n dag se sukkel nie.
So soos Ds J se, speel met die hoek en diepte van dra.
OosKaapJagter wrote: Mon Mar 20, 2023 2:02 pm
Dalk is ek maar 'n ouderwetse outoppie, maar ek sal hierdie soort holsters los vir die jonger "tacticool" brigade.
Dit het sekere voordele, maar dit lyk vir my ongemaklik en op 'n warm dag sekerlik meer so. Die blote feit dat die wapen met tye gerig word op jou juwele of lies (waar 'n hoofslagaar is) maak my ongemaklik.
Jy kan redeneer dat met 'n Glock, mits die sneller ten volle bedek is, is die hele spul veilig. Ek sien dit as dieselfde as 'n rewolwer wat ook nie 'n veiligheidskip het nie. Die goed gaan nie vanself af nie. Ek vra myself egter af of ek bereid sal wees om 'n gelaaide wapen (geholster of nie) op myself te rig. My antwoord is nee.
Nee wat ek dink die tacticool is juis die ouens wat met sy OWB holster in die mall loop en dan geen poging eers aanwend om sy wapen te versteek nie of sy hemp so halfhartig laat oorhang. Gunsite het 'n nice versameling fotos van daai tacticools. En dan kwaad raak as die ouens wie weet waaroor dit gaan hulle reghelp. Hulle is 'n versoek om geroof te word.
Carl probeer Cytec vir jou G19. Ek het gevind dat hierdie AIWB vir my die gemakliste is. En ja dit is maar ongemaklik as mens op jou hurke sit. By die huis en op die plaas dra ek my G23 oop in 'n OWB leerholster met my hemp oor. Daar is nie ongewensde oe wat sien nie. In die dorp my Cytec AIWB.