Parallax se verstelling

Post Reply
Conna Howa
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm

Parallax se verstelling

Post by Conna Howa »

Goeie middag almal

Ek Wil bietjie by die slimmer manne hoor, is dit moontlik dat daar 'n probleem met die stelling van die parallax kan wees? Soos dat die parallax nie 100% die kruis haar inlyn met die teiken bring nie?
User avatar
dennisinpe
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm

Re: Parallax se verstelling

Post by dennisinpe »

Ek luister graag.
Ek het 2 goedkoper scopes Hawke en Burris.
Geen manier dat ek zero parallaks gestel kry op dit nie. Altwee fokus baie duidelik en ek het letterlik alle kombinasies van kruishaar en beeld fokus probeer.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3641
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Parallax se verstelling

Post by Fanta300 »

Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
dennisinpe
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm

Re: Parallax se verstelling

Post by dennisinpe »

Kan nie net 2 manne wees wie se scopes nie parallaksvry gestel kan word nie.
Wil graag hoor of ander manne dit kon oplos of laat regmaak.
N Gesprek wat ek met Rudolph in Kaap gehad het het dit laat klink of daar wel so n probleem met n scope kan wees.
My vermoede is maar dat te veel bellsnwhistles op goedkoper scopes die probleem kan wees.
Neem maar aan dat al die tips en videos op Youtube al bestudeer is.
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Parallax se verstelling

Post by JF123 »

Ek dink dat mense meestal probeer om die parallaks lesing op die teleskoop te laat saamstem met die werklike afstand. Ek weet mens kan die parallaks gebruik om afstand te meet (op kort afstande), maar dan moet jy jou eie merkies maak op die wiel.

Ander dink weer dat die parallax vestelling is ander naam vir fokus. Die persone stel dan vir fokus en nie parallax fout nie.

Dan werk die okulêre verstelling ook nie saam met die parallax verstelling nie. Stel aan die een, dan verander die ander.
hierswolf
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm

Re: Parallax se verstelling

Post by hierswolf »

Fanta300 wrote: Thu Jun 01, 2023 3:31 pm Kyk hier hoe hy moet werk:

https://outdoorsmans.com/blogs/rifle-sc ... e-parallax
Almal sê altyd mens moet eers die kruishaar in fokus kry en dan eers die parallax verstel. Die probleem is, tenminste vir my, dat my oog die heeltyd die kruishaar in fokus in “forseer” en my parallax en beeld fokus byna nooit op dieselfde plek op eindig nie.

So, toe probeer ek dit anders om: Ek verstel eers die parallax tot die punt waar daar geen beweging van die kruishaar is wanneer ek my kop beweeg nie, en dan verstel ek die kruishaar fokus tot my beeld mooi in fokus is. Ek het dit nog net op een teleskoop probeer en getoets op relatiewe kort afstande, maar sover lyk dit of dit werk. Dit was ook n lekker vinnige oefening.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Parallax se verstelling

Post by wlm »

Die doel van paralaks-verstelling is om jou kruishaar en teiken by dieselfde fokus vlak (focal plane) te kry.
Simpel voorbeeld ter illustrasie.
Gebruik jou duim en dominante oog om na n teiken te korrel. Beweeg nou jou oog heen en weer. Jou duim sal beslis ook links en regs van jou teiken beweeg. Dis omrede jou duim en die teiken op verskillende fokusvlakke is. Gestel jy sal jou duim op die teiken druk en jou oog heen en weer beweeg. Jou duim sal op teiken bly want die duim en die teiken is nou in dieselfde fokus vlak.
Indien jou paralaks nie reg gestel is nie, m.a.w. jou kruishaar en teiken nie in dieselfde fokusvlak is nie, sal jou kruishaar beweeg t.o.v die teiken indien jy jou oog heen en weer beweeg terwyl jy mik.
Die fout wat ons maak is die aanname dat wanneer ons die beeld wat ons in die teleskoop sien duidelik gefokus het, dink ons die paralaks is korrek. Jou paralaks-knop is nie 'n fokus-knop nie. Ongeag of die beeld gefokus is of nie, is jou paralaks NET reg gestel wanneer die kruishaar en teiken in dieselfde fokale vlak is.
Ongelukkig is (1) die afstande op jou paralaks-verstelknop nie noodwendig korrek nie en (2) jou teleskoop se fokus nie noodwendig 100% gefokus wanneer jou paralaks reg gestel is nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13624
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Parallax se verstelling

Post by Capt. Yoda »

Soos wat wlm daar se. Met baie van jou goedkoper scopes is die scope nie paralax vry as hy op sy duidelikste is nie. Daar is n taamlike verskil om op jou beste gefokus te wees en om paralax vry te wees. Maklikeste manier om te kyk is as jy jy kop van kant tot kant beweeg moet die kruis stil staan op die plek wa jy mik
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Parallax se verstelling

Post by wlm »

Ek het eers getik en toe Fanta se 'link" gelees.
Die "bottom-line" is dat paralks reg gestel is wanneer die kruishaar en die teiken nie meer beweeg wanneer jou oog beweeg nie.
Nou sal mens moet begin notas maak van die verstellings vir verskillende afstande of merke moet maak of plak op die stelknop.
Ek wonder hoe mens ooit iets raak geskiet kry sonder al die kennis! :):
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Parallax se verstelling

Post by JF123 »

Parallaks verstelling is eintlik net noodsaaklik vir kort afstande. Vir langer afstande hoef jy nie so presies te wees nie. Dit is hoekom jag teleskope gewoonlik vas gestel is op 100m.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3641
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Parallax se verstelling

Post by Fanta300 »

Baie belangrik dat jy deur die middel van jou teleskoop kyk dan speel paralax amper nie ‘n rol nie!
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
dennisinpe
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm

Re: Parallax se verstelling

Post by dennisinpe »

Dankie vir kommentare. Ek maak maar soos Fantie sê dan maak dit nie juis verskil nie. Net gewonder hoe algemeen probleem is.
Post Reply