.303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
User avatar
donderkop
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Sat Nov 13, 2010 7:39 pm

.303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by donderkop »

During the last part of 1983 Man Magazine published an article "Poor man's Magnum" by Elwood Epps.  Elwood had a lot of .303's  to experiment with and in the end the P14 and the Longbranch .303's were the only ones he was satisfied with.  These 303's had actions strong enough for his "poor man's magnum" namely the .300 Holland and Holland Magnum.

Kevin Healy [Impala Arms, Bloemfontein]reamed out my Epps on a P14 303 in 1983. I had no, but no data.  Only that 3000 fps with a 180 gr SP head could be reached. I used 308 heads[bullets] from 125 gr to 220 RN grs.  I had a Chrony One chrony with "hard" screens and had to work with reading converted to fps.

Gentlemen, I am still shooting my beloved Epps!  I am using S341 powder.  Loads for the 180 SP Sierra are now 55grains with Fed primers. With S342 lot 80 , I loaded 57 grains, Fed primer[Hintedburg gave lower velocities]

BUT every fired primer was checked, every doppie was tested with paper clip inside for separation and every doppie was cut back to the correct lenght, in my case 55,1 mm. When loading, EVERY laod was weighted and I used a LONG STEM funnel to add the powder slowley to the doppie.  I annealed  the doppies regulary.
For the 200BTSP Sierra [.308] I loaded 53 grains [S341 lot 143], With the new S341 I lam loading  51 grains.[Fed primers]

The 303 Epps only comes to Elwood's dream when you are on par with the .30 H&H Magnum! 

BUT Caution is the mother of the WISE!!  ALWAYS work up loads SLOWLY! 
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by 404Jeff »

Ek het ook my eerste Epps in 1981 gekry, ladings was skaars en ek het nie cronograaf gehad nie, daai tyd MR4 en MR205 gebruik op 180 gr punte het ek 50grn gebruik my doppies was Norma.Die geweer was ook P14
Later het ek weer Epps gebou maar hy wou niks maak met S341 en S365 kon ek nie genoeg kruit in dop kry dit was PMP doppe.
Ek het oor geslaan na Winchester doppe en vandag is dit my langskiet geweer.
150grn Hornady sp 52grn S355 gee 2908fps
180grn Siera en Highland 54grn S365 gee 2750fps
215grn Remington RN 45grn S355 gee 2380fps
Ek het met S341 gespeel en 2850fps met 180 Highlands gekry maar druk was te hoog en die lading geskrap.
Ek moet net weer waarsku die ladings is te hoog in PMP doppe!
As mens kan kry is Norma doppe die beste en dit hou lank ek het nog van hulle van 1981 af en hulle word gereeld gelaai!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
User avatar
donderkop
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Sat Nov 13, 2010 7:39 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by donderkop »

Baie interessant hoe sulke dinge kan verskil.  Ek het ook S 335 lot 137/180SP/Fed primers destyds probeer en tot by 53 grein gekom.  Was baie akkurate lading!
Die rede hoekom ek 'n langbeen tregter gebruik, is juis om meer kruit in te kry! My ladings is gekompakteer.  Ek doen net necksize op my doppe.Ek raak nie aan die dop skouer nie.  Uiteraard is dit warm ladings, maar ek kyk letterlik na elke primer na die skoot!  Ek gebruik net PMP doppe.  Het dummy-patroon gerook, gekamer en so die punt terug geskuif totdat dit net-net nie die "Lands"[groewe] raak nie.  Groete!
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by 404Jeff »

Gaan vandag weer baan toe, dit is ons eerste kompetiesie van die jaar. Gaan met die Epps en 150 Hornadys skiet.
Vir jag skiet ek 174grn Hornady RN met 54grn S365
Mooi dag vir jou ook!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by spekieries »

Dankie manne

Ek het gewik en geweeg wat ek sal doen met die P14 met die uitgeskiete loop. Volgende maand is bonus maand. Truvello hier kom ek. Dit sal 'n .303 Epps wees.
Ek hoop net hulle het 'n Kamer Ruimer (Is dit die regte woord Gerard) vir die Epps.

Nogmaal dankie sonder dat ek gevra het, het ek 'n antwoord gekry.

Epps Groete
Anton
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by 404Jeff »

Spiekeries jy kan nie fout maak! As jy hom regte kos gee praat hy so tussen 300 H+H en 30-06!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by 404Jeff »

Pet skiet 'n vriend het hulle in 1982 vir my uit Amerika gestuur, hulle was toe al uit produksie by Rempngton, hy het 200 gestuur en vandag het ek nog 25 oor wat gelaai is en ek mee bok skiet, jammer hulle is uit produksie werk baie mooi in 303Epps hulle lyk soos die oorspronklike Kynoch's rondeneuse!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Die 303 Epps is n bitter lekker kaliber en ek sou hom baie sterk oorweeg het as ek die kaliber besit het veral in n P14.

Ek het al met heelwat mense te doen gekry wat die kaliber skiet. Die meeste persone het ek gevind skiet die Epps teen te hoe druk. Die Epps se dopkapasiteit is gemiddeld 5gr minder as n 30-06 sin. Met die dat die loopdeursnee n bietjie groter is veroorsaak dit dat hy n bietjie beter dop tot kaliber verhouding het wat die twee baie dieselfde spoed gee op diensooreenkomstige koeelgewigte. Met n 180gr koeel en S355 is 2750ft/sek haalbaar teen basies 60 000psi uit n 24 duim loop. Hierdie sal ek net aanbeveel op n P14 aksie of iets soortgelyks. Dit is baie medesyne in die jagveld en het hom net n kort koppie agter die 300 H&H geplaas in sy oorspronglike lading van 2825ft/sek. Ons almal weet dat die 300 H&H met vandag se kruit weer in die 3000ft/sek klas is met geskikte kruit wat hom darem weer redelik ver verwyder van die Epps.

S355 werk baie goed met die meeste koeelgewigte in die Epps met goeie dopvulling en ontbrandings eienskappe. Dis voorwaar n baie gebalenseerde kaliber wat baie meer aandag en respek verdien as wat daar aan hom gegee word. Geniet hom terdee!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by Petrie303 »

Dagse,

Watse tiepe koeels gebryk julle as mens die EPPS so warm laai (180gr teen 2750ft/sek). Ek het sierra, PMP,hornady 180 gr op my EPPS gelaai teen 2700ft/sec en op die vlakvarke bietjie tyken ge-oefen... Ek het gevind dat die gewone punte geweldig opbreek en baie vleis skade gee op korter afstande (onder 100m). Watse Premium punte is daar vir 303 kaliber in 180gr, sover ek weet is dit net Rhino wat 174gr maak? het Ek het GS Custems 140grHV begin heraai teen 2850 en baie goeie sukses gekry ma sal meer gemaklik voel om met n premuim 180gr teen 2700ft/secl 'n koedoe in die bos aan te vat.

Moet mens ma nie kyk na jou Barnes 150gr of GS custems 140grHV kyk om daai extra spoed wat mens kry met die EPPS om die geweer te regverdig nie?

Groete,
Petrie
" The more you practice the luckier you get "
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by Wouter Roets »

Hallo Petrie

Dit is een van die probleme met die Epps. Die koeels is vervaardig met die standaard 303 se spoed ingedagte en dit is die rede vir die erger vleisskade in jou geval. Die keuses is baie beperk met die kaliber. Gelukkig maak Barnes nou die 150gr en dit sou my keuse gewees het. daai Barnes teen 2950ft/sek uit n 24 duim loop sal menigte diere se Moses wees!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
donderkop
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Sat Nov 13, 2010 7:39 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by donderkop »

Jy is nie tot .303-punte beperk nie! Die .303 loop wissel van .309 tot .311.  Ek het van die begin af[1983] 308-punte gelaai en dan met groot sukses!  Ek gebruik 'n 308 sizer in my 303 Epps "die" en soos reeds genoem, doen ek net neck sizing.  Die verskillende 308-punte waarmee ek ge-eksperimenteer het was 125gr SP, !50gr SP, 180gr SP, 200gr BTSP en 220gr RN.  Hierdie is almal 308 kaliber.

My beste lang afstandpunt en dan ook met die minste vleisskade, is die 200 gr BTSP in Sierra.  Ek gebruik S341,  51 grein,  doplengte 55,1mm, primers is Federal.Ek gebruik PMP doppe.  Doppe het 308 nekke.  ONTHOU , dit is 'n gekompakteerde lading en jy moet 'n langbeen tregter gebruik om die kruit styf en egalig in die dop te kry  Elke lading moet afsonderlik geweeg word.  Moet asb nie met 51 grein  begin nie.  Dis 'n stywe lading!
Last edited by donderkop on Mon Feb 13, 2012 9:11 pm, edited 1 time in total.
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by 404Jeff »

Mense julle moet oppas om net so ladings oor te vat!
Invroee tagtigs het ek met norma doppe 45grn MR2 agter 'n 215 grn Rem RN gelaai wat pragtig gewerk het, in die negentigs weer 'n Epps gebou en sommer die lading so oorgevat met S335 en PMP doppe, sommer met eerste skoot was daar fireworks, primer gepop en primer pocket sommer ovaal gerek!!
Benader die ladings met versigtigheid en werk stadig op, ONTHOU IN DIE EPPS WERK MENS MET LADINGS NABY EN OP MAKS!!!
Julle kan gerus 308 punte gebruik op die P14's ek het gevind dat hulle mooi werk!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Dit noodsaak my hier om so bietjie n rooi vlaggie te kom hys. Ons het hier te doen met n wildcat kaliber waarvoor bitter min of geen druktoets data bestaan nie. Ons kan QL en soortgelyke programme gebruik om drukvoorspellings te maak, maar dit bly voorspellings!

Deur 308 koeels te gebruik in die 303 sal verseker die druk verlaag en sal lei tot verhoogte snelhede teen dieselfde druk, maar dit bly n ope vraag tot waar die drukkurwes draai. Wees liewer aan die veilige kant in hierdie saak. Die Epps val in dieselfde klas as die Ackley reeks kalibers en moet liefs net deur gevorderde herlaaiers aangepak word. Moet nie net na primers kyk nie vir druktekens nie, meet die basis uisetting ook en as hulle in die 0.001" vlak kom beskou dit as maksimum. QL gee ons n goeie aanduiding van drukvlakke met koeels met die regte deursnee maar ek is nie so seker van onderdeursnee koeels se voorspellings nie. Die 303's se loopdeursnees wissel geweldig so laat hom maar sluk deur n oordentlike geweersmit. Om die harder 308 koeels te gebruik en veral mono's in die 303 sal nie raadsaam wees in die 303 nie. Swak groepering sal aan die orde van die dag wees.

Net nog n ding. Dit is ook nie raadsaam om balpoeier te kompakteer nie. Dit lei tot klontvorming op die langduur. Dit veroorsaak weer op sy beurt onkonstante verbrandings. Hierdie is die einste ding wat amper die 458 WinMag gesink het. Deur n lang droptube te gebruik kan jy verseker hierdie probleem verbeter maar baie keer nie uitsorteer nie. Stafiekryt het nie hierdie probleem nie en met S355 tot ons beskikking is dit die poeier van keuse met die 303 Epps. Donkerkop ek vat jou nie aan nie maar lig net hierdie probleme uit. Jy sal nie glo hoe baie mense hierdie skrywes lees nie! So dit is maar die rede vir my opmerkings. Jy se ook nie wat se lengte loop jy skiet nie en dit is meskien wys om hierie informasie sowel as vergrygde spoed in te sluit met jou bevindinge.

Groetnis en veilig wees mane
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
donderkop
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Sat Nov 13, 2010 7:39 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by donderkop »

Ek stem 100% saam met jou ten opsigte van VERSIGTIG en VERSTANDIGE herlaai gewoontes, Wouter!  Diit is so dat balkruit geneig is tot bal-vorming, ek het dit ondervind.

Ek het aanvanklik met huiwering ladigdata begin gee:  maar ook baie spesifiek die ander noodsaaklike parameters soos doplengte ens by gegee. Destyds , voor ek my chrono kon bekostig, het ek van die sg."web expansion" gebruik gemaak met lading ontwikkeling.  Ek aanvaar dat 'n HERLAAIER 'n mens is wat gesonde vestand het en ook met die sielfde ontsag en "eerbied" vir dit waarmee ons besig is, gevul is! 

Ek gee nie snelhede nie.  Dit kan die manne laat begin jaag na iets wat ondergeskik is aan die rede hoekom ons herlaai:  om die MAKSIMUM AKURAATHEID uit die loop te kry!

Ek gebruik my ladings en 308-punte van af 1983.  Soos wat die kruitlotte verander het, het ek maar vir Soncem gebel en kers opgesteek.  DUS sien asseblief my betoog oor Elwood se breinkind as 'n storie wat oor die afgelope 30 jaar vir my 'n pragtige rekord van jag-ondedervindings, die Epps dop in my hand, nadat die kudu geval het, wat reeds 'n stuk herinnering geword het! Groetnis.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by Wouter Roets »

Hallo Donkerkop

Nee ek jou bedoelings mooi raakgelees en opgemerk. Daar is nie fout van jou kant af nie en in dieselfde asem se ek baie dankie vir jou insette! Ek het maar net my skrywes gerig van die forum se kant af. Ongelukkig lees baie mense net wat hulle wil raaklees! Ons het beskoekers van heinde en verre op hierdie Forum so ons probeer maar altyd aan die versigtige kant bly.

Daar is bitter min wat kan kompeteer met die gevoel wat jy beskryf met hierdie kaliber wanneer jy n eensame paadtjie gestap het en die grysstof behoorlik moes inspan om die resultate te kry wat verlang was. Dit is een van die redes hoekom ek so bly is oor QL wat so nou en dan n liggie kan laat skyn op hierdie donkere kuns wat ons so graag wil bemeester. Die hele storie om jag en skiet/herlaai herhinder my baie aan golf wat jou op n ewige paadjie plaas van n kuns wat ons probeer bemeester. Soms is daar net sulke glimsies van volmaaktheid in die twee kunste, maar bemeestering ontbreek! Hierdie keer ons wel geensins om dit na te streef nie!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by Petrie303 »

Dagse,

Ek het die laaste ruk my EPPS baie lig gelaai omrede die koeels wat mens kry vir .303 nie van die "hardste" punte is wat mens kry nie...
Ek gebryk tans PMP doppe, 43gr s335 met sierra 180gr pro hunters teen 2450ft/sec. My geweer hou baie van die lading en kry baie goeie groepering. Ek weet dit is heeltemaal te stadig soos baie mense sal se maar daar is min bokke wat nie saam op die bakkie gan klim as mens hulle skiet nie...

Ek het 2 303 EPPS gewere. Een P14 en een Lee Enfield. Ek weet mens kan niedie Lee Enfield so warm laai soos die P14 nie en is daarom die rede wat ek die 180gr teen 2450 laai. Wat se QL, wat is my kamer druk met die kombenasie want ek het nog nooit enige probleme gekry nie.

Ek wil graag well nou bietjie meer met die P14 begin speel om meer spoed uit hom te kry vir daai ver skote. Ek gan die naweek bietjie 140gr GS Customs speel met S335. Oom Gerhard (van GS Customs) se ek kan gan tot 2950FT/sec. Ek wil ok dam bietjie met die 150gr barnes punte speel om te ky waarvan my geweer hou. Sien mense se ek moet S355 gebryk, 49.1gr teen  2767fps ??

Groete,
Petrie
" The more you practice the luckier you get "
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by Wouter Roets »

Hallo Pedrie

As n mens nie die gegewens het van jou geweer nie sal n mens nie n voorspelling kan maak waar hy gaan groepeer nie. Daardie resep is een wat vir daai spesifieke geweer gewerk het en gaan moontlik nie in jou unieke geweer werk nie. Mono's is baie vatbaar vir loopdeursnee vanwee die feit dat hulle nie kan uitsit nie. Hoer druk is weer die teendeel as die deursnee kleiner is as waarvoor hulle vervaardig is.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
shaunbaisley
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Wed Aug 06, 2014 9:09 am

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by shaunbaisley »

Hi Guys.
I have been following this thread with interest. I have a Winchester-made P14 that was converted to 303 Epps for me by Suburban Guns in Cape Town abut 20 years ago. I have never had much reason to use it until I sold my 30-06 last year. With that I needed to develop some loads for the Epps. Yesterday I took some sample loads to my local gun shop for speed testing, with the following results;
Cases Norma used and fireformed
Heads Speer .311 dia 174 gr JSP
Powder S341 Lot 80 (Yes I know it's old but seems pretty close to current burn rate)
COL 75mm

50gr = 2715 fps (only one shot recorded)
51gr = 2789 fps (2801 + 2778)
52gr = 2864 fps (2873 + 2855)
53gr = 2944 fps (2945 + 2943)

I now need to test for grouping, but I think for everyday use I will stick to the 50/51 grain load range, albeit that the 53 grain load showed amazing consistency between the two shots. The 50 grain load pretty much duplicates the factory performance for the 30-06, and that served me well for many many years.
Thanks for the information.
Shaun
vergund
Full Member
Full Member
Posts: 174
Joined: Wed Aug 08, 2012 7:09 am

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by vergund »

Naand mense .

Wie kan julle aanbeveel om n EPPS op n geweer te doen?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by tripodmvr »

vergund wrote:Naand mense .

Wie kan julle aanbeveel om n EPPS op n geweer te doen?
Die geweersmid moet 'n reamer hê en ondervinding van kamer sny.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
shaunbaisley
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Wed Aug 06, 2014 9:09 am

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by shaunbaisley »

The decision to convert to 303 Epps should be a measured one in my opinion.
First, I am not sure that the benefits would warrant converting an SMLE of any model. Elwood Epps apparently started off doing so to try to extend case (doppie) life for reloads. SMLE reloads were prone to case head seperation/cracking and he felt the reduced taper of the Epps would reduce that. I believe that he achieved some success with that approach, but note that one cannot approach the hot loads some are claiming, if you have a Lee Enfield action.
Second, if you have a P14 rifle with a good barrel, then you have the basis for a superb high-powered rifle. The Mauser-type action will handle much higher loads than the SMLE, and you can duplicate 30-06 performance easily even without reaming it to Epps. My suggestion however, particularly if you are going to be chasing maximum loads, would be to have it reamed to the Epps for two reasons;
1) The increase in the case capacity will give you slightly better performance; and more importantly
2) The larger case will prevent you firing one of those hot loads in a SMLE rifle with possibly disastrous consequences. Much the same thinking as the 357 magnum cartridge not fitting in a 38 Special.
I have listed some loads earlier that I believe are right up near maximum, and Donderkop listed others which I wouldn't have the nerve to use, but it does show the P14 action's ability to deal with high pressure.
As always, approach the top-end with caution and at your peril.
Shaun
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by Wouter Roets »

Hallo Shaun

Die gemiddelde dopkapasiteit vir n 30-06 is hier rondom 68gr en die gemiddeld vir n 303 Epps is hier rondom 63gr. Dus het die 30-06 so 8% meer dopskapasiteit as die 303 Epps. Die ladings waarteen die 30-06 sy snelhede bereik in fabrieksaminusie is op drukvlakke van so 58 000-60 000psi. Ek sal net graag wil weet teen watter drukvlakke jy dan die 303 Epps harloop indien jy die 30-06 se normale snelhede vir n gegewe gewig koeel oorskrei?

Onthou asb dat hierdie is n openbare forum vir almal om te lees. Almal moet deeglik verstaan dat snelhede met dieselfde gewig koeel in die 303 Epps teen heelwat hoer drukvlakke sal moet geskied om die groter kapasiteit 30-06 se snelhede te troef od ewenaar. Hierdie kom natuurlik teen n prys indien dit op die langduur toegepas word. Dit is nie iets wat ons graag hier van Jaracal se kant af wil voorskryf aan herlaaiers nie.

Groetnis
Wouter
shaunbaisley
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Wed Aug 06, 2014 9:09 am

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by shaunbaisley »

Wouter, I think you and I are singing from the same hymn-sheet. I agree with everything you say regarding the risks attached to reloading at maximum pressures. If you read my first post on the subject of reloading the 303 Epps, you will see that in spite of achieving markedly higher velocities than 30-06 factory specs for 180 gr bullets, I added that I would be sticking to the loads which matched or slightly exceeded the 30-06 180 gr specs. My logic (since I do not have access to the facilities to measure pressure) are as follows;
1) I am pretty confident that most factory loads will contain a pressure safety "cushion" due to the manufacturer not being certain of the quality of the weapons their ammo is to be used in.
2) The 303 loads a 174 grain bullet vs 180 grain of the 30-06.
3) The slightly larger bore of the 303 vs the 30 calibre weapon should have a marginal effect on the pressure peak.
4) All my loads are inspected after each shot for signs of pressure. I realise this is not an exact science.
So to everyone out there who may, like Wouter, believe that I am advocating loading the 303 Epps to 300 H&H levels, I AM NOT. In my clumsy way I was trying to point out to one of the posters on the thread who asked, that with a suitable action, the 303 Epps (and in fact the 303 British) can be loaded to perform more than adequately for the type of hunting calling for 30-06 category performance.
Donderkop can respond for himself - I have already said that I would not duplicate his loads in my rifle.
May I say that I fully endorse your responsible attitude to this matter, albeit I believe, you may have misunderstood my point.
Shaun
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by Wouter Roets »

Hallo Shaun

Ek moes my tweede paragraaf opgedra het aan die algemene lesers hier op die forum en nie aan jou spesifiek nie. Ons het wel n baie handige en akkurate instrument tot ons beskikking genaamd QL om drukvlakke te verkry en jy is absoluut welkom om jou inligting vir my deur te gee sodat ek vir jou jou drukvlakke kan bereken op jou ladings. Ek het al baie geskryf oor die tekortkominge en beperkinge wat herlaaiers het tot hulle beskikking met die lees van druktekens. Die 303 Epps wat basies n Ackley omskakeling is verbloem ook nog baie van die tekens om alles te vererger. Baie van die ladings wat as hoog maar nog steeds as veilig deur n herlaaier bestempel word se werklike drukvlakke sal die herlaaier ware rillings gee as hy bewus is hiervan. Ek glo dat hierdie wel die versynsel sal wees indien 303 standard en 303 Epps opgestoot sal word om 30-06 spoedvlakke te dupliseer of te oorskrei.

Groetnis
Wouter
shaunbaisley
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Wed Aug 06, 2014 9:09 am

Re: .303 Epps Elwood Epps's dream rifle!

Post by shaunbaisley »

Hi Wouter.
I will certainly be taking you up on your very kind offer of QL assistance for my 303 Epps loads.
Please list the information required by the program to do the calculation. I am led to believe that case volume using the mass of water it can hold, is one such data point. How is this measured - my guess would be to weigh an empty case, and then fill it with water and weigh again. Correct?? Filled to brim, or shoulder??
Other info would I guess be;
Bullet shape and mass in grains
Charge type and mass
Primer type and manufacturer
Cartridge overall length (COL)
Maybe case manufacturer?
Anything else?
Thanks in anticipation.
Shaun
Post Reply