Page 1 of 1

Sirloin verouder in yskas

Posted: Tue Jun 06, 2023 8:41 pm
by JohanvB
Naandsê

Vir hoe lank laat mens ‘n gevacuum packed sirlion in die yskas om te verouder of ryp te word?

Dankie

Re: Sirlion verouder in yskas

Posted: Wed Jun 07, 2023 8:57 am
by Capt. Yoda
Op avg bere die ouens steaks so 10 tot 14dae vir wet aging
Ek het al gehoor van mense wat tot 50dae doen maar na 14 dae begin die vleis vir my bq wild ruik

Re: Sirlion verouder in yskas

Posted: Wed Jun 07, 2023 9:16 am
by Hano243
Ek los my vars vleis 10-12 dae

Re: Sirlion verouder in yskas

Posted: Wed Jun 07, 2023 10:12 am
by JohanvB
Dankie

Re: Sirlion verouder in yskas

Posted: Wed Jun 07, 2023 11:47 am
by Carlc
Ek laat hang wild vir 10 dae in die koelkamer en eks baie tevrede met die resultate. Murgsag.

Re: Sirlion verouder in yskas

Posted: Wed Jun 07, 2023 4:07 pm
by Dash431
Moet n ou dit in die sakkie hou, of oop maak en “dry age”?

Re: Sirlion verouder in yskas

Posted: Wed Jun 07, 2023 4:37 pm
by Riaan Kriel
Ek het 'n tyd terug 'n Youtube link van 'n coolbox steak by 'n vriend gekry en ons het dit toe met 'n T-been probeer en dit was 'n groot sukses. Ek het toe besluit om dit met wildsvleis ook te probeer as ons weer gaan jag.

Ek het 'n koedoekoei en 'n swartwildebeeskoei geskiet wat in kwarte gesny was en toe 2 weke in die koelkamer laat hang het voor dit bewerk was. Die vleis het 'n swart lagie gemaak soos dit droog geword het wat tydens die bewerking verwyder is. Ek het van die swartwildebees steaks gesny en direk gebraai.. Daardie vleis was doeksag en steeds baie geurig.

Van die koedoe is 'n dik stuk rumpsteak afgesny en ín 'n vakuumsakkie geseel... Ek het die Coleman coolbox so driekwart vol warm water gemaak teen ongeveer 56 grade Celsius en die vleis so in die sakkie vir 6 ure daarin laat lê. Die vleis is toe uitgehaal en oor warm kole gebraai.. Dit was werklik van die sagste streak wat ons nog geëet het.

Re: Sirlion verouder in yskas

Posted: Tue Jun 13, 2023 3:04 pm
by oomsarel
Jip dit is so,ek het ou ys/vrieskas wat kan stel.Stel hom op 4graade om vleis te mature

Re: Sirlion verouder in yskas

Posted: Tue Jun 13, 2023 9:33 pm
by JohanvB
My stukkie sirlion lê nou paar dae in yskas in vacuum sakkie, sakkie is vol bloed, dreineer ek die bloed en vacuum weer?

Re: Sirlion verouder in yskas

Posted: Wed Jun 14, 2023 1:49 pm
by Riaan Kriel
JohanvB wrote: Tue Jun 13, 2023 9:33 pm My stukkie sirlion lê nou paar dae in yskas in vacuum sakkie, sakkie is vol bloed, dreineer ek die bloed en vacuum weer?
Hang seker af hoeveel bloed/vog dit is. Jy kan dit seker dreineer as dit jou pla, maar ek het myne net so gelos tot ek besluit het dit is nou braaityd

Re: Sirlion verouder in yskas

Posted: Thu Jun 15, 2023 1:10 pm
by ruaanb
Los net so

Re: Sirlion verouder in yskas

Posted: Thu Jun 15, 2023 6:13 pm
by OosKaapJagter
Ek sou natuurlik sirloin verkies het, en nie "Sir lion" nie.

Ek weet nie so lekker van leeuvleis nie.... ++>:

Re: Sirlion verouder in yskas

Posted: Thu Jun 15, 2023 6:47 pm
by Lapua
Sien nou eers die "error". Wys jou net hoe die mens se pampoen auto correct.😀

Re: Sirloin verouder in yskas

Posted: Thu Jun 15, 2023 6:51 pm
by JohanvB
Skuus mense!