Page 1 of 1

Nuwe Lid - Johan Kriek

Posted: Mon Apr 17, 2023 1:45 pm
by Boejan
Dag almal! Baie bly om `n groep te kry om bietjie van daai vrae te vrae oor herlaaining wat ek het. Ek het so twee jaar terug begin met herlaai van my 30.06. Geniet dit baie en veral beindruk met die beter groepering van my herlaaide patrone.

Nou het ek die groot stap gemaak om dilon xl750 te koop om 9mm te herlaai. Maar ek kry nerens small pistol primers nie.... Ek het gehoor `n mens kan small rifle primers gebruik maar sal graag wil hoor of dit `n goeie opsie is en of ek liefs iets anders moet probeer.

Durf ek vra of iemand weet waar ek small pistol primers kan in die hande kry?

Sien uit na goeie gesprekke

Re: Nuwe Lid - Johan Kriek

Posted: Mon Apr 17, 2023 2:33 pm
by tripodmvr
Baie welkom. Jy mag maar so parmantig wees om te vra vir SPP, maar ek dink al die manne hou vas aan dit wat hulle nog het. Gister by 'n pistoolskut gehoor dat hy ook nie kry nie en dat pryse van R2-20 per slagdop al genoem is.

Re: Nuwe Lid - Johan Kriek

Posted: Mon Apr 17, 2023 2:37 pm
by Chris (vdB)
Boejan wrote: Mon Apr 17, 2023 1:45 pm Dag almal! Baie bly om `n groep te kry om bietjie van daai vrae te vrae oor herlaaining wat ek het. Ek het so twee jaar terug begin met herlaai van my 30.06. Geniet dit baie en veral beindruk met die beter groepering van my herlaaide patrone.

Nou het ek die groot stap gemaak om dilon xl750 te koop om 9mm te herlaai. Maar ek kry nerens small pistol primers nie.... Ek het gehoor `n mens kan small rifle primers gebruik maar sal graag wil hoor of dit `n goeie opsie is en of ek liefs iets anders moet probeer.

Durf ek vra of iemand weet waar ek small pistol primers kan in die hande kry?

Sien uit na goeie gesprekke
Van die Wildman takke het laasweek Fiocchi in gekry

Re: Nuwe Lid - Johan Kriek

Posted: Mon Apr 17, 2023 2:56 pm
by Boejan
Duisend dankies! Hulle het nog stock gehad!

Re: Nuwe Lid - Johan Kriek

Posted: Mon Apr 17, 2023 3:03 pm
by Boejan
Ag nee toe is hulle stock nou ook klaar...

Re: Nuwe Lid - Johan Kriek

Posted: Mon Apr 17, 2023 10:56 pm
by Aceofspades
Kriek Kriek, welkom!

Ek stel voor jy bly by SPP.

In meeste gevalle gaan SRP werk in pistole en rewolwers. Daar is wel sekere van die handwapens wat nie te lekker werk met hulle nie. Of partykeer gaan jy honderde skote hê wat sonder probleme loop, maar dan kry jy daardie een wat nie met die eerste probeerslag afgaan nie.

As jy net vir een of twee wapens laai kan jy dit oorweeg, maar ek sal dit net voorstel as jy regtig hoë druk, soos 9Major wil skiet. Maar ek sal dit nie aanraai as jy begin handwapen herlaai nie. Daardie soort ladings moet baie sorgvuldig uitgewerk en getoets word.



Sent from my BV9900E using Tapatalk