2 Chronies Wat sal die rede vir die verskille wees?

Post Reply
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

2 Chronies Wat sal die rede vir die verskille wees?

Post by 30-06 »

Gister die twee Chronies met mekaar vergelyk.
Beide is Caldwell.
Ek het Chrony 2 se battery vervang na skoot 12.
Het batterye getoets na die tyd maar almal was dieselfde sterkte.
Lesing V/sek.

Chrony 2 het direk agter no 1 gestaan en daar is gelyk deur beide geskiet.
Ek het verwag No2 lees n beitjie vinniger maar was onder die indruk dit is n konstante fout.
Dit is egter glad nie die geval nie.

Chrony 1 Chrony 2 Verskil
2552 2575 23
2590 2616 26
2602 2614 12
2643 2657 14
2637 2634 -3
2689 2657 -32
2666 2668 2
2650 2679 29
2667 2749 82
2700 2700 0
2740 2795 55
2726 2843 117
2716 2754 38
2811 2769 -42
2728 2751 23
2766 2802 36
2759 2767 8
2780 2808 28

Help asb.
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: 2 Chronies Wat sal die rede vir die verskille wees?

Post by 30-06 »

Ek het hulle mooi geskuif maar toe ek post verdwyn die spasies?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 2 Chronies Wat sal die rede vir die verskille wees?

Post by Gawie(13mm) »

Indien jy in die middel van die dag geskiet het, met die son op sy hoogste en daar is geen strukture of bome wat 'n skadu gooi nie, sou ek sê jy moet hul weer mooi agter mekaar plaas en vir die een naaste aan jou se skerm mik.
Caldwell het nie 'n baie goeie rekord onder die manne hier op Jaracal nie. Die feit dat die lesings positief en negatief verskil laat my lont ruik.
Ek sou dieselfde toets doen, maar met 'n Labradar of Magneto speed in tandem om te probeer sin maak van die anargie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: 2 Chronies Wat sal die rede vir die verskille wees?

Post by 30-06 »

Son was nie reg van bo seker so van 10H00 af.
Verskille maak egter glad nie sin.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 2 Chronies Wat sal die rede vir die verskille wees?

Post by Gawie(13mm) »

Onthou, wanneer die son die sensors teen 'n hoek belig kan daar 'n verskil in spoed merkbaar wees agv die tydsverloop wat dit neem om die sensors te aktiveer. Dit sal egter 'n redelike konstante afwyking gee en albei chronograwe behoort naby aan dieselfde "fout" te lees, soos jy reeds gemeld het.
Verkoop hul aan jou skoonma se seun en kry 'n Prochrono.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 988
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: 2 Chronies Wat sal die rede vir die verskille wees?

Post by Toyrsi »

Dis reeds die rede hoekom ek n Magneto gekoop het.
Chronies is nie betroubaar nie. Daar is teveel faktore wat hulle beinvloed.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 2 Chronies Wat sal die rede vir die verskille wees?

Post by James Wilson »

30-06, ek voel jou pyn. Hierdie probleem frustreer my gereeld. Ek het twee Cronys die F1 en die Beta. Die oplossing is seker maar n Magneto speed.
Ek plaas die crony altyd 5 m voor my geweer en prober alles haks en watterpas opstel en sorg dat die koeel se trajek deur die onderste derde van die crony skiet. Skiet altyd met n nuwe Duracell battery.Alles werk dan mooi en die spoed maak sin. Doen dit net weer die volgende dag op dieselfde tyd met dieselfde lading, dan kry jou baie keer sommer ander lesings wat weird is en gladnie sin maak nie.

Wat my nog altyd pla is dat n crony kan nie getoets of ge-yk/kalibreer word soos n skaal nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 2 Chronies Wat sal die rede vir die verskille wees?

Post by LUAN »

Praat so van chronys ek wou juis my spoed mooi bevestig ander dag toe haal ek die Magneto uit. Sit aan maak reg om te skiet. Hier gooi die ding n boodskap van bayo. Ek neem aan sy bayonet is iets fout want nou wil hy nie spoed lees. Ek was lelik omgekrap om die minste te se.
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: 2 Chronies Wat sal die rede vir die verskille wees?

Post by SakoTrippel2 »

Ek gaan effens in chip maar ek glo dis relevant.

Ekt nou al 'n 2de Handse ProChrono van 2015 af en hyt nog nie 'n dag se moeilikheid gegee nie. Hou net by die reëls (son van bo, geen skadus, vermy swak lig, vars battery) die nadeel natuurlik is jy kan basies net in perfekte toestande skiet lig, son en skadu gewys. Ekt noudie dag 4:30 die midddag 'n kans gevat (son al agter 'n berg maar baie lig nog steeds) en hyt natuurlik niks gelees nie. Fair Enough.

Ekt in 3 dae 5 gewere basies van scratch af voor lading ontwikkel en in rof weg 100 skote van 22cal tot 30cal het hy nie 1 skoot gemis nie en die spoed was baie naby aan die waarheid (QL, GRT en Reloading Manual)

Genoeg nou daarvan, Ekt al baie sit en dink ek moet opgradeer... Maar na wat.

Magneto's is vir my aan die "duur" kant en dan sit jy nog met die hele issue van die kontrepsie wat aan jou loop/KD hang en jou groepe KAN beïnvloed. Nie noodwendig nie maar dit sal my pla. Nou sal mens moet spoed en groepe appart skiet. Ek is bewus van die brackets wat mens deesdae kry. MAAR om eerlik te wees ek hoor van te veel Magneto's vat probleme gee soos die draadjie of die Bayonet. Dis 'n no go vir my al weet ek hulle is baie populêr in die skiet gemeenskap. Dis maar net my opinie.

Volgende is die Labradar, seker best of both worlds maar hopeloos te duur vir my en die algemene herlaaiers daar buite. Dis 'n puik stuk toerusting en met 'n paar extras (recoil trigger, powerbank, mik toestel) loop hy glad en tel skote baie akkuraat op.

That all being said, as my ProChrono dooi koop ek weer een. Die feit dat ek vir die lig en toestande moet wag om reg/perfek te wees is 'n irritasie maar dis okay ek kan groepe skiet en spoed check gelyk.

Ek sal graag wil hoor wat sê die ander manne oor die hele kronograaf situasie. Verskoon die effense Hijack.
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2464
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: 2 Chronies Wat sal die rede vir die verskille wees?

Post by jdpretorius »

Nog een vir jou bladsy Sako222.

Die Lab is wonderlik maar te duur (vir my) en seker maar ook ñ paar gyte om te leer ken ....as ñ ou dalk ñ f-klas/komp. skut is, dan seker ñ ander saak om een te bekom.

My ProCrono het ook al op ñ dag gepla, toe die battery bietjie pap was, maar het die les geleer. Ek het eendag op die baan gesien ñ ou het so ñ hek motor grote battery aan een gekoppel, wat dan net langs die driepoot op die grond staan.
Op ñ bewolkte dag is hy ook dalk nie altyd 100% akuraat nie, maar teen hulle prys maak ñ ou dalk maar die opoffering of sit ñ lig bron by, op die son skermpies....ek sal waarskynlik weer een koop as ek moet.

Dit lyk of daar dalk ñ nuwe ontwikkeling is met chronies, maar dink hulle het hom nog net vir lug gewere (as ek nog reg is), en lyk of die prys dalk ook bietjie aan die stywe kan kan wees.


Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: 2 Chronies Wat sal die rede vir die verskille wees?

Post by Zuku »

Het altyd gewonder wat gebeur as jy 2 chronies agter mekaar sit. Sit volgende keer die chronies A en B agter mekaar. As jy die helfte van die skote geskiet het ruil A en B om sodat agterste een nou voor is en kyk na resultaat afwykings.
Post Reply